Die salarisgeskiedenis van die Kleurling-onderwysers in die openbare skole in Kaapland, 1910-1955, met verwysing ook na ander diensvoorwaardes as salarisse
Date
1961
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die taak om oor die vroegste salariëring van Kleurling-
onderwysers in Kaapland te skrywe, word om verskeie
onvermydelike redes bemoeilik. So is bv. die oorsaak vir
die afwesigheid. van volledige en afsonderlike statistieke vir nie-blanke onderwys vir 'n lang tydperk moontlik te
vinde in ons land se geskiedenis, en wel in 0rdonnansie
No.50 van 1828, toe die spesiale Hottentotwette van die
jare 1809 - 1819 herroep is en "Hottentots and other free
persons of colour'' gelyk gestel is met die blanke koloniste. Vanaf daardie oomblik het wetgewing beslis "colour
blind" geword, maar hoewel die wette dan kleurblind was,
het ons die bewyse dat dit in die onderwyspraktyk glad
nie geheel en al só was nie.
Verder is die Kleurling as 'n aparte rassegroep in
wording vir 'n lang tyd nie erken nie en toe die Kleurlinge
reeds as 'n ras op- sy eie beskou is, het hulle geringe
getalle dit nie in die oë van die land se administrasie
geregverdig om met die Kleurling as 'n aparte groep rekening
te hou nie.. Hulle is eenvoudig saam met die naturelle as "Gekleurd" geklassifiseer.
Description
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1961.
Keywords
Teachers -- Salaries, etc, Teachers -- Pensions, Dissertations -- Education, UCTD