Hans Roosenschoon's choral music
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Hans Roosenschoon's music is performed infrequently and has not attracted much scholarly investigation. The present study is the first research project at a doctoral level that deals with Roosenschoon’s work. Through the discussion and analysis of a selection of his choral music this study endeavours to show that his work is, indeed, of paramount importance to South African art music in the European tradition. Based on Hermann Danuser’s “contextualising” method of analysis the study presents a detailed discussion of the contextual and structural aspects of the works in question. Firebowl (1980), set to the similarly titled poem by Sydney Clouts, is the first choral composition in which Roosenschoon evokes the sounds of Africa, being predated by the brass quintet Makietie (1978). It is claimed that these works are the first by a South African composer to engage in a consistent manner with the stylistic elements of African music and it challenges the narrative that African influence was first introduced into South African art music by other composers. The discussion of the sacred choral work Prayer of St Richard (1990) highlights Roosenschoon’s use of layering and stratification as stylistic devices, while his technique of manipulating predetermined tone constellations is also illustrated. The third work under discussion, Miserere (1991), shows a further development in Roosenschoon's style: compact but effective presentation of textural contrasts and the movement between consonance and dissonance characterise this work. The trilogy Kô, lat ons sing (1993) forms the centrepiece of this study. The work has three movements, Ons het 'n hys gebou, O waar is Moses and Kô, lat ons sing, which are musical settings of poetry by the renowned Adam Small. The work incorporates African and European stylistic elements as well as the sounds of the Cape. Thematic references to the music of Ladysmith Black Mambazo and the anthem Nkosi Sikelel' iAfrika are shown to be present in the first movement. Tone constellations derived from Nkosi Sikelel' iAfrika also characterise the haunting second movement. The third movement presents an explosion of folklike ideas and culminates in a full rendition of Nkosi Sikelel' iAfrika. The following composition to form part of this study, Mbira (1994), presents yet another, highly original example of the composer’s continued engagement with African music. Here he creates a text out of the names of four African musical instruments, creating an ingenious composition that alludes to the sounds of these instruments and the music with which they are associated. Magnificat (1994), the third sacred composition in this study, presents traits similar to those of the previous two sacred works. Imitation of motivic material, layering, stratification and transformation of texture, the clever manipulation of thematic material and the continuous sway between consonance and dissonance are the work’s outstanding characteristics. Lux Aeterna (2003), shows another side of Roosenschoon's compositional style. Here he exploits the possibilities offered by progressions of tonally derived chords that are not related to each other within a tonal structure. The final work, Sky (2004), places the serene poetry of Sydney Clouts’ Slope down, Great Sky into an evocative eruption of sound, depicting Roosenschoon's predilection for playing with this element in very imaginative ways. Linking the text “in a dream of encircling, circling” from the composition Sky with the present study, the hope is expressed that this research will create a further "circling" of Hans Roosenschoon’s highly significant contribution to South African art music in the European tradition.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hans Roosenschoon se musiek word nie dikwels gehoor nie en dit het tot dusver nog min akademiese aandag getrek. Die huidige studie is die eerste navorsingsprojek op doktorale vlak wat Roosenschoon se musiek aan die orde stel. Die bespreking en analise van ’n geselekteerde aantal van sy koorwerke toon aan dat Roosenschoon se musiek inderdaad van groot belang is vir Suid-Afrikaanse kunsmusiek in die Europese tradisie. Gebaseer op Hermann Danuser se “kontekstualiserende” analisemetode bied hierdie studie ’n gedetailleerde bespreking van die kontekstuele en strukturele aspekte van die genoemde werke. Firebowl (1980), wat ’n gedig met dieselfde titel van Sydney Clouts toonset, is die eerste koorwerk waarin Roosenschoon klanke van Afrika oproep, nadat hy reeds in die koperblaaskwintet Makietie (1978) iets soortgelyks gedoen het. Die bewering word gemaak dat hierdie werke die eerste deur ’n Suid-Afrikaanse kunsmusiekkomponis is wat op deurlopende wyse met die stilistiese elemente van Afrikamusiek in dialoog tree en sodoende die narratief uitdaag dat ander komponiste eerste hiervoor verantwoordelik was. Die bespreking van die koorwerk Prayer of St Richard (1990) lig Roosenschoon se styltegnieke van stratifikasie en om in toonvlakke te werk uit, terwyl sy gebruik om voorafbepaalde toonskonstellasies te manipuleer ook onder die aandag kom. Die derde werk onder bespreking, Miserere (1991), toon ’n verdere ontwikkeling in Roosenschoon se styl: kompakte maar effektiewe kontraste in tekstuur en die spanning tussen konsonansie en dissonansie kenmerk hierdie werk. Die trilogie Kô, lat ons sing (1993) verteenwoordig die middelpunt van hierdie studie. Die werk het drie dele, Ons het 'n hys gebou, O waar is Moses en Kô, lat ons sing, en is ’n toonsetting van gedigte van die vermaarde Adam Small. Die werk inkorporeer Europese en Afrikaklanke, sowel as klanke eie aan die Kaap. Tematiese verwysings na die musiek van Ladysmith Black Mambazo en die lied Nkosi Sikelel' iAfrika word in die eerste deel uitgewys. Toonkonstellasies afkomstig uit Nkosi Sikelel' iAfrika is ook in die aangrypende tweede deel teenwoordig, terwyl die derde deel volkselemente ontgin en uiteindelik kulmineer in ’n volledige weergawe van Nkosi Sikelel' iAfrika. Die volgende werk onder bespreking, Mbira (1994), bied ’n verdere, hoogs verbeeldingryke voorbeeld van die komponis se belangstelling in Afrikamusiek. Hier stel hy ’n teks saam wat uitsluitlik gebaseer is op die name van vier inheemse musiekinstrumente en skep sodoende ’n verbeeldingryke komposisie wat die klanke van hierdie instrumente en die musiek waarmee hulle geassosieer word naboots. Magnificat (1994), die derde gewyde komposisie in hierdie studie, bevat kenmerke soortgelyk aan dié van die vorige gewyde werke. Imitasie van motiwiese materiaal, klankvlakke, stratifikasie, die slim manipulering van tematiese material en die voortdurende spanning tussen konsonansie en dissonansie verteenwoordig die werk se uitstaande kenmerke. Daarenteen wys Lux Aeterna (2003) ’n ander kant van Roosenschoon se komposisiestyl. Hier ontgin hy die moontlikhede wat die progressie van naasliggende tonale akkoorde bied wat nie binne ’n tonale struktuur met mekaar verwant is nie. Die laaste werk, Sky (2004), plaas die verhewe gedig Slope Down, Great Sky van Sydney Clouts binne ’n evokatiewe ontploffing van klank en stel sodoende Roosenschoon se voorliefde om met hierdie element te speel onder bewys. Deur die woorde “in a dream encircling, circling” uit die komposisie Sky met die huidige studie in verband te bring word die hoop uitgespreek dat erkenning van Hans Roosenschoon se hoogs beduidende bydrae tot Suid-Afrikaanse kunsmusiek in die Europese tradisie verder sal “uitkring”.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2023.