Scents and sensitivity : the emotional valence and flexibility of Afrikaans taste and smell adjectives
Date
2021-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The present study investigated the influence of perceptual experience on the emotional valence
of Afrikaans adjectives associated with smell and taste, as well as the emotional valence of the
contexts within which these adjectives occur. This study has three research questions, the first
of which is "In comparison to adjectives associated with other sensory modalities, to what
extent are Afrikaans taste and smell adjectives emotionally valenced?", the second of which is
"In comparison to adjectives associated with other sensory modalities, to what extent do
Afrikaans smell and taste adjectives appear in highly emotionally valenced phrases?", and the
third of which is "In comparison to adjectives associated with other sensory modalities, to what
extent are Afrikaans taste and smell adjectives emotionally flexible?".
This study consisted of two norming studies and a corpus study. In the first norming study, 60
Afrikaans adjectives were normed for sensory modality and valence by 78 native Afrikaans
speakers. In the second norming study, 344 Afrikaans nouns were normed for valence by 140
native Afrikaans speakers. Occurrences of phrases consisting of these adjectives and nouns in
the VivA (Virtuele Instituut vir Afrikaans) Korpusportaal Omvattend 1.9 (2021) corpus were
analysed.
The present study investigated the influence of perceptual experience on the emotional valence

The results of this study are inconsistent with previous findings that smell and taste words are
significantly more emotionally valenced and appear in more emotionally valenced and flexible
contexts than words associated with the other sensory modalities. It was found that Afrikaans
taste and smell adjectives are only marginally more emotionally valenced, and this valence
does not extend to the phrases in which these adjectives occur. This challenges the idea that
sensory language is embodied to the extent that it influences patterns in language use and
highlights the need to study a variety of languages to draw conclusions about the embodiment
of sensory language.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het die invloed van perseptuele ervaring op die emosionele waarde van Afrikaanse byvoeglike naamwoorde wat met reuk en smaak verband hou, sowel as die emosionele waarde van die kontekste waarbinne hierdie byvoeglike naamwoorde voorkom, ondersoek. Hierdie studie het drie navorsingsvrae. Die eerste navorsingsvraag is: "In vergelyking met byvoeglike naamwoorde wat met die ander sensoriese modaliteite verband hou, tot watter mate word Afrikaanse smaak- en reukbyvoeglike naamwoorde emosioneel gewaardeer?". Die tweede navorsingsvraag is: "In vergelyking met byvoeglike naamwoorde wat met die ander sensoriese modaliteite verband hou, tot watter mate verskyn Afrikaanse smaak- en reukbyvoeglike naamwoorde in hoogs emosioneel gewaardeerde frases?" en die derde navorsingsvraag is: "In vergelyking met byvoeglike naamwoorde wat met die ander sensoriese modaliteite verband hou, tot watter mate is smaak- en reukbyvoeglike naamwoorde emosioneel buigsaam?". Hierdie studie het uit twee normeringsstudies en 'n korpusstudie bestaan. In die eerste normeringsstudie is 60 Afrikaanse byvoeglike naamwoorde deur 78 moedertaal Afrikaanssprekendes volgens sensoriese modaliteit en emosionele waarde genormeer. In die tweede normeringsstudie is 344 Afrikaans selfstandige naamwoorde deur 140 moedertaal Afrikaanssprekendes volgens emosionele waarde genormeer. Die voorkoms van frases wat uit hierdie byvoeglike naamwoorde en selfstandige naamwoorde bestaan, in die VivA (Virtuele Instituut vir Afrikaans) Korpusportaal Omvattend 1.9 (2021) is ontleed. Die resultate van hierdie studie is in stryd met vorige bevindings dat reuk- en smaakwoorde aansienlik meer emosioneel gewaardeer is en in meer emosioneel gewaardeerde en emosioneel buigsame kontekste voorkom as woorde wat met die ander sensoriese modaliteite verband hou. Daar is gevind dat Afrikaans smaak- en reukbyvoeglike naamwoorde slegs effens meer emosioneel gewaardeer word, en dat hierdie emosionele waarde nie tot die frases waarin hierdie byvoeglike naamwoorde voorkom, strek nie. Hierdie bevinding daag uit die idee dat sensoriese taal afhanklik van sensoriese persepsie tot die mate dat dit patrone in taalgebruik beïnvloed, is. Dit beklemtoon die behoefte om 'n verskeidenheid tale te bestudeer om gevolgtrekkings oor die beliggaming van sensoriese taal te maak.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Sensory linguistics, Afrikaans language -- Adjective, Afrikaans taste and smell adjectives, Sensory language, Afrikaans language -- Psychological aspects