Sacred Ecologies in "Die Nuwe Verbond: ‘n Misorde vir die Universum"

Date
2021-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this thesis, I analyse a multimedia green Mass, Die Nuwe Verbond: ‘n Misorde vir die Universum (2019) [The New Covenant: a Mass for the Universe] (hereafter referred to as DNV), that forms part of Mi(SA), a theatre production commissioned by the Nasionale Afrikaans Teater-inisiatief [National Afrikaans Theatre Initiative]. The production consists of three works: (1) a 1958 Congolese Mass (Guido Haazen and the Les Troubadours Choir’s Missa Luba), (2) a 1964 Argentinian Mass (Ariel Ramírez’s Misa Criolla), and (3) DNV, a new South African Mass composed by Antoni Schonken to a libretto by Antjie Krog. These three works are intended to represent the genre of the Folk Mass—a popular, accessible Mass musically unique to the nation of its origin. The themes of DNV are centred on interconnected issues of social and environmental crises, which partly position this study in the field of ecomusicology. A discussion of how composers communicate environmental themes in environmental activist works contextualises DNV, providing the foundation for ecology-orientated analysis. DNV involves poetry, testimony, music, sign language and dance. In this thesis, I analyse how the multi-layered relationships among these elements construct overall meanings. My aims are to demonstrate (1) how the internal structures within such a multifaceted work can be cognised and (2) how the complex ecologies of DNV invite the spectator to re-examine their responsibility toward fellow humans, and toward the earth on which they depend for survival. For this analysis, I combine concepts in narrative theory, semiotics, speech act theory, John Snyder’s principles of continuities and closures, and Nicholas Cook’s models of multimedia, to provide methods and vocabularies that can facilitate a nuanced engagement with multimedia environments. My analysis reveals that DNV’s internal ecologies challenge long-held hierarchies of power and responsibility, specifically relating to what is considered sacred, and how that influences the ecologies in which humans are involved. Consequently, the work directs the audience to re-evaluate perspectives regarding responsibility, accountability, the human penchant for violence, and empathy towards one another and the environment.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis analiseer ek ‘n multimedia Groenmis: Die Nuwe Verbond: ‘n Misorde vir die Universum (DNV) (2019). DNV vorm deel van Mi(SA), ‘n teaterproduksie geskep in opdrag van die Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief. Die produksie behels drie werke in die genre van die Volksmis, bedoel as ‘n populere en toeganklike idioom: (1) ‘n 1958 Kongolese Mis (Guido Haazen en die Les Troubadours-koor se Missa Luba), (2) ‘n 1964 Argentynse Mis (Ariel Ramírez se Misa Criolla) en (3) ‘n nuwe Suid-Afrikaanse Mis, naamlik DNV. Laasgenoemde is gekomponeer deur Antoni Schonken, voorsien van ‘n teks deur Antjie Krog. Omdat DNV tematies konsentreer op die verwikkelde kwessies van sosiale- en omgewingskrisisse, val hierdie studie gedeeltelik binne die bestek van ekomusikologie. Die studie kontekstualiseer DNV aan die hand van ‘n bespreking van omgewings-aktivistiese werk in komposisie, wat vervolgens die basis skep vir ekologiese analise. DNV kombineer poesie, getuienis, musiek, gebaretaal en dans. In hierdie studie besin ek oor die veelsydige verwantskappe tussen hierdie multimedia en hoe elk van hierdie komponente die algehele betekenis konstrueer. Die doel van hierdie benadering is om te demonstreer (1) hoe die interne strukture van sulke veelsydige werke verstaan kan word en (2) hoe die komplekse ekologiee van DNV ‘n soort uitnodiging rig om verantwoordelikheid teenoor jou medemens en die aarde te herondersoek. My analitiese benadering steun op narratiewe teorie, semiotiek, spraakhandelingsteorie, John Snyder se beginsels rondom kontinuïteite en afsluitings, asook Nicholas Cook se modelle vir multimedia, om ‘n metode/woordeskat te skep wat genuanseerd kan omgaan met ‘n multimedia omgewing. My analise argumenteer dat die interne ekologieë van DNV die jarelange rangordes van mag en verantwoordelikheid aanspreek. Dit hou veral verband met dit wat beskou word as gewyd, en hoe dit die ekologieë waarby mense betrokke is, beinvloed.
Description
Thesis (MMus)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Ecomusicology, Music -- Semiotics, Ecological assessment (Biology), Ancient music, UCTD
Citation