n Standaardstelling en metingskriteria vir arbeidsterapie-werkbepalingsareas
Date
2002-12
Authors
Beukes, Susanna
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The rights of people with disabilities to equal opportunities for employment is acknowledged
on a national and international level. A key area whereby this can be addressed is through
effective vocational rehabilitation programmes in occupational therapy.
The delivery of high quality health care services is an important issue for the consumer and
government within the health arena. This implies that standards have to be developed for
the various services. The standards will serve the purpose of activating quality assurance
and quality improvement processes in all health care services.
Vocational rehabilitation of people with disabilities and the emphasis that is placed on good
quality care, resulted in the question: "How can occupational therapists ensure that they will
deliver a good quality service in a vocational assessment area?". The question is posed
specifically in terms of the assessment of a person's work abilities, as this step is viewed as
most important in the vocational rehabilitation process. The step(s) that follow will be
determined by the results obtained from the assessment.
The purpose of the study is to identify a standard statement and generic measurement
criteria that will be used to set the standards for Structure, Process and Outcome for
vocational assessment areas.
The establishment of measurement criteria is viewed as a starting point in the quality
assurance cycle. The results of the study will initiate quality assurance and quality
improvement in vocational assessment areas.
Although the role of the occupational therapist is clearly delineated regarding vocational
rehabilitation and the importance of the occupational therapy contribution recognised in this
regard, could no information pertaining to standards and measurement criteria for work
assessment areas be identified through a literature study.
It was therefore decided to develop a standard statement and measurement criteria
according to the Donabedian Model of Structure, Process and Outcome for vocational
assessment areas in South Africa. Occupational therapists with at least one year experience
of vocational rehabilitation of patients were requested to rate the proposed standard
statements and measurement criteria. A survey method (adapted Delphi method) was used
whereby the participants had to rate the proposed standard statements and measurement
criteria on a four-point scale. The results obtained were used to draw up a standard
statement and measurement criteria to ensure that quality assurance and quality
improvement will become a reality in vocational assessment areas in South Africa.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die regte van persone met gestremdhede tot gelyke indiensneming word op nasionale en internasionale vlak erken. Die aanbieding van effektiewe werkrehabilitasieprogramme deur arbeidsterapeute is een van die belangrikste wyses waarop die situasie aangespreek kan word. Die lewering van hoë gehalte gesondheidsdienste word toenemend deur die verbruikers en die staat vereis. Dit impliseer dat standaarde vir die dienste vasgestel moet word om gehalteverbetering en gehalteversekering in gesondheidsdienste te vestig. Werkrehabilitasie van persone met gestremdhede en die kwessie van hoë gehalte dienste het die volgende vraag laat ontstaan: "Hoe kan die arbeidsterapeut verseker dat 'n hoë gehalte diens in 'n werkbepalingsarea gelewer word?". Die vraag handel spesifiek oor die bepaling van 'n persoon se werkvermoëns aangesien dié stap as baie belangrik binne die werkrehabilitasieprogram beskou word. Die stap(pe) wat hierna sal volg, salop besluit word na aanleiding van die resultate van die bepaling. Die doel van die studie is om 'n standaardstelling en generiese metingskriteria volgens Donabedian se model te identifiseer om die standaarde vir die Struktuur, Proses en Uitkoms van werkbepalingsareas in Suid-Afrika daar te stel. Die bogenoemde metingskriteria sal dit moontlik maak om die gehalteversekeringsiklus te inisieër. Gehalteversekering en gehalteverbeteringsaksies sal as gevolg hiervan in werkbepalingsareas kan plaasvind. Ten spyte van die feit dat die rol van die arbeidsterapeut in werkrehabilitasie duidelik uiteengesit is en die belang daarvan erken word, kon geen inligting oor 'n standaardstelling en metingskriteria vir werkbepalingsareas in die literatuur gevind word nie. Arbeidsterapeute met minstens een jaar ondervinding van werkrehabilitasie van pasiënte het hulle menings ten opsigte van 'n standaardstelling en metingskriteria uitgespreek. 'n Opname metode (gewysigde Delphi metode) is gebruik en deelnemers het op 'n vierpuntskaal hul voorkeure ten opsigte van 'n standaardstelling en metingskriteria aangedui. Die resultate wat op dié wyse bekom is, is gebruik om 'n finale standaardstelling en voorkeur metingskriteria voor te stel. Die gebruik hiervan in werkbepalingsareas sal daartoe lei dat gehalteversekering en gehalteverbetering in dié areas in Suid-Afrika tot uitvoer gebring sal word.

Description
Thesis (MOccTher)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Occupational therapy, Vocational rehabilitation, Dissertations -- Occupational therapy, Theses -- Occupational therapy