n Kultuurhistoriese beeld van die Vrystaat in die vroee Brand-era
Date
1990
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Right from the beginning it is obvious that the term "Cultural
History" has as many meanings as you have cultural historians.
The cultural history of the Free State finds itself located in
a very definite physical milieu, where the loss of land led to
internal unity amongst the Free Staters, where their proximity
to the well- known Cape Colony, the Basuto danger and the
farming prospects influenced the pattern of expansion very
definitely. In its architecture and infrastructure one can
also see the practical, but plain viewpoints of this people,
supported by their religious idea, not to invest in earthly
posessions.
From characteristics of the Free-Staters it is obvious that
they were a tough emigrant offspring, familiar with frontier
wars. They were also true farmers, whose tranquility,
righteousness and hospitality was second nature to them. Their
cultural life was peaceful, notwithstanding smaller
differences between supporters of Free State nationalism and
those supporting English nationalism, which originated from
the Afrikaner-Dutch, English, German, French and Jewish groups
in the Free State, encouraged by their flag, coat of arms,
national anthem and national monument.
Typical of the Free State farmer was his diligence,
initiative, drive, self sufficiency and honesty. The farmers
and villagers both experienced the bitter-sweet of life, but in different spheres. The various social, cultural and leisure
activities indicate the full cultural life of the inhabitants.
Judged by the numbers and diversity of dealers, business
flourished and although profits were not very high, needs and
costs were adjusted accordingly. Dealers played an important
part in the cultural life of their communities. This also
includes the banking institutions and mining in the Free
State.
After this the complete educational system, i.e . teachers,
individual schools, classrooms and even books were discussed,
with emphasis on the cultural aspects.
Divine services and religious freedom played an important part
in the national economy and the attitude towards mission work
was a sympathetic or Religion not only resulted in the
origin of towns, but it also acted as a unifying social power.
Not only the D.R. -church, but also the Anglican, Wesleyan,
Roman- Catholic, Lutheran and "Gereformeerde" churches, as well
as the Anabaptists and Jews were examined closely.
There were well-qualified doctors as well as successful
unqualified doctors in the Free State. Amongst them, like in
all walks of social life, there were those who were a disgrace
to the profession. The medical doctor in all his facets, as
well as illness, accidents and medicine are discussed . A
critical shortage of hospitals and nursing staff is obvious.
Under the heading, "The authority", it is clear that the
legislative , executive and judicial powers excercised by the
Free Staters rendered an effective and fair service to the
people, in spite of a lack of finances and education. State
departments such as interior and exterior affairs, postal
services, finance, defence, welfare, and the judicature got
its proper share.
After the Basutu wars the Free State experienced periods of
peace and development.
The discovery of diamonds played an important and positive
role, too. However, the arrival of president J H Brand, the third President of the Free State, in 1864 formed the watershed between a wavering, poverty-stricken
State and a model Republic.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Reeds ten aanvang is dit baie duidelik dat die term kultuurgeskiedenis soveel betekenisvariasies het as wat daar kultuurhistorici is. Die kulturele geskiedenis in die Vrystaat speel homself in 'n baie definitiewe fisiese milieu af, waar grondverliese lei tot interne Vrystaatse eenheid en waar onder andere hul geborgenheid in die Kaapkolonie, die Basoetogevaar en boerderymoontlikheid 'n besliste patroon van uitbreiding voorskryf. Ook in sy argitektuur en infrastruktuur kom die Vrystater se praktiese, maar eenvoudige lewensuitkyk na vore, verder onderskraag deur sy religieuse siening, om nie te belê in aardse skatte nie. Uit hul karaktereienskappe blyk dit duidelik dat hulle 'n geharde emigrante nageslag was, bekend met Oosgrensoorloë en boer-wees as tweede natuur, en rustigheid, regverdigheid en gasvryheid as uitstaande kenmerke. Hul kulturele lewe was oorheersend rustig, ongeag kleiner botsings tussen die aanhangers van Vrystaatse en Engelse nasionalisme, afkomstig vanuit Afrikaner-Hollander, Engelse, Duitse, Franse en Joodse bevolkingsgroepe en aangevuur deur hul vlag, wapen, volkslied en nasionale monument. 'n Vergelyking tussen die lewe van die inwoners in die dorpe en op die plase het getoon dat beide plaas- en dorpsbewoner hul soet en suur lewensvaring, moontlik net op verskillende terreine opgedoen het. Die verskeidenheid sosiale, kulturele en ontspannings aktiwiteite dui op 'n ryke kulturele lewe vir die inwoners. Die handel het, te oordeel aan handelaarsgetalle en tipes, gefloreer. Hoewel winste nie groot was nie, was hul behoeftes en uitgawe hierby aangepas en het hulle 'n belangrike kulturele rol in hul gemeenskap vervul. Dit omvat ook die bankinstellings en mynwese in die Vrystaat. Hierop volg 'n ontleding van hul opvoeding. Die hele onderwyssisteem w o. onderwysers, individuele skole, klaskamers en selfs boeke ressorteer word ontleed, met die klem weer eens op die kulturele. Ook die godsdiens en godsdiensvryheid het 'n belangrike plek in die volkshuishouding beklee en die sendinggedagte is simpatiek benader. Nie alleen die N.G. kerk nie maar ook die Anglikaanse, Wesleyaanse, Rooms-katolieke, Lutherse en Gereformeerde kerke, asook die Wederdopers en Jode word onder die sosiale soeklig geplaas. Soos op elke ander terrein was die Vrystaat met gekwalifiseerde, sowel as suksesvolle ongekwalifiseerde medici, toebedeeld. Ook hier was egter diegene wat die beroep tot skade en skande gestrek het. Die mediese dokter in al sy fasette sowel as siektes, ongelukke en geneesmiddels word behandel. 'n Duidelike tekort aan hospitale en verpleegpersoneel is deurgaans sigbaar. Onder die opskrif, die owerheidsgesag kom die raakvlakke tussen kultuur en regering duidelik na vore. Die wetgewende, uitvoerende en regterlike gesag het effektief en regverdig diens selewer, ongeag finansiële- en opleidingstekortkominge. Staatsdepartemente w. o. binne- en buitelandse sake, poswese, finansies, verdediging, welsyn, en regstoepassing, kry elk sy regmatige plek. In die opbou- en uitbouproses was die rustigheid, na die Basoeto-oorloë, asook die diamantontdekking belangrike positiewe tendense, maar die koms van J.H. Brand as Vrystaatse Staatspresident in 1864, was die waterskeiding tussen 'n wankelmoedige, armoed-geteisterde staat en 'n model-republiek.

Description
Proefskrif (D. Phil.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1990.
Keywords
Free State (South Africa) -- History -- 1854-1900, Free State (South Africa) -- Social life and customs, Dissertations -- Afrikaans culture, UCTD