n Gebalanseerde musiekopvoedkundige program vir aktiewe ouer persone in gestruktureerde diensleweringsorganisasies

Date
1994
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The value that music has had as a human activity through the ages justifies including elderly people as an important target group in music education. In the light of the ongoing demographic shifts in the population and future projections indicating an expanding aged population, an extension of the limits of music education to include the elderly population becomes a necessity and a responsibility. This task involves music educators and musicians. The research findings of this investigation indicate that opportunities of music education for elderly persons in South African service centres are not put to optimal use. These can be developed through knowledgeable implementation of systematic and balanced music education programmes aimed specifically at the nature of an elderly person and encompassing a variety of musical activities. The implementation of a music appreciation programme as well as instrumental teaching programme in service centres in the Cape Peninsula ran successfully with regard to achieving these aims and purposes, and met with positive reaction from members and organisers of service centres. The boundaries of the discipline were extended to accommodate the elderly. Constructive experiences occurred regarding social interaction, life enrichment and improved self-image, through intellectual stimulation, rediscovery of forgotten interests and motivation to exercise hobbies at home. Music educational activities resulted in enhanced communication and sensory and aesthetic experience, while time was spent constructively. Positive behaviour modification occurred in terms of the musical learning experience. The experiences of elderly people thus underlined the value of music as a phenomenon touching human lives at all levels. This motivates the feasibility of implementing such programmes in service centres and similar institutions for the elderly. Advantage should be taken of the influence and involvement of a community in providing a musical infrastructure for elderly people, drawing on the available expertise to realise this aim.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die waarde wat musiek as menslike aktiwiteit deur die eeue vir mense gehad het, is genoeg rede om ook die ouer person in te sluit as 'n belangrike teikengroep in die musiekopvoedkunde. Teen die agtergrond van die voortgesette demografiese verskuiwing in die bevolking en toekomsprojeksies wat 'n steeds groeiende bejaarde bevolking aandui, word die moontlikheid om die grense van musiekopvoedkunde uit te brei om ook ouer persone in te sluit 'n noodsaaklikheid en verantwoordelikheid. Musiekopvoedkundiges en musici kan in hierdie verband 'n groot rol speel. Dit blyk uit navorsingsresultate van hierdie ondersoek dat musiekopvoedingsgeleenthede vir ouer persone in Suid- Afrikaanse dienssentra nie optimaal benut word nie. Deur middel van die kundige implementering van sistematiese en gebalanseerde musiekopvoedkundige programme wat die aard en wese van die ouer persoon in ag neem en wat 'n verskeidenheid musiekaktiwiteite insluit, kan hierdie geleenthede ontwikkel word. Die implementering van 'n musiekwaarderingsprogram asook 'n instrumentale onderrigprogram in dienssentra in die Kaapse Skiereiland het suksesvol verloop ten opsigte van die bereiking van doelstellings en doelwitte in hierdie verband. Dit is besonder gunstig ontvang deur dienssentrumlede en dienssentrumorganiseerders. Hiermee is die grense van die vak uitgebrei om bejaardes te akkommodeer. Opbouende ervarings het onder meer ten opsigte van sosiale interaksie, lewensverryking en selfbeeldontwikkeling, deur intellektuele stimulasie, ontsluiting van ou belangstellings en motivering om belangstellings tuis te beoefen, plaasgevind. Deur middel van musiekopvoedkundige handeling het kommunikasie, sintuiglike en estetiese ervarings plaasgevind, terwyl tyd konstruktief benut is. Positiewe gedragsverandering in terme van die musicale leerervaring het plaasgevind. Die waarde van musiek as fenomeen wat die mens op alle vlakke van sy bestaan beinvloed, is hiermee aangedui deur ouer persone. Die sinvolheid van implementering van sodanige programme in dienssentra en soortgelyke instansies vir ouer persone word hierdeur gemotiveer. Die invloed en betrokkenheid van die gemeenskap ten opsigte van die daarstelling van 'n musikale infrastruktuur vir ouer persone, deur middel van die beskikbaarstelling van vakkundigheid en hulpbronne, behoort ontgin te word ten einde verder beslag hieraan te gee.
Description
Proefskrif (MMus)--Universiteit Stellenbosch, 1994.
Keywords
Citation