The relationship between personality type and creative preference
Date
2000-12
Authors
Geyser, Richard Conrad
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: As the human race enters the new millennium it is challenged by factors such as continuos changed,
demand for improved quality and increased competition of global proportions. This requires of
organisations to be more responsive to change as well as that individuals will need to position themselves
to meet the challenges of the knowledge era. These challenges demand creativity in order to meet the
demands for value adding contributions to the organisation. The above mentioned situation gives rise to
a number of questions: Firstly, how can the creative processes of an individual be assessed? Secondly,
what role does personality play as an indicator of creativity? Lastly, can the knowledge concerning the
relationship between creativity and personality be applied to enhance the expression of creativity in the
working environment?
This research is aimed at investigating the relationship between personality dimensions and creative
thinking preferences. 305 managers from the 1st, 2nd and 3rd reporting levels of an organisation in the
aviation maintenance and manufacturing industry took part in the study. Two instruments were used
namely the Myers-Briggs Type Indicator Step II, to assess the personality dimensions and the Neethling
Brain Instrument (NBI) to assess the subjects creative thinking preference.
A Pearson Product Moment analysis was conducted to determine the correlation between the subscales
of the MBTI Step II personality dimensions and the NBI. Next a Principal Component analysis was conducted to determine if any of the NBI thinking style preferences measure the same factor as the subscales
of the MBTI Step II, as well as to reduce the number of variables used to determine if a significant
relationship exists between the principle dimensions of the MBTI and thinking styles of the NBI. Finally, a
regression analysis was performed to determine if the principle dimensions of the MBTI Step II are
significantly related to the thinking style dimensions of the NBI.
The results of the Pearson Product Moment correlation indicated that significant correlations exist
between the sub-scales of the MBTI Step II and the NBI thinking preferences. However, the significance
of these correlations range from weak to strong, posing a challenge with regard to determining which of
these correlations have any practical value.
The results of the Principle Component analysis indicated the existence of four distinct factors, which are
common to both the MBTI Step II, and the NBI. However, it was of interest to note that two of the
dimensions of the NBI each loaded on two of the factors leading to the conclusion that these two
dimensions each measure two unique factors.
The results of the Regression analysis provided evidence that the NBI measures two dimensions of the
MBTI Step II. Firstly, a preference for thinking is measured by the L1, Upper Left quadrant scale of the
NBI and a preference for feeling is measured by the R2, Right Lower quadrant scale of the NBI.
Secondly, that a combination of the Judging/Perceiving and Sensing/Intuition preferences are related as
follows. The R1, Right Upper quadrant preference scale measures a combination of Perceiving and
Intuition. The L2, Left Lower quadrant scale appears to measure a combination of Judging and Sensing.
An obvious question that arises is, which personality type is more creative? The process perspective on
creativity would appear to indicate that certain personality types have a preference for contributing more
effectively to specific parts of the creative process. Thus it can be concluded that no single personality
type is more creative than the other is, but that creativity requires the use of all the functions of
Personality Type. The key to creativity is the integration of all the Type functions both preferred and not
preferred in a synergistic manner. This requires recognition that creativity will require the expenditure of
