Upsetting the applecart : government and food control in the Union of South Africa during World War II c. 1939-1948
Date
2014-04
Authors
Albertyn, Yolandi
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis attempts to evaluate the influence of the Second World War on the South African
food position in the years 1939 to 1948 by studying a selection of specific foodstuffs and
their availability on domestic markets during the war. The food control measures which were
implemented were in a unique South African wartime context where both surpluses and
shortages had developed, and the effectiveness of the implementation of these controls is
evaluated. In regard to the surpluses of certain foodstuffs, the effect of relevant controls on
new industrial development is discussed. The impact of public opinion on the Government’s
agricultural policy during the war is also assessed, and account is taken of how this impacted
on the decision not to implement a formal system of rationing, despite the severe shortages of
specific foodstuffs. Leading on from this, it is important to the argument to acknowledge the
racially segregationist policies of South Africa, and thus a part of this story will discuss the
various reasons why a conventional rationing system would not have worked in the wartime
context of the Union.
This research seeks to open up a new vantage point from which to view the political position
of South Africa after 1939 as its legislature and war policies reflected the country’s prevailing
complexities in subtle ways. It was politics which largely determined the extent of food
control and the agricultural policy which was followed. In exploring this, press coverage of
the food control measures is utilised, as well as the use of austerity campaigns in mass
publicity. These sources present a distinctive view of public opinion in political life and thus
provide an atmospheric understanding of the national mood at a major point in history. Furthermore, the coverage of food campaigns illuminates ways in which food control and the
acceptance of those measures were promoted in order to encourage compliance and
participation by consumers. Of equal relevance was the position of agriculture as support for
the Union war effort and the imposition of food controls as a catalyst for resistance by
consumers. Discussion of these themes provide further understanding of the underlying
tensions which were given impetus by the stresses of war and restrictions on commodities on
the home front.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis fokus daarop om ondersoek in te stel na die invloed wat die Tweede Wêreldoorlog op die Suid-Afrikaanse voedselsituasie gedurende die jare 1939 tot 1948 gehad het. Dit word gedoen deur te kyk na ’n aantal spesifieke voedselsoorte en hul beskikbaarheid op die plaaslike mark. Die voedselbeheermaatreëls wat geimplimenteer is, was uniek binne die konteks van Suid-Afrika tydens die oorlog aangesien daar beide ’n oorvloed van en ’n tekort aan sekere voedelsoorte was. Die effektiwiteit van die implementering van hierdie voedselbeheermaatreëls word gevolglik bepaal. Waar daar sekere voedselsoorte in oorvloed was, word daar ook gekyk na hoe die maatreëls van die regering nuwe industriële ontwikkelling waarin hierdie voedsel gebruik word van stapel gestuur het. Die invloed van openbare opinie op die regering se landboubeleid gedurende hierdie tyd word ook geassesseer, met klem wat geplaas word op hoe hierdie diskoers die regering genoop het om, ten spyte van ernstige voedseltekorte, van ’n formele rasioneringstelsel afstand te doen. Die Suid-Afrikaanse rassesegregasiebeleide is uiteraard ook hiermee verweef en vorm daarom deel van die argument oor waarom ’n konvensionele rasioneringstelsel waarskynlik nie in die Unie binne ’n oorlogskonteks sou werk nie. Die navorsing is daarop gerig om die politieke landskap van post-1939 Suid-Afrika vanuit ’n nuwe hoek te beskou, aangesien wetgewing en oorlogsbeleide die land se politieke kompleksiteite op subtiele maniere geaffekteer het. Politiek was ’n enorme oorweging in die ontwikkeling van voedselbeheermaatreëls en die landboubeleide wat daarna gevolg is. Dit word verder ondersoek deur te let op hoe koerante van daardie tyd die maatreëls benader het en hoe besparingsveldtogte deur die massa media versprei is. Hierdie bronne bied ’n unieke blik op die openbare opinie rakende die Suid-Afrikaanse politieke landskap en gee dus ’n indruk van die heersende nasionale gemoed gedurende hierdie belangrike tydperk. Verder belig die mediadekking oor voedselveldtogte in hoeverre die Suid-Afrikaanse publiek voedselbeheermaatreëls aanvaar en ondersteun het, sowel as die maniere waarop die publiek aangemoedig is om tot hierdie pogings by te dra. Eweveel van belang was die posisie wat landbou beklee het as ondersteunende maatreël in die Unie se oorlogspoging. Terselfdertyd het die voedselbeheermaatreëls ook ’n weerstandsbeweging onder sekere gebruikers ontketen. Deur na al hierdie temas te kyk, word dit duidelik dat die streng beperkings wat daar op sekere voedselprodukte geplaas is ook die onderliggende spanning wat daar reeds op ’n politieke front was verder op die spits gedryf het.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2014.
Keywords
World War, 1939-1945 -- Food supply -- South Africa, Dissertations -- History, Theses -- History, UCTD