Developing online educational modules on the ethical, legal and social issues related to biobanking – a resource for clinicians, researchers and research ethics committees in South Africa

Date
2022-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Biobanking practice provides exciting opportunities for scientific advancement through the use and sharing of stored biological material on a rapidly changing global landscape, however the associated ethical, legal and social aspects highlight the need for greater stakeholder awareness and engagement with these issues. The ethical, legal and social issues (ELSI) of biobanking require balancing of individual and community rights and protecting privacy, confidentiality and autonomous decision making as far as possible. Consequently, consent processes and policies on data sharing, return of results, and benefit sharing are important, as is recognition of stakeholder engagement. While much has been documented on the need to recognize the identified ELSI of biobanking from a global perspective, very little focus has been placed on the people involved in the operationalization of biobanking activities or in the oversight of research in this field, namely, researchers, clinicians, biobankers and research ethics committee members. This gap in the literature is further pronounced by a lack of empirical evidence in South Africa on available educational support for the identified stakeholders on the ELSI of biobanking. For this purpose, a short online course on the ELSI of biobanking was developed, using participatory action research. This course is the first of its kind in South Africa. The project involved multiple iterations in the conceptualization, planning, development, and review of the developed educational modules through ongoing engagement with purposively selected study participants who were drawn from identified stakeholder groups (researchers, clinicians, biobankers and research ethics committee members). The study first sought to identify available online educational opportunities on the ELSI of biobanking. Thereafter, the researcher engaged with the identified stakeholders that formed part of the study sample to determine the nature of biobanking in the country, unmet educational needs, and educational priorities in the ELSI of biobanking. The researcher deductively drew up a pre-determined list of educational topics on the ELSI of biobanking and research participants had the opportunity to critique this list and suggest other learning preferences. The short course was developed based on information provided by research participants and through debates presented in the literature. The short course on the ELSI of biobanking comprised five modules. Module 1: Introduction to Biobanking focused on the scope and nature of biobanking as well as the ethical and legal considerations. Module 2: Biobanking Governance covered the principles and need for governance as well as access to biosamples and data; biosafety and biosecurity. Module 3: Consent Models and Confidentiality focused on the ethical and legal dimensions of the informed consent process within the South African setting. Module 4: Sample and data sharing explored the scope and nature of collected data and samples. Module 5: Stakeholder engagement, benefit sharing, and return of results highlighted the need to recognize the various stakeholders involved in biobanking and to engage in issues such as benefit sharing; and return of results to biobank participants. The short course included an online assessment to determine learner competence. This dissertation argues that for educational learning opportunities to be successful, they must be relevant, appropriate and meet the needs of the stakeholders. Research participants in this study were drawn from biobanking related settings in South Africa and had multiple opportunities to review and critique the developed modules, thereby ensuring that a real-world perspective was provided on the applicability of the educational course to local settings. Additionally, the dissertation highlights that given the hands-on nature of biobanking practice, such educational courses need to be integrated into other learning opportunities and skills development. These could include online and face-to-face contact learning as well as practical skills development. Some recommendations are also made, such as ensuring that the developed educational course is reviewed and updated regularly so that the course remains relevant and appropriate for the identified stakeholders. There is a need to also ensure ongoing Information Technology (IT) support for the biobanking course so that technology-related challenges are addressed and rectified immediately. Additionally, the time allocation for learners to complete the short course should be extended from four weeks to eight weeks to ensure that these learners have adequate time to engage with the learning activities. Future research efforts should include further engagement with other stakeholders such as local communities to ascertain their learning needs related to biobanking practice, to ensure that other unmet learning needs in biobanking are addressed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die praktyk van biobanke en biobankdienste bied opwindende geleenthede vir wetenskaplike