significant amounts of psychic energy to apply non-preferred functions in the process of being creative.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Organisasies wat die nuwe millenuim betree het, staar toenemende uitdagings in die gesig. Faktore soos konstante verandering, toenemende eise vir die verbetering van kwaliteit en die verhoging in kompetisie wereldwyd, stel aan organisasies hoer eise om vinniger te reageer op verandering. Dit verg ook van individue om hulself te posisioneer ten einde die uitdagings van die kennis-era aan te durf. Die uitdagings vereis kreatiwiteit om aan die eise van waarde-toevoeging in die organisasie by te dra. Die voorafgenoemde situasie laat 'n paar vrae ontstaan. Eerstens, hoe ‘n individu se kreatiewe prosesse geevalueer kan word, tweedens watter rol persoonlikheid speel as ‘n aanduider van kreatiwiteit en laastens of kennnis van die verband tussen kreatiwiteit en persoonlikheid prakties toegepas kan word om die uitdrukking van kreatiwiteit in die werksomgewing te verhoog. Hierdie navorsing is daarop gemik om die verband tussen persoonlikheidsdimensies en kreatiewe denk voorkeure te ondersoek. 305 bestuurders in die eerste, tweede en derde rapporteringsvlak van 'n lugvaart vervaardiging en onderhoud organisasie het aan die navorsing deelgeneem. Twee meetinstrumente is gebruik in die navorsing naamlik die Myers-Briggs Type Indicator Step II, om die persoonlikheidsdimensies te meet en die Neethling Brein Instrument (NBI) om die individue se kreatiewe denkvoorkeure te meet. Die Pearson Produk Moment ontleding is gebruik om die korrelasie tussen die persoonlikheidsdimensie sub-skale van die MBTI Step II en die NBI te bepaal. Daarna is 'n Hoofkomponent ontleding uitgevoer om te bepaai of enige van die NBI denk voorkeurstyle dieselfde faktor as die MBTI Step II subskale meet, asook om die aantal veranderlikes te verminder om sodoende te bepaai of daar ‘n betekenisvolle verband bestaan tussen die hoofdimensies van die MBTI Step II en die denkstyle van die NBI. Laastens is ‘n Regressie ontleding gebruik om te bepaai of die hoofdimensies van die MBTI Step II ‘n betekenisvolle verband toon met die denkstyl dimensies van die NBI. Die resultate van die Pearson Produk Moment ontleding het daarop gedui dat daar ‘n betekenisvolle korrelasie bestaan tussen die sub-skale van die MBTI Step II en die NBI denk voorkeure. Die betekenisvolheid van die korrelasies wissel egter van swak tot sterk korrelasies, wat ‘n uitdaging skep in terme van die bepaling van die korrelasies wat enige praktiese waarde inhou. Die resultate van die Hoofkomponent ontleding het die bestaan van vier kenmerkende faktore aangedui wat biede algemeen is in die MBTI Step II, en die NBI. Dit was egter interressant om te merk dat twee van die NBI se dimensies op twee verskillende faktore gelaai het. Die gevolgtrekking wat gemaak word is dat die twee dimensies elk twee afsonderlike faktore meet. Die resultate van die Regressie Ontleding het aangedui dat die NBI twee dimensies van die MBTI Step II meet. Eerstens, word ‘n voorkeur vir “Thinking” gemeet deur die L1, Linker Bokantste kwadrant op die NBI en 'n voorkeur vir “Feeling” word gemeet deur die R2, Regter Onderkantste kwadrant van die NBI. Tweedens, dat 'n kombinasie van “Judging/Perceiving” en "Sensing/Intuition” voorkeure die volgende verband toon. Die R1 Regter Bokantste kwardrant meet 'n voorkeur vir ‘n kombinasie van “Intuition” en “Perceiving”. Die L2 Linker Onderkantste kwadrant meet ‘n voorkeur vir 'n kombinasie van “Sensing" en “Judging”. ‘n Ooglopende vraag wat gevra word is die van watter persoonlikheidstipe meer kreatief is? Uit die prossess perspektief wat geneem is in die studie, wil dit voorkom dat sekere persoonlikheidstipes ‘n voorkeur het om meer effektief te kan bydra tot specifieke gedeeltes van die kreatiewe prosess. Die afleiding kan dus gevorm word dat geen enkele persoonlikeidstipe meer kreatief is as die ander nie, maar eerder dat die gebruik van al die funksies van persoonlikheidstipe nodig is om kreatiewiteit te ontsluit. Die sleutel tot kreatiewiteit is dus die sinergistiese integrasie van al die Tipe funksies, beide die waarvoor ‘n voorkeur bestaan en die waarvoor daar nie ‘n voorkeur is nie. Dit verg ook die besef dat kreatiwieteit die spandering van groot hoeveelhede psigiese energie benodig, om funksies waarvoor daar nie 'n voorkeur is nie, toe te pas om die kreatiewe process te volbring.

Description
Thesis (MA) -- Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Creative thinking, Personality and creative ability, Personality assessment, Creative ability in business, Dissertations -- Industrial psychology