Suid-Afrika en die beslegtiging van gewapende konflik in Afrika sedert 1994

Date
2002
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Faculty of the Humanities, University of the Free State
Abstract
Die verstaan van die anatomie van konflik is essensieël vir enige poging om neem van die oorsake, verloop en wyses van beëindiging van konflikte, alvorens betekenisvol betrokke geraak kan word in die oplossing van konflikte in Afrika. Die grondslag van Suid-Afrika se betrokkenheid by konflikoplossing is sy buitelandse- en binnelandse beleide, asook die strewe om Suid-Afrika se betrokkenheid by konflikoplossing in Afrika te versoen met die strewes van streeks- en internasionale organisasies in hierdie verband. Tot op hede is Suid-Afrika se betrokkenheid gekenmerk deur neutraliteit en ’n klem op diplomatieke oplossings, asook deur oud-president Mandela se verpersoonliking van sodanige diplomatieke strewes en ’n vermyding van hoërisiko-vredesoperasies.

Description
CITATION: Esterhuyse, A. 2002. Suid-Afrika en die beslegtiging van gewapende konflik in Afrika sedert 1994. Acta Academica, 34(1), doi:10.38140/aa.v34i1.670.
The original publication is available at https://journals.ufs.ac.za
Keywords
Citation
Esterhuyse, A. 2002. Suid-Afrika en die beslegtiging van gewapende konflik in Afrika sedert 1994. Acta Academica, 34(1), doi:10.38140/aa.v34i1.670.