Die herstandaardisering van Afrikaans : 'n praktiese benadering met die AWS as gevallestudie
Date
2012-12
Authors
Odendaal, Beatrix Gertruida
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study comprises an investigation into the restandardisation of Afrikaans. Since the 1980s,
there have been various calls from the Afrikaans speech community for the democratisation of
Afrikaans by making it representative of the whole Afrikaans speech community. Despite these
calls for the restandardisation of Afrikaans, a matter which has been brought to the fore in recent
years, there are still no real theoretically-based and practical suggestions for such a project. The
practical approach to the restandardisation of Afrikaans suggested in this study, with a specific
focus on the restandardisation of the orthography of Afrikaans, informs the suggestion of a model
by which such a planned restandardisation programme for Afrikaans could be carried out. This is
done based on existing theories of standardisation and restandardisation, as well as a thorough
investigation into the history of the standardisation of Afrikaans in order to determine the reasons
underlying this need for its restandardisation.
Firstly, relevant theories of standardisation are considered in order to determine which aspects of
language standardisation give rise to restandardisation and play the most important role in it. The
history of the standardisation of Afrikaans is also considered, in order to indicate the factors which
gave rise to the calls for the restandardisation of Afrikaans. The world-wide phenomenon of destandardisation
– an increasing trend by which the validity of standardised languages is called into
question – is subsequently considered. Following this, restandardisation is considered in greater
detail. Although the term is used widely, there are not yet thorough theoretical descriptions of the
nature of the process itself. Therefore, this study provides a theoretical consideration of what
restandardisation comprises. An investigation into various examples of attempts at the restandardisation
of languages in South Africa, Africa, and the rest of the world serves as a backdrop
against which the need for the restandardisation of Afrikaans is discussed.
The standardisation of the orthography of Afrikaans, as outlined in the ten issues of the Afrikaanse
woordelys en spelreëls (“Afrikaans word list and spelling rules”) which have been published to
date, is the next research focus. The purpose of this critical evaluation of the primary source for
orthographic standardisation of Afrikaans is to point out the weaknesses in the current
standardisation process which necessitate a new approach to the standardisation of Afrikaans (and
by extension, its restandardisation).
Finally, a model is presented for the restandardisation of the orthography of Afrikaans, but also
Afrikaans as a whole, based on various theoretical and practical considerations contained in the
study.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word die herstandaardisering van Afrikaans onder die loep geneem. Dit word gedoen teen die agtergrond van verskeie oproepe vanuit die Afrikaanse spraakgemeenskap sedert die 1980’s om Standaardafrikaans te demokratiseer deur dit verteenwoordigend te maak van die totale Afrikaanse spraakgemeenskap. Ten spyte van hierdie oproepe om die herstandaardisering van Afrikaans wat in die afgelope aantal jare op die spits gedryf is, ontbreek daar egter nog teoreties gefundeerde, praktiese voorstelle vir hoe so ’n herstandaardiseringsprojek daar sal uitsien. Hierdie studie verteenwoordig ’n praktiese benadering tot die herstandaardisering van Afrikaans, met ’n besondere fokus op die herstandaardisering van die Afrikaanse ortografie, deur ’n model daar te stel waarvolgens so ’n beoogde herstandaardiseringsprogram vir Afrikaans kan geskied. Dit word gedoen aan die hand van bestaande standaardiserings- en herstandaardiseringsteorie en ’n grondige ondersoek na die standaardiseringsgeskiedenis van Afrikaans ten einde te bepaal wat aanleiding gegee het tot hierdie herstandaardiseringstrewe in Afrikaans. Eerstens word daar gekyk na relevante standaardiseringsteorieë ten einde die belangrikste aspekte van taalstandaardisering te belig wat ’n rol speel in en aanleiding gee tot herstandaardisering. Die standaardiseringsgeskiedenis van Afrikaans word ook in oënskou geneem om te dui op die aspekte wat aanleiding gegee het tot die oproepe om die herstandaardisering van Afrikaans. Vervolgens word daar na die wêreldwye tendens van destandaardisering gekyk waardeur die geldigheid van standaardtale toenemend bevraagteken word. Hierna word herstandaardisering van nader beskou. Alhoewel die term reeds wyd gebruik word, bestaan daar nog nie diepgaande teoretiese beskrywings oor die aard van hierdie proses nie. Daar word dus vervolgens teoreties besin oor wat herstandaardisering behels. Verskeie voorbeelde van pogings tot die herstandaardisering van tale in Suid-Afrika, Afrika, en die res van die wêreld word ondersoek, waarna die redes vir ’n behoefte aan die herstandaardisering van Afrikaans uiteengesit word. Die standaardisering van die Afrikaanse ortografie, soos uiteengesit in die tien uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls wat tot op hede verskyn het, kom volgende as navorsingsfokus aan bod. Die doel van hierdie kritiese evaluering van die primêre ortografiese standaardiseringsbron van Afrikaans is om te dui op die swakplekke in die huidige standaardiseringsproses wat ’n nuwe benadering tot die standaardisering van Afrikaans (dus die herstandaardisering van Afrikaans) noodsaak. Ten slotte word ’n model vir die herstandaardisering van die Afrikaanse ortografie, maar ook Afrikaans in geheel, voorgestel aan die hand van verskeie teoretiese en praktiese oorwegings soos in die loop van die studie uiteengesit.

Description
Keywords
Afrikaans language -- Orthography and spelling, Dissertations -- Afrikaans language, Theses -- Afrikaans language, Afrikaans language -- Glossaries, vocabularies, etc., Afrikaanse woordelys en spelreels