An exploration of automatic learner promotion at three schools in Namibia: Implications for quality education.
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The study aimed to explore the implications of the automatic learner promotion (ALP) policy on
the quality of education at three primary schools in the Erongo region of Namibia. The study
employed a qualitative, phenomenological case study design. The objectives of the study were as
follows: to gain insights into teachers’ understanding and implementation of the ALP policy; to
ascertain the effects of ALP on learners and teachers, and hence, learning and teaching; and to
determine the implications of the ALP policy on the quality education at the three schools.
The data for this study was constructed from a purposively selected sample of six teachers, six
heads of department and three school principals drawn from three state primary schools. In
addition to conducting semi-structured interviews with a total of fifteen participants, the
‘National Promotion Policy Guide for Junior and Senior Primary School Phase’ (National
Institute for Educational Development (NIED)) (2015) was analysed.
The study found that only one of the three primary schools implemented the policy as required
and stipulated in the ‘National Promotion Policy Guide for Junior and Senior Primary School
Phase’ (NIED, 2015). Although the teachers and principals shared a common conceptual
understanding of the policy, they had different understandings of how to implement it or whether
to implement it at all. They also differed in terms of who was responsible for implementing the
policy and the additional support required by learners who had been automatically promoted.
Nevertheless, there seemed to be agreement that the negatives of ALP outweighed the positives.
This perception was informed by several key factors, which included a lack of support from the
Ministry of Education; unpreparedness and unwillingness by teachers to provide the extra
support required by learners who had been automatically promoted; and the tensions between
learners who had met the minimum grade requirements and those who had not but were
promoted regardless. The study found that most participants viewed the ALP practice as
compromising the education quality. Instead of assisting learners who struggled academically,
such learners continued to struggle in the next grade. Their lack of competencies in their
previous grade meant they were continually compromised and disadvantaged in acquiring new competencies. The difficulties experienced by these learners were compounded by a lack of
interest, support, and motivation from teachers.
The study recommends extra support to the teachers to eliminate the challenges they face.
Policymakers are encouraged to consult teachers when developing the policies and conduct
workshops sharing the meaning and significance of the policy. Policymakers are also encouraged
to implement mechanisms that encourage all schools to implement national policies. The study
encourages more parental involvement in the implementation of the ALP policy.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om die implikasie van die outomatiese leerderbevorderingsbeleid op die gehalte van onderwys by drie laerskole in die Erongo-streek van Namibie te ondersoek. Die kwalitatiewe navorsingstudie het 'n fenomenologiese gevallestudieontwerp gehandhaaf. Die doelwitte van die studie was soos volg: om insigte in onderwysers se begrip en implementering van die beleid te kry; om die uitwerking van die beleid op leerders en onderwysers en by implikasie, leer en onderrig vas te stel; en om die implikasies van die beleid op die gehalte van onderwys by die drie skole te bepaal. Die data vir hierdie studie is verkry van 'n doelgerigte steekproef van ses onderwysers, ses departmentshoofde en drie skoolhoofde uit drie staatskole. Benewens die uitvoer van semigestruktureerde onderhoude met vyftien deelnemers, is die nasionale beleid, die ‘National Promotion Policy Guide for Junior and Senior Primary School Phase’ (Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (NIOO), 2015) ontleed. Die studie het bevind dat slegs een van die drie laerskole die beleid geimplementeer het soos vereis en bepaal in die nasionale leerderbevorderingsbeleid (NIOO, 2015). Alhoewel die onderwysers en skoolhoofde 'n gemeenskaplike konseptuele begrip van die beleid gedeel het, het hulle verskil in hul begrip van hoe om dit te implementeer, en of dit enigsins geimplementeer moet word. Hulle het ook verskil in terme van wie verantwoordelik is vir die implementering daarvan en die bykomende ondersteuning wat outomaties-bevorderde leerders vereis. Daar blyk ooreenstemmende persepsie te wees dat die negatiewe aspekte van die nasionale leerderbevorderingsbeleid die positiewe aspekte daarvan oorskadu. Hierdie persepsie is deur verskeie sleutelfaktore bepaal en sluit die volgende in: 'n gebrek aan ondersteuning van die Minister van Onderwys; 'n onvoorbereidheid en onwilligheid deur onderwysers om die ekstra ondersteuning te bied wat outomaties-bevorderde leerders vereis; en die spanning tussen leerders wat aan die minimum graadvereistes voldoen het en diegene wat nie daaraan voldoen het nie, maar nietemin bevorder is. Die studie het bevind dat die meerderheid deelnemers die praktyk van outomatiese leerderbevordering as ‘n kompromie van kwaliteit onderwys beskou het. In plaas daarvan om leerders by te staan wat akademies gesukkel het, het leerders ook in die volgende graad aanhou sukkel. Hul gebrek aan die nodige bevoegdhede vir hul vorige graad, het beteken dat hulle voortdurend blootgestel en benadeel is in die proses om nuwe bevoegdighede te ontwikkel. Die probleme wat hierdie leerders ervaar het, is vererger deur 'n gebrek aan belangstelling, ondersteuning en motivering van onderwysers. Die studie beveel aan dat onderwysers ekstra ondersteuning ontvang om die uitdagings wat hulle met outomaties-bevorderde leerders ervaar, uit te skakel. Beleidmakers word aangemoedig om onderwysers te raadpleeg wanneer hulle beleide ontwikkel, en werkswinkels aan te bied wat die betekenis en implikasies van die beleid meedeel. Beleidmakers word ook aangemoedig om meganismes in plek te sit wat alle skole aanmoedig om nasionale beleide te implementeer. Die studie moedig aan dat ouers meer betrokke is by die implementering van die outomatiese leerderbevorderingsbeleid.

Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Academic achievement, Education -- Standards -- Namibia -- Erongo, Educational equilization, Grade retention, Grade repetition, Children with disabilities -- Education (Early childhood) -- Namibia -- Erongo, Early childhood special education -- Namibia -- Erongo, Children with disabilities -- Services for -- Nambia -- Erongo, National Promotion Policy Guide for Junior and Senior Primary School Phase, National Institute for Educational Development (Namibia) (NIED), UCTD