A cross-sectional study to investigate the knowledge, attitudes, and current practices of pharmacovigilance, among medical doctors and pharmacists in South Africa
Date
2021-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
Background: Pharmacovigilance pertains to activities aimed at monitoring medicines for
related safety concerns, thereby ensuring patient safety and wellbeing. The primary method
of pharmacovigilance is spontaneous reporting of adverse drug reactions (ADRs). ADRs have
a socio-economic impact when they are not reported and mitigated appropriately. This impact
is even more apparent in low-to-middle income countries (LMICs), an economic category
encompassing all African countries. The World Health Organisation (WHO) has developed a
global pharmacovigilance database (Vigibase®) for countries which are members of the
Programme for International Drug Monitoring (PIDM), which includes many African
countries. ADR reporting levels however remains low across Africa. This is also true for
South Africa, despite being the first African country to become a member of the PIDM in
1992.
Therefore, this research study was conducted to investigate the knowledge, attitudes, and
practices of pharmacovigilance among medical doctors and pharmacists in South Africa. The
aim of this study is to investigate the factors influencing the low adverse drug reporting levels
by healthcare professionals in South Africa.
Methodology: A cross-sectional survey was conducted in the form of a knowledge, attitudes,
and practices (KAP) study design. The targeted sample population was 384 study
participants. The questionnaire consisted of closed-ended questions, designed to assess the
demographics, knowledge, attitudes, practices of healthcare professionals nationally. The
survey also served to obtain suggestions from healthcare professionals to improve ADR
reporting in SA. An online survey was created in the survey platform, SurveyMonkey® and
the e-link to the survey was shared with the South African Medical Association (SAMA) and
the South African Clinical Research Association (SACRA), two professional associations hosting memberships of registered medical doctors and pharmacists in South Africa. Both
associations distributed the e-link to their members via email. The obtained data was analysed using IBM SPSS® Statistics version 27.
Results: A total of 325 responses were received, accounting for 85% of the target sample
population. Most (252; 77.5%) of the study participants on this study received an average
score for their knowledge on pharmacovigilance, despite extremely low reported levels (91;28%) of training. Most of the respondents (269; 82.8%,) thought that awareness regarding
pharmacovigilance in their professional environment is inadequate. Although the majority
(310; 95.4%) of respondents agreed that ADR reporting is their professional obligation, (119;
36.6%) had never seen a reporting form and only (172; 52.9%) had ever participated in ADR
reporting. The major factors discouraging respondents from participating in ADR reporting
were lack of knowledge on the reporting process and lack of access to the ADR reporting
form. The topmost suggestions selected by the respondents to improve ADR reporting in
South Africa were to include pharmacovigilance training in the undergraduate curricula of
South African universities (266; 81.8%) as well as implementation of on-line or telephonic
reporting platforms (235; 72.3%).
Conclusion: This study indicates that there is an average level of knowledge of
pharmacovigilance amongst medical doctors and pharmacists in South Africa and that they
mostly have a positive attitude towards pharmacovigilance. However, this does not translate
into acceptable levels of participation in ADR reporting, most likely due to inadequate
pharmacovigilance training provided to medical doctors and pharmacists in South Africa.