vooruitgang deur die gebruik en deel van opgebergde biologiese materiaal teen ’n vining veranderende globale landskap. Die gepaardgaande etiese, wetlike, en sosiale kwessies (EWSK, of ELSI in Engels) dui egter daarop dat hierdie oorwegings krities belangrik is om openbare steun vir biobankdienste te ontwikkel. Die EWSK rondom biobankdienste vereis die balansering van individuele en gemeenskapsregte en die beskerming van privaatheid, vertroulikheid en outonome besluitneming, sover moontlik. Gevolglik is toestemmingsprosesse en beleide vir data-deling, terugvoer oor resultate, en voordeel-deling net so belangrik as erkenning vir belanghebbende-betrokkenheid. Alhoewel daar heelwat gedokumenteer is oor die noodsaaklikheid daarvan om die geïdentifiseerde EWSK van biobankdienste vanuit ’n globale perspektief te erken, is daar min gefokus op die mense wat by die operasionalisering van biobank-aktiwiteite of die toesig oor navorsing op die gebied betrokke is, onder meer die navorsers, klinici, biobankiers en lede van navorsingsetiekkomitees. Hierdie leemte in die literatuur word selfs duideliker vanwee ’n gebrek aan empiriese bewyse in Suid-Afrika wat betref beskikbare opvoedkundige steun aan die geidentifiseerde belanghebbendes vir die EWSK rondom biobankdienste. Vir hierdie doel is ’n aanlyn kortkursus oor die EWSK van biobankdienste aan die hand van deelnemende-aksienavorsing ontwikkel. Dit is die eerste keer dat hierdie soort kursus in Suid-Afrika ontwikkel word. Die projek behels verskeie iterasies in die konseptualisering, beplanning, ontwikkeling, en hersiening van die ontwikkelde onderrigmodules deur voortgesette betrokkenheid by doelbewus geselekteerde studiedeelnemers uit geidentifiseerde belangegroepe (navorsers, klinici, biobankiers, en lede van die navorsingsetiekkomitee). Die studie wou eerstens beskikbare aanlyn opvoedkundige geleenthede oor die EWSK van biobanke uitwys. Daarna het die navorser beraadslag met die geidentifiseerde belanghebbendes wat deel van die studiesteekproef was om die aard van biobankdienste in die land, leemtes in onderrigbehoeftes, en opvoedkundige prioriteite rakende die EWSK van biobankdienste te bepaal. Die navorser het op deduktiewe wyse ’n vooruitbepaalde lys opvoedkundige onderwerpe oor die EWSK van biobankdienste opgestel, en navorsingsdeelnemers het die geleentheid gekry om kritiek op hierdie lys te lewer en ander leervoorkeure aan die hand te doen. Die kortkursus is ontwikkel op grond van inligting wat navorsingsdeelnemers verskaf het en met inagneming van argumente in die literatuur. Die kortkursus oor die EWSK van biobankdienste bestaan uit vyf modules. Module 1: Inleiding tot Biobankdienste, wat op die omvang en aard van biobanke en biobankdienste, asook die etiese en regsoorwegings fokus. Module 2: Die beheer-en-bestuur van biobankdienste dek die beginsels van en behoefte aan beheer-en-bestuur, sowel as toegang tot biomonsters en -data; bioveiligheid en biosekuriteit. Module 3: Toestemmingsmodelle en Vertroulikheid beklemtoon die etiese en wetlike dimensies van die proses van ingeligte toestemming in die Suid-Afrikaanse opset. Module 4: Met die steekproef en datadeling word die omvang en aard van versamelde data en monsters ondersoek. Module 5: Belanghebbende-betrokkenheid, voordeel-deling, en terugvoer-resultate beklemtoon die behoefte om die onderskeie belanghebbendes wat by biobankdienste betrokke is, te erken en te betrek by kwessies soos voordeel-deling, en terugvoer aan biobankdeelnemers rakende resultate. Die kortkursus sluit ’n aanlyn assessering in om leerdervaardigheid te bepaal. Hierdie proefskrif argumenteer dat opvoedkundige leergeleenthede relevant en gepas moet wees vir die belanghebbendes en aan hulle behoeftes moet voldoen, ten einde suksesvol te wees. Navorsingsdeelnemers vir hierdie studie kom uit biobank-verwante omgewings in Suid- Afrika en hulle het verskeie geleenthede gehad om die ontwikkelde modules te hersien en kritiek daarop te lewer, om sodoende te verseker dat ’n praktiese perspektief op die geskiktheid van die opvoedkundige kursus vir plaaslike omgewings gegee word. Verder beklemtoon die proefskrif dat vanwee die praktiese aard van die praktyk van biobankdienste, sodanige opvoedkundige kursusse met ander leergeleenthede en vaardigheidsontwikkeling geintegreer moet word. Dit kan aanlyn en aangesig-tot-aangesig-kontakleer, sowel as praktiese vaardigheidsontwikkeling insluit. Bepaalde aanbevelings word ook gemaak, soos om te verseker dat die ontwikkelde onderrigkursus gereeld hersien en bygewerk word sodat dit relevant en gepas vir die geidentifiseerde belanghebbendes kan bly. Deurlopende Inligtingstegnologie- (IT-)steun vir die biobankdienstekursus moet ook verseker word, sodat tegnologieverwante uitdagings onmiddellik aangespreek en reggestel kan word. Daarbenewens moet die tydstoekenning vir leerders om die kortkursus te voltooi van vier weke tot agt weke verleng word, om te verseker dat leerders voldoende tyd het om by die leeraktiwiteite betrokke te raak. Toekomstige navorsingspogings moet verdere betrokkenheid by ander belanghebbendes, onder meer die plaaslike gemeenskappe, insluit om hul leerbehoeftes ten opsigte van biobankdienste te bepaal en te verseker dat ander leerbehoefte-leemtes in verband met biobankdienste aangespreek word.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Citation