Motoriese ontwikkeling en selfkonsep by laerskool seuns : 'n intervensie studie
Date
2004-03
Authors
Coetzee, C.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The modern child forms part of a computerised television generation with little
exposure to physical activities. Contributing factors such as violence, the
increased prevalence of single parents, smaller playgrounds and increased
pressure to succeed contribute to an increase in motor development problems
in children. Various studies (Skinner & Piek, 2001; Losse, Henderson,
Elliman, Hall, Knight & Jongmans, 1991) found a correlation between motor
developmental problems and a poor self-concept. This implies a negative
cycle because poor motor development has a negative influence on selfconcept
and individuals with a poor self-concept do not have the nerve to take
part in activities that will improve their motor skills.
Objective
The objective of this study was to determine whether a positive correlation
could be drawn between motor problems and self-concept in nine- to 10 year
old boys, as well as to determine whether a motor developmental program
that stretches over a period of eight weeks will make a significant difference to
nine- to ten year old boys.
Another objective of this study was to apply the results of this study in such a
way that it could be used to perform preventative rehabilitation programs in
order to decrease the prevalence of motor problems.
METHODS
An intervention study was used. Two schools from similar sosio-economic
backgrounds were identified and 20 boys between the ages of nine and ten
year were randomly appointed as subjects. Vredelust Primary was chosen as
the experimental group and Parow East Primary as the control group. Both
groups were evaluated according to motor abilities and self-concept during a
pre-test session. After completion of these evaluations, the experimental
group followed an eight-week motor development programme (thus eight
hours). Both groups' motor abilities and self-concept were re-evaluated and
all results were calculated in Microsoft Excell under the supervision of the
Statistics Department of the University of Stellenbosch.
RESULTS
The experimental group improved significantly with regard to motor abilities,
while the control group did not show a significant change in motor skills. Both
groups did not have significant changes over the eight weeks with regard to
self-concept. Although not statistical significant the experimental group's
mean with regard to self-concept did improve, while the control group's selfconcept
showed a slight decreased when compared to the mean.
CONCLUSION
In conclusion, the statement can be made that motor development
programmes that stretch over eight weeks will have a significant influence on
nine- to 10 year old boys' motor abilities. The influence of this improvement
on self-concept could not be accurately determined.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hedendaagse kind vorm deel van ‘n rekenaargeletterde, televisiegeslag met min blootstelling aan fisieke aktiwiteite. Bykomende faktore soos geweld, verhoogde voorkoms van enkelouergesinne, kleiner speelareas en verhoogde druk om te presteer dra daartoe by dat kinders se algemene motoriese ontwikkeling ingeboet word. Verskeie studies (Skinner & Piek, 2001; Losse, Henderson, Elliman, Hall, Knight & Jongmans, 1991) skryf motoriese agterstande toe aan ‘n swak selfkonsep. Laasgenoemde impliseer ‘n negatiewe kringloop, aangesien swak motoriese ontwikkeling ‘n individu se selfkonsep negatief bemvloed en individue met ‘n swak selfkonsep nie oor die vrymoedigheid beskik om aan aktiwiteite deel te neem wat hul motoriese vaardighede sal verbeter nie. Doel Die doel van hierdie studie was om te bepaal of daar 'n positiewe of negatiewe korrelasie getref kan word tussen motoriese agterstande en selfkonsep by nege- tot 10 jarige seuns, asook om te bepaal of ‘n motoriese ontwikkelingsprogram wat oor agt weke strek ‘n beduidende verskil in negetot 10 jarige seuns tot gevolg sal he. ‘n Verdere doel van hierdie studie was om die resultate wat uit hierdie studie voortvloei op so ‘n wyse aan te wend dat voorkomend ten opsigte van die rehabilitasie van motoriese agterstande by kinders opgetree kan word. METODOLOGIE Daar is gebruik gemaak van ‘n intervensie-studie. Twee skole uit ongeveer dieselfde sosio-ekonomiese agtergronde is geidentifiseer en 20 seuns tussen die ouderdomme van nege en 10 jaar is by elke skool op ‘n ewekansige wyse aangewys. Laerskool Vredelust is aangewys as die eksperimentele groep, terwyl Laerskool Parow-Oos die kontrole groep gevorm het. Beide groepe is gelykertyd tydens 'n voortoetsgeleentheid geevalueer ten opsigte van motoriese vermoens en selfkonsep. Na afloop van die evaluerings het die eksperimentele groep vir ‘n tydperk van agt weke ‘n een uurlange motoriese ontwikkelingsprogramme per week deurloop (gelykstaande aan agt ure) waarna beide groepe weer geevalueer is ten opsigte van motoriese vermoens en selfkonsep. Statistiese verwerking van alle data is in Microsoft Excell bereken, onder toesig van die Departement Statistiek van die Universiteit van Stellenbosch. RESULTATE Die eksperimentele groep het beduidend verbeter ten opsigte van hul motoriese vermoens terwyl die kontrole groep geen beduidende verandering in vaardighede getoon het nie. Beide die eksperimentele- en kontrole groepe het nie beduidende veranderinge getoon ten opsigte van selfkonsep na die agt weke periode nie. Alhoewel onbeduidend, dui die eksperimentele groep se rekenkundige gemiddelde van die verskil tussen die voor- en natoetsing wel ‘n verbetering ten opsigte van selfkonsep aan, teenoor die kontrole groep se effense verswakking. Samevatting Samevattend kan die stelling gemaak word dat motoriese ontwikkelingsprogramme wat oor agt weke strek ‘n beduidende invloed sal he op nege- tot 10 jarige seuns se motoriese vermoens. Die invloed wat bogenoemde verbetering het op selfkonsep kon egter nie met sekerheid bepaal word nie.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Motor ability in children, Self-perception in children