Supply chain management to integrate strategic, tactical and operational planning of wood procurement in the Eastern Cape
Date
2015-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: study quantifies and models potential monetary gains and improved resource utilisation of a
typical forest to mill softwood sawlog supply chain in South Africa through incremental improvements of the various stages of the wood procurement process, given road, silvicultural and management costs. The findings are based on the outcomes of four studies: fibre losses during the
timber harvesting phase; establishing a primary transport wander ratio, travel speeds and
operations efficiencies; predicting secondary transport travel speeds along with a study of current
and potential efficiencies in softwood sawlog transport; and finally a supply chain management
case study.
Fibre loss analysed losses occurring in motor-manual and mechanised felling systems, in
tree volume above and below 1 m3, and merchandising at either roadside landing or centralised
merchandising yard. Fibre volume losses were categorised according to stump wood, felling and
crosscut saw kerfs, log trimming allowance, wood left in field, and excessive trimming and removal
of utilisable wood. Total losses ranged from 6.7% and 9.9% of total utilisable volume with stumps
generally felled 7 cm higher than necessary. Based on the volume of wood not recovered, the
revenue lost was R393 million in board products and R166 million in roundwood supply from
plantations annually.
The second study found a wander ratio of 1:1.2. In terms of predicting travel speeds of
primary transport, gross power rating (kW), payload size (m3), extraction distance (m) and slope
(%) variables were included. Skidder payloads were found to be approximately 50% of potential
design loads.
Truck travel speed predictor variables included Visual Condition Index (VCI), road width,
average gradient, percentage of maximum load and truck maximum power. Applying multivariate
analysis the predictor variables were reduced to road width and percentage maximum load, and a
multiple linear regression equation was produced with an adjusted r2 of 0.52. Analysis found that
overloading of trucks was a common occurrence.
The Case Study required the current forest road network to be repeatedly refined through
road decommissioning and selected upgrades over which the timber resource is subsequently
flowed to the processing plant. Based on sequentially improved truck speeds, skidder efficiency
and fibre use the Net Present Value (NPV) of the various projects, production costs and available
timber resource use were quantified. The supply chain was analysed by investigating the effect
downstream efficiency improvements have on financial returns over one rotation. NPV results
ranged from approximately R40 million to R300 million. The scenario associated with the highest
NPV used the most improved road network, highest possible transport speed, and motor-manual
felling, cable skidder extraction, merchandising yard and optimal skidder and transport
performance. The lowest NPV yielding scenario is associated with an abridged road network, low
secondary transport speed, cable skidder extraction, mechanised felling, roadside merchandising,
and normal skidder and transport performance. Examination of the individual factors found that road network; secondary transport speeds and performance had a significant effect. Harvest
system had no significant effect.
A limitation of this study was that only the forest to mill supply chain was analysed.
Extending the supply chain to the mill and onto the final customer the benefits to the entire chain
are expected to increase further. This gap in knowledge is a likely follow-up study.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie bepaal en modelleer die potensiele monitere toename en verbeterde hulpbron gebruik van ‘n tipiese plantasie na meul houtleweringsketting in Suid Afrika deur toenemende verbeterings by die stadiums in die houtaankoop proses, gegewe die pad-, boskultuur- en bestuurskostes. Die studie is gebasseer op die uitkomste van vier afsonderlike studies; veselverlies by houtinoesting, vestiging van ‘n primere vervoer afwykverhouding, vervoerspoed en bedryfsdoeltreffendheid, voorspelling van sekondere vervoerspoed met ‚‘n oorsig oor huidige en potensiele doeltreffendheid in rondehout sagtehout saaghout vervoer.Die studie oor veselverlies het die verlies aan vesel tydens masjien-handvel en gemeganiserde velmetodes, vir boomvolume meer en minder as 1 m3 en verhandeling of op padoorgangsterrein of sentrale verhandelingsterrein. Die verliese in volume vesel is gekategoriseer volgens stomphout, vel en dwarssaag afval, blok (en fout) snytoelating, hout in bos gelaat en die oorsny en oorverwydering van verhandelbare hout. Die totale verliese was tussen 6.69% en 9.86% van die totale bruikbare volume, waar stompe 7cm hoer as nodig gevel is. Die verlies aan inkomste van jaarlikse gelewerde hout van plantasies as gevolg van nie- herwinde hout beloop R166 miljoen in rondehout en R393 miljoen in gesaagde produkte. In die tweede studie is ‘n afwykverhouding van 1:1.2 gevind. Om vervoerspoed in primere vervoer te voorspel is; bruto krag (kW), loonvraggrootte (m3), veld sleepafstand (m) en helling (%) in berekening gebring. Dit is bevind dat sleeptrekker loonvrag slegs 50% van ontwerploonvrag beloop.Veranderlikes wat vragmotor spoed voorspel, sluit Visual Condition Index (VCI), padwydte, gemiddelde gradient, persentasie van maksimum vrag en maksimum enjinkrag, maar deur middel van ‘n veelvuldige regressie is dit verminder tot slegs padwydte en persentasie van maksimum vrag en ‘n vergelyking met aangepasde r2 van 0.52 is verkry. Die ontleding van vraginligting het bevind dat die oorlading van vragmotors geredelik voorkom. In die laaste studie is die huidige padnetwerk verfyn deur verwydering en opgradering van padseksies waaroor hout na meule vervoer word. Deur opvolgende verbetering in vragmotorspoed, sleeptrekker doeltreffendheid, en verbeterde veselvergebruik is ‘n netto finansiele opbrengs uit die verskillende projekte, produksiekoste en houthulpbron gebruik, verkry. Die leweringsketting is ontleed deur te kyk na die effek wat stoomaf doeltreffendheids verbetering sou he in die opbrengs oor die rotasie gemeet deur ‘n verdiskonteerde kontantvloei ontleding. Netto huidige waarde (NHW) verkry, het gewissel tussen R40 en R300 miljoen by benadering. Die senario met die hoogste NHW het die mees verbeterde padnetwerk, hoogste vervoerspoed, masjien-hand vel, sleeptrekker uitsleep, verhandelings terrein en optimale sleeptrekker en vervoer perstasie gebruik. Daar is bevind dat die individuele faktore, padnetwerk, sekondere vervoerspoed en prestasie mees beduidend was. Ontginningstelsel was nie beduidend in die studie nie. Die beperking van die studie blyk uit die ontleding van slegs plantasie na meul leweringsketting. Gegewe die huidige resultate, word aanbeveel dat toekomstige studies moet werk aan die uitbreiding na die meul tot verbruiker leweringsketting sodat die voordele vir die totale ketting uitgebrei kan word.

Description
Thesis (DScFor)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Supply chain management, Wood products, Softwood -- Procurement