Agtergrond: Farmakowaaksaamheid bestaan uit aktiwiteite wat daarop gemik is om medisyne te monitor vir veiligheidsprobleme wat daarmee verband hou ten einde die pasiënt se veiligheid en welstand te verseker. Die primêre metode van farmakowaaksaamheid is spontane aanmelding van nadelige medisyne reaksies (NMRs). NMRs het 'n sosio- ekonomiese impak as dit nie aangemeld en verminder word nie. Hierdie impak is selfs meer uitgesproke in lae-tot-middel inkomste lande (LMILe), 'n kategorie waarin alle Afrikalande val. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het 'n wêreldwye farmakowaaksaamheid databasis (Vigibase®) ontwikkel vir lande wat lede is van die Program vir Internasionale Geneesmiddelmonitering (PIGM); hierdie program sluit ook lede uit vele Afrikalande in. Die NMR verslagdoeningsvlakke uit Afrikalande, bly egter laag. Dit blyk ook die geval vir Suid- Afrika te wees, ten spyte van die feit dat Suid-Afrika die eerste Afrikaland was wat in 1992 reeds lid van die PIGM geword het. Die doel van hierdie studie is dus om die kennis, standpunte en praktyke ten opsigte van farmakowaaksaamheid onder mediese praktisyns en aptekers in Suid-Afrika te ondersoek. Die doel is om die faktore wat die lae vlakke van aanmelding van nadelige medisyne reaksies (NMRs) deur gesondheidswerkers in Suid-Afrika beinvloed, te ontleed. Metodiek: 'n Dwarsdeursneë-opname is gedoen in die vorm van 'n kennis-, standpunte-, en praktyk-ontwerp (KSP) navorsingstudie. Die geteikende steekproefpopulasie was 384 deelnemers. Die KSP-vraelys het bestaan uit geslote-end vrae, ontwerp om landwyd die demografie, kennis, standpunte en praktyke van gesondheidwerkers te ondersoek. Die vraelys het ook gepoog om voorstelle van gesondheidwerkers te bekom ten einde NMR verslaggewing in Suid-Afrika te verbeter. 'n Aanlynopname is in die SurveyMonkey®- platform opgestel en die e-skakel is deur die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) en die Suid-Afrikaanse Kliniese Navorsingsvereninging (SAKNV) aan hul lede versprei. Die SAMV en SAKNV is beide professionele vereningings met mediese praktisyns en aptekers as lede. Beide verenigings het die e-skakel per e-pos aan hul lede versprei. Die data wat bekom is, is geanaliseer met behulp van die IBM SPSS® Statistics, weergawe 27. Resultate: Altesaam 325 response is ontvang, wat 85% van die teiken monsterpopulasie uitmaak. Die meeste (252; 77,5%) van die deelnemers aan hierdie studie het 'n gemiddelde telling vir kennis oor farmakowaaksaamheid behaal, ondanks 'n lae vlak van opleiding op die gebied (91; 28%). Die meeste van die respondente (269; 82,8%,) het gedink dat die bewustheid van farmakowaaksaamheid in hul professionele omgewing onvoldoende is. Alhoewel die meerderheid (310; 95,4%) van die respondente saamstem dat NMR rapportering hul professionele verpligting is, het (119; 36,6%) nog nooit 'n verslagvorm gesien nie en slegs (172; 52,9%) het al voorheen aan NMR verslaggewing deelgeneem. Die belangrikste faktore wat respondente ontmoedig om deel te neem aan NMR verslaggewing, was gebrek aan kennis oor die verslagdoeningsproses en gebrek aan toegang tot die NMR verslagvorms. Voorstelle wat die respondente gekies het om NMR verslagdoening in Suid- Afrika te verbeter, wat die meeste uitgestaan het, was om farmakowaaksaamheid-opleiding in die voorgraadse kursusmateriaal van universiteite (266; 81,8%) sowel as die implementering van aanlyn- of telefoniese verslaggewing (235; 72,3%) in te sluit. Samevatting: Hierdie studie dui daarop dat daar 'n gemiddelde vlak van kennis oor farmakowaaksaamheid onder mediese praktisyns en aptekers in Suid-Afrika is, maar dat hulle grootliks ‘n baie positiewe standpunt oor die onderwerp toon. Die waarneming strook egter nie met die lae v lakke van NMR rapportering nie; heel moontlik weens onvoldoende farmakowaaksaamheid-opleiding wat aan mediese praktisyns en aptekers in Suid-Afrika gebied word.

Description
Thesis (MMed)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Pharmacovigilance (PV), Adverse drug reaction (ADR), ADR reporting, Spontaneous reporting, Quantitative research methods, Vaccine -- Safety, UCTD