Exploring the influence of safety knowledge on employee safety behaviour within the manufacturing industry
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Safety performance is a high priority for South African high-risk industries due to the elevated accident frequency and extreme likelihood of serious injury and death whenever an accident occurs in these industries. The prevalence of and considerable financial and human cost associated with poor safety warrant a deeper understanding of the determinants of poor safety. Safety behaviour is considered one of the key contributing factors to accidents, injuries, near misses and fatalities. This study investigated the influence of safety knowledge on employees’ safety behaviour within the context of other relevant individual human factors. A critical review of the literature on the constructs of interest culminated in the formulation of research hypotheses in addition to the development of a Safety Knowledge-Safety Behaviour structural model. An ex-post facto correlational research design was used, and a convenience sampling technique was chosen to invite research participants to participate in the study. Quantitative data was collected using a self-report questionnaire from a sample of 185 operational workers at a manufacturing organisation based in the Western Cape province of South Africa. Partial Least Squares structural equation modelling was performed to analyse the data collected and to empirically test the theoretical model. The research results indicated support for the majority (11 out of 17) of the hypothesised relationships. The results revealed that acquired safety knowledge can significantly promote safety behaviour directly and indirectly, through other individual human factors. The results were generally consistent with the theory of planned behaviour, upon which the study was theoretically anchored. In particular, the study found that safety behaviour intention influences safety behaviour. Moreover, safety behaviour attitude and perceived control safety behaviour were both found to positively affect safety behaviour intention. The results indicate that workers’ perceived safety knowledge may not translate directly into safety behaviour. Safety behaviour attitude played a key role as a mediator between perceived safety knowledge and safety behaviour intention, indicating an indirect link between perceived safety knowledge and safety behaviour. Even more so, perceived control safety behaviour was identified as a mediator in the association between safety self-efficacy and safety behaviour intention. These results contribute theoretically to the research field regarding the usefulness of individual human factors in the enhancement of employee safety behaviour and, by extension, safety. Practically, the findings provide valuable insight for South African manufacturing organisations, as practitioners could develop interventions targeted at enhancing employee safety behaviours, based on the study’s results and conclusions.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Veiligheidsprestasie is 'n hoe prioriteit vir Suid-Afrikaanse hoerisiko-industriee as gevolg van hoe ongelukfrekwensie sowel as 'n hoe waarskynlikheid van ernstige besering en dood wanneer 'n ongeluk in hierdie bedrywe voorkom. Die voorkoms en aansienlike finansiele en menslike koste verbonde aan swak veiligheid regverdig 'n dieper begrip van die determinante van swak veiligheid. Veiligheidsgedrag word beskou as een van die belangrikste bydraende faktore tot ongelukke, beserings, rakelingse ontkoming en sterftes. Hierdie studie het die invloed van veiligheidskennis op werknemers se veiligheidsgedrag binne die konteks van ander relevante individuele menslike faktore ondersoek. 'n Kritiese oorsig van die literatuur oor die konstrukte van belang het uitgeloop op die formulering van navorsingshipoteses sowel as die ontwikkeling van 'n Veiligheidskennis-veiligheidsgedrag strukturele model. 'n Ex-post facto korrelasionele navorsingsontwerp is gebruik, en 'n geriefsteekproef tegniek is gekies om navorsingsdeelnemers uit te nooi om aan die studie deel te neem. Kwantitatiewe data is ingesamel met behulp van 'n selfverslag vraelys uit 'n steekproef van 185 operasionele werkers van 'n vervaardigingsorganisasie gebaseer in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika. ‘n Gedeeltelike kleinstekwadratemetode is uitgevoer om die data wat ingesamel is te ontleed en om die teoretiese model empiries te toets. Die navorsingsresultate het steun vir die meerderheid (11 uit 17) van die veronderstelde verwantskappe aangedui. Die resultate het bevestig dat veiligheidskennis wat opgedoen is veiligheidsgedrag aansienlik direk en indirek deur ander individuele menslike faktore kan bevorder. Die resultate was oor die algemeen in ooreenstemming met die teorie van beplande gedrag, waarop die studie teoreties geanker was. Die studie het veral bevind dat veiligheidsgedrag voornemens veiligheidsgedrag beinvloed. Bydraend is gevind dat ‘n veiligheidsgedrag houding en waargenome gedragsbeheer albei die voornemens van veiligheidsgedrag positief beinvloed. Die resultate dui daarop dat werkers se waargenome veiligheidskennis dalk nie direk veiligheidsgedrag direk bevorder nie. Veiligheidsgedrag het 'n sleutelrol gespeel as 'n bemiddelaar tussen waargenome veiligheidskennis en veiligheidsgedrag voornemens, wat 'n indirekte verband tussen waargenome veiligheidskennis en veiligheidsgedrag aandui. Verder is waargenome beheer van veiligheidsgedrag geidentifiseer as 'n bemiddelaar in die verband tussen veiligheid selfdoeltreffendheid en veiligheidsgedrag voornemens. Hierdie resultate het teoreties bygedra tot die navorsingsveld met betrekking tot die bruikbaarheid van individuele menslike faktore in die verbetering van werknemers se veiligheidsgedrag en gevolglik tot veiligheid. Prakties bied die bevindinge waardevolle insig vir Suid-Afrikaanse vervaardigings organisasies, aangesien praktisyns intervensies kan ontwikkel wat daarop gemik is om werknemers se veiligheidsgedrag te verbeter, gebaseer op die resultate en gevolgtrekkings van die studie.

Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2024.