The continued relevance of the mandament van spolie : recent developments relating to dispossession and eviction
Date
2013
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Ten spyte daarvan dat artikel 26(3) van die Grondwet die uitsetting van
persone in die afwesigheid van ’n hofbevel verbied, het drie onlangse
hofsake aangedui dat sulke uitsettings steeds plaasvind. Hoewel verskeie
opsies vir die applikante (staatsorgane) beskikbaar was om persone uit
geboue en skuilings te verwyder, (nood-, gesondheids- en rampmaatreëls
en die Uitsettingswet 19 van 1998), is uitsetting in die gevalle onder
bespreking effektiewelik bewerk deur spoliasie – van die gebou of skuiling
as ’n geheel of van elemente wat integraal tot die skuiling was (ontneming
van dakplate). Om besitsherstel te bewerkstellig (en uitsetting om te keer),
is die mandament van spolie deur die respondente geopper. Hoewel die
feite en omstandighede soortgelyk (maar nie identies nie) was, is die
uitsprake taamlik uiteenlopend. In twee van die drie sake was die
mandament onsuksesvol en is ’n grondwetlike besitsherstelremedie
ontwikkel. In die derde geval was die mandament inderdaad suksesvol,
hoewel die dakplate met plaasvervangende materiaal herstel moes word.
Die bydrae ontleed die drie sake in die lig van (a) die basiese beginsels van
die mandament en die redes vir die remedie in die algemeen; en (b) die
noodsaaklikheid (al dan nie) om die remedie te ontwikkel. Dit wil
voorkom of die mandament toenemend aangewend word om ander
oogmerke, byvoorbeeld grondwetlike beskerming teen uitsetting, te
bereik. Dit is problematies in die lig daarvan dat die mandament nooit
beoog het om substantiewe regte of, soos in hierdie gevalle, veilige
grondbeheer (“secure tenure”) daar te stel nie. Wat egter duidelik na vore
kom, is dat (a) die Uitsettingswet nie persone beskerm wat in dieselfde
posisie as die respondente is nie omdat die Wet te reaktief is; en (b) dat
die mandament steeds relevansie het deurdat alle rolspelers gedwing om
aan ʼn formele proses wat by ʼn openbare forum afspeel, deel te neem.
Solank as wat die leemtes in die Uitsettingswet voortbestaan, is die
mandament relevant, nie net as besitsherstelremedie nie, maar ook as
meganisme om die belange van kwesbares – veral by onwettige uitsetting
– uit te lig.
Description
CITATION: Boggenpoel, Z. & Pienaar, J. 2013. The continued relevance of the mandament van spolie : recent developments relating to dispossession and eviction. De Jure, 46(4):998-1021.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
Keywords
Eviction -- South Africa, Spoliation mandate, Possession (Law) -- South Africa
Citation
Boggenpoel, Z. & Pienaar, J. 2013. The continued relevance of the mandament van spolie : recent developments relating to dispossession and eviction. De Jure, 46(4):998-1021