Die vereistes vir die vestiging van grondserwitute in die Suid-Afrikaanse reg
Date
1989
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: As the law does not recognise a numerus clausus of praedial servitudes, it is necessary to provide certain criteria with which rights must comply to qualify as praedial servitudes. The purpose of these criteria is to prevent land ownership from becoming excessively encumbered through a proliferation of praedial servitudes. The criteria must, however, be flexible enough to allow the development of new praedial servitudes when the needs of a modern legal system so require. In this dissertation the requirements for the establishment of praedial servitudes in South African law are investigated against the background of their historical development and by means of comparative research. The historical investigation focuses on Roman law, the European Romanists, Roman-Dutch law and Pandectist law. German law and the law of the Netherlands are used for comparative research. Regarding the law of the Netherlands, the treatment of praedial servitudes in both the Burgerlijk Wetboek and the Nieuwe Burgeriijk Wetboek is analysed. As no statutory definition of praedial servitudes exists in South African law, the requirements for establishing praedial servitudes and the application of these requirements, are formulated with reference to case law and legal literature. On the basis of this research it is suggested that there are only three requirements for the establishment of praedial servitudes in South African law:
(i) Two tenements: this requirement provides the basis for praedial servitudes as a legal concept and also effectively distinguishes them from personal servitudes.
(ii) Utilitas (benefit, advantage): this is a positive criterion in that it indicates the required contents of a praedial servitude. It is clear that the elements of vicinitas (vicinity) and perpetua causa (permanent basis) are completely covered by utilitas. They should therefore no longer be treated as separate and independent requirements.
(iii) Passivity: this is a negative requirement in that it indicates what may not be included in the contents of a praedial servitude. Although this requirement is based upon the fundamental distinction between personal and real rights, it should nevertheless still be regarded as a separate requirement for the establishment of praedial servitudes, as it provides a further necessary safeguard against proliferation.
The applicable chapters of the dissertation show that these requirements, as reformulated and elucidated, are indeed suitable to regulate the establishment of praedial servitudes by keeping their contents within defined limits. Furthermore, other modes of regulation are shown to be incapable of fulfilling this basic function. It is also argued, with reference to a number of practical examples, that these requirements are flexible enough to regulate and accommodate new developments in the law of servitudes. However, an amendment to section 63 (1) of the Deeds Registries Act 47 of 1937 is proposed to facilitate the imposition of maintenance duties with real effect on the owners of servient tenements in clearly defined instances, in addition to the servitus oneris ferendi. This amendment can be modelled upon a comparable provision in the German code.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Aangesien daar geen numerus clausus van grondserwitute is nie, moet sekere vereistes vir die vestiging daarvan neergelê word om 'n oorbelasting van eiendomsreg van grond te voorkom. Dié vereistes moet egter steeds soepel genoeg wees om ruimte te laat vir die ontwikkeling van grondserwitute ten einde in nuwe behoeftes van die regsverkeer te voorsien. In hierdie proefskrif word die vereistes vir die vestiging van grondserwitute in die Suid-Afrikaanse reg teen 'n historiese en regsvergelykende agtergrond ondersoek. Die historiese ondersoek konsentreer op die Romeinse reg, die Europese Romanistiese reg, die Romeins-Hollandse reg en die Pandektistereg. Vir die regsvergelykende ondersoek word op die Duitse en Nederlandse reg gefokus. Betreffende die Nederlandse reg, word die hantering van grondserwitute in sowel die Burgerlijk Wetboek as die Nieuwe Burgerlijk Wetboek ondersoek. Die Suid-Afrikaanse reg, anders as die Duitse en Nederlandse reg, bevat geen statutêre omskrywing van grondserwitute en die vereistes daarvoor nie. Dus word telkens in die regsliteratuur en regspraak gesoek na aanknopingspunte vir die inhoud en toepassing van bepaalde vereistes. Aan die hand van die ondersoek wat onderneem is, blyk dit dat daar slegs drie vereistes vir die vestiging van grondserwitute in die Suid-Afrikaanse reg gestel behoort te word: (i) Twee grondstukke: hierdie vereiste vorm die basis van die instelling van grondserwitute en onderskei dit ook doeltreffend van persoonlike serwitute. (ii) Utilitas (nut): hierdie vereiste is positief in die sin dat dit ‘n aanduiding gee van hoedanig die inhoud van ‘n grondserwituut moet wees. Dit is duidelik dat die elemente van vicinitas (nabuurskap) en twee elemente behoort dus nie as afsonderlike en onafhanklike vereistes vir die vestiging van grondserwitute gestel te word nie. (iii) Passiwiteit: hierdie vereiste is negatief in die sin dat dit ‘n aanduiding gee van wat nie die inhoud van ‘n grondserwituut kan wees nie. Al vind hierdie vereiste sy grondslag in die fundamentele onderskeid tussen persoonlike en saaklike regte, behoort dit wel, sunde ‘n bykomende beheermeganisme, as ‘n onaghanklike vereiste vir die verstiging van grondserwitute gestel te word. In die toepaslike hoofstukke word aangetoon dat bogenoemde vereistes, soos opnuut geformuleer en toegelig, wel geskik is om die vestiging van grondserwitute te reguleer deur die inhoud daarvan binne bepaalde grense te hou. Daar word terselfdertyd aangetoon dat sekere alternatiewe beheermeganismes nie hierdie basiese funksie kan vervul nie. Aan die hand van praktiese voorbeelde word verder daarop gewys dat hierdie vereistes soepel genoeg is om ook nuwe ontwikkelinge op die gebied van die serwituutreg te reguleer en te akkommodeer. 'n Wysiging van artikel 63 (1) van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 word egter aan die hand gedoen sodat saaklike instandhoudingsverpligtinge by 'n beperkte kategorie grondserwitute (benewens die servitus oneris ferendi) op die dienende eienaar geplaas kan word. Die wyse waarop hierdie aangeleentheid in die Duitse reg hanteer word, kan as nuttige vergelyking vir die Suid-Afrikaanse reg dien.

Description
Proefskrif (LL. D.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1989.
Keywords
Servitudes, Servitudes -- South Africa, Dissertations -- Law