Kinders in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) konsentrasiekampe : ‘n ondersoek na die moontlike invloed van voeding en belewenis

Date
2017-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis considers the possible long-term effects on children in concentration camps during the Anglo-Boer War (Oct 1899- May 1902). Thousands of children were directly involved: some voluntarily as “Penkoppe” (under-age soldiers); others as prisoners in concentration camps. All wars involve trauma. For children during the Anglo-Boer War it also meant being homeless due to the British “Scorched Earth” campaign. Sociologist Liz Stanley, estimates that 100 000-120 000 people were removed forcibly from their homes before it was destroyed by fire, with the population moved to concentration camps.² The sudden and forced onset of the encampment caused several logistical problems with food, shortages of tents and health, especially during the initial stages of the campaign. The era represented an increasing emphasis on formal military structures and thus exaggerated or over emphasized military show during the moving of prisoners to the camps. British officers regarded the Boers as uneducated and it was evident in their treatment of the latter. This study focuses on children. Children differ from adults in the sense that they are still developing, and do not possess all the protective mechanisms to handle all mental and physical stressors. Normal development requires that certain psychological mechanisms develop during specific time windows. If they do not develop normally, permanent damage occurs. High mortality, loss of home and toys and separation from a parent or parents can have long-term consequences. Incorrect or incomplete nutrition, especially during the critical first thousand days (conception to two years old) similarly could cause permanent irreversible effects. Malnutrition causes long-term effects up to the first five years of growth. This study finds that during their stay in camps, Boer children were affected negatively in several ways, and as a large part of the children from the population were affected by camp stays, the total effect on the Republics was likely significant.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die moontlike langtermyninvloed wat die Anglo-Boereoorlog op kinders, wat tydens die oorlog in konsentrasiekampe was, kon gehad het. Dié oorlog, wat tussen Oktober 1899 en Mei 1902 afgespeel het, verskil van tydgenootlike oorloë deurdat derduisende kinders direk by die oorlog betrokke was – enersyds aktief en vrywillig as Penkoppe (jong seuns wat aan die oorlog deelgeneem het) – andersyds minder vrywillig as inwoners van die konsentrasiekampe. Alhoewel oorloë as sulks traumaties kan wees, was daar vir kinders in die Anglo-Boereoorlog veel meer inbegrepe. Die Verskroeideaardebeleid – soos deur die Britte ingestel – het daartoe gelei dat ‘n groot aantal vroue en kinders dakloos gelaat is. Volgens Liz Stanley, sosioloog wat oor die Anglo-Boereoorlog navorsing gedoen het, is 100 000 – 120 000 mense gewelddadig van hulle plase of dorpe verwyder voordat dit afgebrand is.¹ Hulle is vervolgens na konsentrasiekampe gestuur. Aangesien die konsentrasiekampstelsel aanvanklik nie bepland was nie, was dit ‘n logistieke uitdaging om in die oorlogsgeteisterde republieke ‘n ten volle funksionerende kampstelsel daar te stel. Dit het dikwels gemanifesteer in voedseltekorte, oorbevolkte tente en so meer. Die tydsgees waarin die oorlog afgespeel het, was ook tekenend van ‘n tydperk waarin daar meer klem op professionalisering van militêre leërs geplaas is. Dit het daartoe gelei dat vroue en kinders dikwels met groot vertoon van militêre manlikheid na die kampe begelei is. Die offisiere afkomstig van die Britse Ryk was van mening dat die Boere onopgevoed was. Britse meerderwaardigheid was dikwels sigbaar in die behandeling van vroue en kinders. In hierdie studie word daar spesifiek op die invloed van die oorlog op kinders gefokus. Kinders verskil van volwassenes deurdat hulle nog ontwikkelend is. Hulle beskik gevolglik nie oor dieselfde hanterings- en beskermingsmeganismes as volwassenes nie. Indien daar dus nie aan hulle basiese behoeftes voldoen word nie, kan dit tot gevolg hê dat hulle ontwikkeling hierdeur geraak word. Dit kan in langtermyngevolge manifesteer. Hoë sterftesyfers, die verlies aan tuiste en speelgoed, die tydelike skeiding van vaders en dikwels permanente verlies van geliefdes, kan op kinders wat nie oor die nodige hanteringsmeganismes beskik nie, ‘n groot invloed hê. Vir normale ontwikkeling om te kan plaasvind, moet kinders sekere ontwikkelingstake in spesifieke venstersperiodes afhandel. Indien dit nie gebeur nie, kan dit lewenslange gevolge hê. Wanneer kinders nie toegang tot voldoende voedsel het nie, kan dit hulle ontwikkeling eweneens op die langtermyn beïnvloed. Die eerste duisend dae (vanaf konsepsie tot met tweejarige ouderdom) is ‘n kritiese tydperk wat ontwikkeling aanbetref. Wanvoeding tot op die ouderdom van vyf kan egter steeds ‘n groot invloed op kinders se ontwikkeling hê. Vir optimale ontwikkeling om te kan plaasvind, is basiese voedingstowwe egter nodig. Indien dit nie ingeneem word nie, ontwikkel gebreke. Alhoewel die impak van bogemelde in sommige gevalle omkeerbaar is wanneer die omstandighede verbeter, is dit nie altyd die geval nie. Dit mag dus ‘n blywende invloed hê. In hierdie studie is bevind dat die tydperk wat die kinders in die kampe was, hulle wel op verskeie vlakke kon beïnvloed. Aangesien ‘n groot aantal van die Republieke se kinders wel vir ‘n tydperk in die kampe was, sou hierdie invloed moontlik omvattend kon wees – ook op die toekoms van Suid-Afrika.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
South African War, 1899-1902 -- History, South African War, 1899-1902 -- Concentration camps, South African War, 1899-1902 -- Children -- Nutrition, South African War, 1899-1902 -- Children -- Trauma, UCTD
Citation