Interpretive phenomenology on the meaning of substance use to Zimbabwean men with substance related disorders in recovery
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Background: Substance use is an authentic part of the lived world of persons with substance related disorders. In Zimbabwe, reports indicate substance abuse to be rife, particularly amongst men. As many as 80% of persons with substance related disorders who were treated at mental health institutions in Zimbabwe between 2017-2019 relapsed within their first year of recovery. Although achieving sustained sobriety seems possible, the process of recovery is subjective and strategies used are contested. Substance use is a considerably under-researched phenomenon in the occupational therapy profession, particularly in Zimbabwe. Given that substance use constitutes engagement in occupation and that this phenomenon was yet to be explicitly explored, an occupational perspective was deemed necessary.
Aim and objectives: The aim of this study was to explore how men with substance related disorders experience and make sense of substance use when in recovery. The study objectives were to explore how substance-use emerged as an occupation, how participants interpreted or made sense of substance-use experiences and how substance-use shaped participant’s identity and sense of belonging.
Methods: Interpretive phenomenology was used to explore participants’ lived experiences of substance-use and the meaning they attributed to their experiences. Criterion sampling was used to purposively select persons with substance related disorders, admitted at a private mental health center in Zimbabwe. Three men with substance related disorders who were in recovery participated in this study. Data were collected by means of initial and subsequent follow up in-depth interviews. An inductive and iterative case-by-case analysis was used as means to respect individual idiosyncrasy.
Findings: Two themes emerged. Theme 1, Getting “more” than I bargained for, was presented to illuminate nuances expressed under three sub-themes, namely what it’s like to use, what I get out of it and what I have lost. Theme 2, A shifting identity, was presented with four sub-themes, namely the unwanted self, projective identification, becoming the wanted self and being stuck. Theme 1 was presented in Section B and discussed, Theme 2 was presented in Section C as additional findings and will be discussed in the future.
Conclusion: Reflection on negative consequences of substance-use might shift motivation towards sobriety, however, continuing use and stopping use both present losses. Exploring how people interpret their experiences of unhealthy occupations provided a dualistic way of looking at recovery. Honouring humanistic values, client-centredness and practicing critical consciousness are essential considerations in services to support recovery.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond: Middelgebruik is 'n ware deel van die leefwereld van persone met substansverwante siektetoestande. Alhoewel volgehoue geheelonthouding moontlik is, is die proses van herstel geindividualiseerd en strategiee om dit te bereik betwis. In Zimbabwe is daar berigte van hoe vlakke van dwelmgebruik, veral onder mans. Soveel as 80% van persone met substansverwante versteurings wat tussen 2017-2019 by 'n verwysende geestesgesondheidsinstelling behandel is, het teruggeval binne hul eerste jaar van herstel. Daar is tans min navorsing in die verskynsel van middelgebruik in die arbeidsterapieprofessie, veral in Zimbabwe. Aangesien middelgebruik deelname in aktiwiteit behels en hierdie verskynsel nog eksplisiet ondersoek moes word, is 'n aktiwiteitsverrigting-perspektief nodig geag. Doel en doelwitte: Die doel van hierdie studie was om te verken hoe mans met substansverwante versteurings dwelmgebruik ervaar en sin maak daarvan tydens herstel. Die studiedoelwitte het ingesluit om te ondersoek hoe middelgebruik as 'n aktiwiteit voorgekom het, hoe deelnemers ervarings van middelgebruik interpreteer, en hoe hulle sin maak van hoe middelgebruik voorgekom het in die vorming hul identiteit en gevoelens van geborgenheid. Metodologie: ’n Interpretatiewe fenomenologiese benadering is gebruik om deelnemers se beleefde ervarings van middelgebruik te ondersoek en die betekenis wat hulle aan hul ervarings toegeskryf het, te verken. Kriteriumsteekproefneming is gebruik om doelgerig deelnemers te selekteer wat ryk weergawes van hul ervarings sou kon gee. Die deelnemers was drie mans met substansverwante afwykings in herstel. Data is ingesamel deur middel van aanvangs en opvolg in-diepte onderhoude. 'n Induktiewe en iteratiewe geval-tot-geval analise is gebruik in ʼn poging om individue se eiesoortigheid te respekteer. Bevindinge: Twee temas word bespreek. Tema 1, om "meer" te kry as waarvoor ek my ingelaat het, lig nuanses wat onder drie sub-temas uitgedruk word uit, naamlik hoe dit is om te gebruik, wat ek daaruit kry en wat ek verloor het. Tema 2, 'n Verskuiwende identiteit, sal kortliks bespreek word deur te fokus op vier sub-temas, naamlik die ongewenste self, projektiewe identifikasie, die word van die gewenste self en vasgevang. Gevolgtrekking: Besinning oor negatiewe gevolge van middelgebruik kan motiveerend wees tot geheelonthouding, maar beide die gebruik en onthouding van middels het verliese tot gevolg. Ondersoek na hoe mense hul ervarings van ongesonde aktiwiteitsdeelname interpreteer, verskaf 'n dualistiese perspektief op herstel. Eerbiediging van humanistiese waardes, klientgesentreerdheid en die beoefening van ʼn kritiese bewussyn is essensiele oorwegings vir dienslewering.

Description
Thesis (MOccTher)--Stellenbosch University, 2024.