'Eva-lusie' : die vrouestem in Suid-Afrikaanse media
Date
2001-09
Authors
Rabe, Lizette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
In April vanjaar was 51% van Suid-Afrikaanse internetgebruikers vroue, teenoor 38% in Maart 1999 (Women now, 2001). Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die geslag van gebruikers van die internet - die
sogenaamde nuwe media - min of meer die bevolkingsamestelling
reflekteer. Maar sou 'n studie gedoen word
van die inhoud van die internet-aanbod: of van diegene
wat die produseerders daarvan is, sou dit waarskynlik
gelyk wees aan die bevindings van ander mediastudies.
Eerstens: vroue wat in die media uitgebeeld word, is
verreweg in die minderheid; tweedens: hulle word
gestereotipeer, en derdens: as verskaffers van media is
hulle in beperkte rolle (Gaga, 2000; Lowe-Moma, 2001: Spears et al.: 2000).
Gaan ons vir 'n oomblik honderd jaar terug in ons eie
geskiedenis, is Suid-Afrika vasgevang in 'n oorlog wat lank
'n rampspoedige invloed op talle terreine van Suid-Afrika
se ontwikkeling sou hê. Ook die media. En hoofsaaklik die
rol wat die Afrikaanse vrou in veral die Afrikaanse pers
sou speel - of nie speel nie. Soos in die geslagsdiskoers in
die letterkunde kan 'n mens ook na die afwesigheid van
die Afrikaanse vrouestem in die media verwys as die
"stiltes tussen woorde en tekste" (Van Niekerk, 1994).
Om nie te praat van die stilte van swart en bruin vroue
nie.
Persvryheid moet deur almal geniet kan word en nie
net sommige nie, sê pres. Thabo Mbeki vroeër vanjaar in
sy boodskap ter viering van die tiende Wêreldpersvryheidsdag.
Ook: "Niemand kan tevrede wees
terwyl persvryheid hoofsaaklik net deur 'n uitsoekgroep
geniet word nie. Dis die kernreg van alle mense om vrye
toegang te hê tot media wat hul menings uitdruk en hul
lewenservaring en strewes ten volle weerspieël".
As 'n mens die status van vroue en ander minderheidsgroepe
in die media ondersoek, is dit duidelik dat ons ver
van daardie ideaal is. Veral as jy in Suid-Afrikaanse media lees van vroulike joernaliste wat teistering van
parlementslede - die gekose verteenwoordigers van die
volk dus - moet verduur (Stappe, 2001).
Eerstens dan in hierdie besinning oor die status van
vroue in die media moet 'n mens begin by die begin - en
die oervraag van alle joernaliste: Wat is nuus?
Inaugural address delivered in September 2001 by Professor Lizette Rabe
Inaugural address delivered in September 2001 by Professor Lizette Rabe
Description
17 A4 pages in pdf format.
Bibliography
Bibliography
Keywords
Stereotypes (Social psychology) in mass media, , Women journalists -- South Africa, Discrimination in the media