The relationship between share repurchases and share-based remuneration of executive directors of South African listed companies
Date
2020-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Increasingly, researchers are associating the exponential growth in worldwide share repurchases with a desire by executives to increase the share price (and possibly the earnings per share figure). Increasing the share price financially benefits executives if they have been granted share-based remuneration. Executive share-based remuneration inherently increases in value as the share price increases. Moreover, the vesting of executive share-based remuneration is most often conditional upon the share price or earnings per share, or both, reaching a certain pre-determined target.
The statistical relationship between variables measuring share repurchases and executive share-based remuneration has been studied in other countries. In developed countries, a positive relationship has been found between share repurchases and executive share-based remuneration – pointing to the possibility that executives could possibly be utilising share repurchases to increase the value of their own share-based remuneration. Prior to the present study, this ethical dilemma had not been researched in South Africa, mainly owing to the lack of comprehensive data on both share repurchases and executive share-based remuneration (no public financial database keeps comprehensive record thereof). However, it is critical that this matter is addressed in South Africa, given the high levels of income-inequality existing here – which makes this research important from a social justice point of view. To bridge this knowledge gap, the research aim of the present study was to determine the relationship between share repurchases and executive share-based remuneration for South African listed companies during the 2002–2017 period.
Data on both share repurchases and executive share-based remuneration were collected by using the IRESS financial database and the information disclosed in companies’ annual financial statements. In the process, a comprehensive database on both variables of interest was constructed – the first major contribution of the present study. To reach the aim of the present study, regression analyses which statistically quantified the relationship between the two variables were executed. As was expected, based on the findings of previous studies in other countries, a positive relationship was found between share repurchases and executive share-based remuneration (especially as measured by the number of instruments exercised during the year). This finding provides evidence that South African executives may be executing share repurchases in a bid to increase the value of their own share-based remuneration, rather than to maximise long-term shareholder value. To counteract this possibility, regulators should require improved disclosure of share repurchases, as well as the potential effect thereof on executive share-based remuneration, in the annual financial statements or integrated report.
It was also found that a large, and increasing, percentage of general (open market) share repurchases is not announced. This leads to a lack of transparency regarding share repurchase activity in South Africa and could increase the risk of executives primarily using share repurchases to enrich themselves. It is recommended that the Johannesburg Stock Exchange requires all share repurchase activity to be announced in real time, in line with other global stock exchanges. This will improve the transparency of share repurchases and allow stakeholders to actively monitor share repurchases.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Navorsers assosieer toenemend die eksponensiële groei in wêreldwye aandeelterugkope met ʼn poging deur uitvoerende direkteure om die aandeelprys (en moontlik die verdienste per aandeel syfer) te verbeter. ʼn Toename in die aandeelprys is finansieel voordelig vir direkteure indien hulle vergoed word by wyse van aandeelgebaseerde vergoeding. Die inherente waarde van direkteure se aandeelgebaseerde vergoeding verhoog namate die aandeelprys toeneem. Hiernaas is die vestiging van direkteure se aandeelgebaseerde vergoeding dikwels onderhewig aan bepalings dat die aandeelprys of verdienste per aandeel, of beide, ʼn sekere voorafbepaalde teiken moet bereik. Die statistiese verwantskap tussen veranderlikes wat aandeelterugkope en aandeelgebaseerde vergoeding bepaal, is reeds in ander lande bestudeer. In ontwikkelde lande, is ʼn positiewe verwantskap tussen aandeelterugkope en aandeelgebaseerde vergoeding gevind – wat beklemtoon dat direkteure moontlik aandeelterugkope gebruik om die waarde van hul eie aandeelgebaseerde vergoeding te verhoog. Voor die teenswoordige studie, is hierdie etiese dilemma nog nie in Suid-Afrika bestudeer nie, meestal as gevolg van ʼn gebrek aan omvattende publieke data oor beide die aandeelterugkope en die aandeelgebaseerde vergoeding van uitvoerende direkteure (geen finansiële databasis bevat omvattende inligting daaroor nie). Maar, dit is krities dat hierdie saak aangespreek word in Suid-Afrika, gegewe die hoë vlakke van inkomste-ongelykheid wat hier heers – wat hierdie navorsing belangrik maak vanuit ʼn sosiale geregtigheidsperspektief. Om hierdie kennisgaping aan te spreek, is die navorsingsdoelwit van die huidige studie om die verwantskap tussen aandeelterugkope en die aandeelgebaseerde vergoeding van uitvoerende direkteure te bepaal vir genoteerde Suid-Afrikaanse maatskappye gedurende die 2002–2017 periode. Data rakende beide aandeelterugkope en aandeelgebaseerde vergoeding is versamel met behulp van die IRESS finansiële databasis en die openbaarmaking soos verskaf in die finansiële jaarstate van maatskappye. In die proses is ʼn omvattende databasis oor beide veranderlikes van belang opgestel – die eerste beduidende bydrae van die huidige studie. Om die navorsingsdoelwit van die huidige studie te bereik, is ʼn aantal regressie ontledings gedoen ten einde die statistiese verwantskap tussen die twee veranderlikes te kwantifiseer. Soos verwag, gebaseer op vorige studies in ander lande, is ʼn positiewe verwantskap gevind tussen aandeelterugkope en die aandeelgebaseerde vergoeding van uitvoerende direkteure (veral in terme van die aantal instrumente uitgeoefen gedurende die jaar). Hierdie bevinding verskaf getuienis wat aandui dat Suid-Afrikaanse uitvoerende direkteure moontlik aandeelterugkope uitvoer in ʼn poging om die waarde van hul eie aandeelgebaseerde vergoeding te verhoog, eerder as die lang-termyn aandeelhouerswaarde te maksimeer. Om hierdie moontlikheid teen te werk, word aanbeveel dat reguleerders verbeterde openbaarmaking in die finansiële jaarstate of geïntegreerde verslag aangaande aandeelterugkope en die potensiële effek wat dit op aandeelgebaseerde vergoeding het, behoort te vereis. Daar is ook bevind dat ʼn groot, en steeds toenemende, persentasie van algemene (ope-mark) aandeelterugkope nie aangekondig word nie. Dit lei tot ʼn gebrek aan deursigtigheid met betrekking tot aandeelterugkope in Suid-Afrika en kan die risiko verhoog dat uitvoerende direkteure aandeelterugkope misbruik om hulself te verryk. Dit word gevolglik aanbeveel dat die Johannesburgse Effektebeurs van maatskappye vereis om alle aandeelterugkope onmiddellik aan te kondig, in lyn net oorsese aandelebeurse. Sodanige maatreël sal die deursigtigheid van aandeelterugkope verbeter en belanghebbendes toelaat om aandeelterugkope aktief te monitor.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Directors of corporations -- Salaries, etc. -- South Africa, Stock repurchasing -- South Africa, Stocks -- Rate of return -- South Africa, Managerial power theory, UCTD