Impliseer die wettiging van beeindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie?
Date
2022
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die Roe teen Wade-uitspraak van 1973 het vroeë beëindiging van swangerskap (BVS) in
die VSA grondwetlik geregverdig. Ewe omstrede was die onlangse omkeer daarvan, met
ingrypende sosiaalpolitieke gevolge vir Amerikaanse vroue. Teen hierdie agtergrond, in ’n styl
van Sokratiese herondersoek, dink ek na oor die morele implikasies van min of meer vrye
toegang tot (vroeë) BVS, soos deur die Suid-Afrikaanse Wet 92 van 1996, Wet op Keuse oor
die Beëindiging van Swangerskap, gewettig. Wet 92 impliseer dat die morele status van die
fetus wat vernietig word negeerbaar is, lynreg in botsing met diep intuïsies wat die meerderheid
Suid-Afrikaners hieroor hou.
Hoe moet ’n verantwoordelike persoon dié inherente teenstrydighede vereenselwig?
Daar is twee onverenigbare kampe in hierdie ewig-omstrede morele dilemma: pro-keuse teen
pro-lewe. Ek neem, gegewe die komplekse eise van die tydvak waarin ons lewe, hul argumente
teen en vir BVS opnuut in oënskou.
Die belang van menslikheid en intrinsieke potensialiteit tot verdere ontwikkeling versus
kontekstuele potensialiteit en geregtigheid in voortplanting word teen die agtergrond van die
Suid-Afrikaanse situasie ondersoek: onder andere, die wenslikheid en bekostigbaarheid van
swangerskap, die haglike omstandighede waarin baie Suid-Afrikaanse kinders grootword, die
probleem van tienerswangerskap en die uitwerking van BVS op verpleegpersoneel wat dit
behartig.
Ek argumenteer dat voorgeboortelike morele status ten beste as toenemend parallel aan fetale
ontwikkeling beskou kan word. Hierdie waarde is egter nie absoluut nie, en impliseer nie
noodwendig ’n reg op voortgesette lewe nie. Ek stel voor dat die intrinsieke menslikheid en potensialiteit van elke fetus beoordeel word in wat ek ’n persoonlike “morele balansstaat”
noem. Die enigste redelike afsnypunt waarna BVS gewoonlik onaanvaarbaar sou wees, is die
bereiking van oorleefbaarheid (indien dan gebore), iewers verby die halfpadmerk van swangerskap. Selfs dan is BVS in uitsonderlike gevalle moreel aanvaarbaar. Hierdie gevolgtrekking
laat ’n mate van ongemak, kenmerkend van die afsluiting van ’n morele dilemma.
Description
CITATION: De Roubaix, M. 2022. Impliseer die wettiging van beeindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie? LitNet Akademies, 19(3):514-538, doi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3b14.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Citation
De Roubaix, M. 2022. Impliseer die wettiging van beeindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie? LitNet Akademies, 19(3):514-538, doi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3b14.