A critical comparative study on the formulation of the South African Health Promotion Levy to achieve its policy objectives
Date
2020-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The prevalence of obesity and obesity-related non-communicable diseases has increased significantly over recent decades, and South Africa is currently experiencing an obesity epidemic. In addition to causing millions of deaths globally, these health issues impose a large burden on public healthcare in low- and middle-income countries particularly, and reduce overall productivity. The World Health Organisation (“WHO”) has recognized the need for government intervention in this context, and has identified fiscal measures as a potentially useful tool in obesity-prevention efforts. There are a number of factors that contribute to the relevant health concerns, including the increased affordability of unhealthy foods and beverages. The rationale for taxes on sugar-sweetened beverages or other unhealthy foods is that they lead to increased costs and thereby make unhealthy diets less affordable, which could lead to health improvements. In this context, a tax on certain sugar-sweetened beverages has been implemented in South Africa since 1 April 2018, titled the “Health Promotion Levy” (“HPL”). While the link between dietary risk factors and particularly excessive sugar consumption has been well-established, the extent to which such fiscal measures effectively reduce sugar consumption and lead to health outcomes is less evident. Further, the WHO has stressed that fiscal measures need to form part of a broader policy framework in order to emphasize health outcomes. This thesis briefly discusses a number of these other interventions in the broader policy framework, and comments on the development of such interventions in South Africa. Although a number of jurisdictions have implemented fiscal measures to pursue health objectives, the appropriateness of taxes on sugar-sweetened beverages has been criticised. While taxes are predominantly used for revenue generation, they could also be used specifically to discourage certain behaviour, to enhance economic growth, and for the redistribution of wealth.
With reference to various criticisms of fiscal interventions, this thesis compares the formulation of the HPL with those of similar taxes implemented in Denmark, Hungary, Mexico, the United Kingdom and the United States of America. With reference to this comparative study, it is critically considered whether the current formulation of the HPL is consistent with its stated objectives. The success of fiscal measures to reduce consumption is considered alongside their potentially undesirable effects on overall dietary quality as well as other policy objectives of economic growth and redistributive goals. Lastly, this thesis offers suggestions on how the formulation of the HPL could be amended, and how the development of other interventions should be used to ensure sustainability for the HPL, and to strengthen its health objective.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die voorkoms van vetsug en vetsugverwante nie-oordraagbare siektes het die afgelope dekades aansienlik toegeneem. Suid-Afrika ervaar tans 'n vetsug-epidemie. Hierdie gesondheidskwessies veroorsaak jaarliks wêreldwyd miljoene sterftes. Hierdie gesondheidskwessies lê veral 'n groot las op openbare gesondheidsorg in lande met lae en middelinkomste, en verminder produktiwiteit. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het erken dat die regering se ingryping nodig is om hierdie gesondheidskwessies aan te spreek. In hierdie konteks is fiskale maatreëls geïdentifiseer as 'n potensieel nuttige hulpmiddel in die regering se pogings om die voorkoms van vetsug en vetsugverwante nie-oordraagbare siektes te verminder. Daar is 'n aantal faktore wat bydra tot die betrokke gesondheidskwessies, insluitend die verhoogde bekostigbaarheid van ongesonde kosprodukte en suikerversooetekoeldranke. Die rede vir belasting op suiker-versoete drankies en ander ongesonde voedselprodukte is dat dit die koste sal verhoog en sodoende ongesonde diëte minder bekostigbaar sal maak. Op hierdie manier word dit gerasionaliseer dat fiskale maatreëls die voedingsgehalte verbeter en tot gesondheidsverbeterings lei. In hierdie konteks word 'n belasting op sekere suiker-versoete drank sedert 1 April 2018 in Suid-Afrika geïmplementeer, met die titel "Belasting op Suikerversoetekoeldranke.” Die verband tussen ongesonde diëte en oormatige suikerverbruik is vasgestel, maar die mate waarin fiskale maatreëls die suikerverbruik verminder en die gesondheidsuitkomste verbeter, is minder duidelik. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verder benadruk dat sulke belastings gepaard moet gaan met ander ingrypings om gesondheidsverbeterings te bevorder. Hierdie tesis bespreek kortliks 'n aantal van hierdie ander intervensies en lewer kommentaar op die ontwikkeling van hierdie intervensies in Suid-Afrika. ‘n Aantal jurisdiksies het fiskale maatreëls ingestel om gesondheidsdoelwitte na te streef, maar dit is gekritiseer. Belasting word hoofsaaklik gebruik vir inkomstegenerering, maar dit kan ook gebruik word om sekere gedrag te ontmoedig, ekonomiese groei te bevorder en om die verdeling van welvaart te bevorder. Hierdie tesis vergelyk die formulering van die Belasting op Suikerversoetekoeldranke met dié van soortgelyke belasting wat in Denemarke, Hongarye, Mexiko, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika geïmplementeer is. Met verwysing na hierdie vergelykende studie, word in hierdie tesis krities gekyk of die huidige formulering van die Belasting op Suikerversoetekoeldranke in ooreenstemming is met die gestelde doelstellings. Die sukses van fiskale maatreëls om verbruik te verminder, word beskou sowel as die moontlike ongewenste uitwerking op die algehele dieetkwaliteit, en ander beleidsdoelstellings vir ekonomiese groei en herverdelingsdoelwitte. Laastens bied hierdie tesis voorstelle oor hoe die formulering van die Belasting op Suikerversoetekoeldranke gewysig kan word, en hoe die ontwikkeling van ander intervensies aangewend moet word om beide die volhoubaarheid van die Belasting op Suikerversoetekoeldranke te verseker en om die gesondheidsdoelwit daarvan te versterk.

Description
Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Public health planning -- South Africa, South African Health Promotion Levy, Health interventions in South Africa, Public health nutrition, Carbonated beverages -- Taxation -Law and legislation, UCTD