The effect of long-term tillage practices on selected soil properties in the Swartland wheat production area of the Western Cape
Date
2013-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The effect of long-term tillage on basic soil properties with respect to sustainability was investigated in this dissertation. Over the last three decades soil conservation has become an important prerequisite for sustainable agriculture. The primary aim of this study was to evaluate the effect of different tillage practices on the physical and some of the chemical properties of soil after 37 years of continuous application.
This study was conducted on the Langgewens experimental farm, 18 km north of Malmesbury in the Western Cape. The experiment was initiated in 1975 on a Glenrosa (Haploxeralf) soil form with a gravelly sandy-loam texture. It was treated with four main tillage methods, namely conventional, tine, minimum and no-tillage. Important basic soil properties studied were the electrical conductivity (EC) and total carbon percentage, water stable aggregate percentage, bulk density and hydraulic conductivity. Most of the properties were analysed for the 0-100 mm and 100-200 mm depths. Seasonal bulk density variation for the 0-100 mm soil depth was determined by a Troxler surface gamma-neutron meter for in situ measurement. ANOVA’s and Tukey’s LSD posthoc tests were computed to assess whether significant statistical differences existed between tillage treatments.
No-tillage proved to be beneficial in terms of salinity and had the lowest electrical conductivity, indicating that salts leeched out of the profile. Total carbon content was in general very low and in the 0-100 mm soil depth it decreased in the order of: no (0.92%), minimum (0.86%), tine (0.83%) and conventional tillage (0.51%). Aggregate stability was significantly the lowest under conventional (47.82%) and tine tillage (45.02%) compared to minimum (61.43%) and no-tillage (78.40%) at 0-100 mm depth. This can be explained by the relatively low amount of total carbon in the soil combined with the tillage intensity. The same trend was observed for the 100-200 mm depth. Significant correlation between total carbon content and aggregate stability for the 0-100 mm confirmed that an increase in total carbon in the soil would lead to an increase in aggregate stability. Significant, increased aggregate stability under the no-tillage treatment would therefore indicate that there may be some stable structure present in the soil. Seasonal bulk density variation was the lowest in no-tillage, which supports the manifestations of stable soil structure. More intensive tillage treatments such as conventional and tine tillage initially showed lower bulk densities, but only for the first month. Thereafter it increased to significantly higher values as the season progressed. This was mainly as a result of hardsetting of the soil which is driven by natural processes and rainfall. It is also due to the sandy loam texture that is particularly prone to compaction. Hydraulic conductivity studied for conventional and no-tillage showed significant differences. No-tillage (41 mm.h-1) showed a noticeably higher conductivity, which remained constant compared to conventional tillage (20 mm.h-1) that decreased over time. The main reasons for this increased hydraulic conductivity under no-tillage was higher water stable aggregates and lower bulk density.
In the long term no-tillage thus stimulated structure formation of a Glenrosa soil form that significantly improved soil properties studied. These properties may influence processes such as water infiltration, water storage, run-off and drainage positively, due to soil property interaction. No-tillage, in terms of sustainability, quantified by the soil properties studied, thus proved to be superior compared to conventional and tine tillage but to a lesser extent if compared to minimum tillage.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word die effek van langtermynbewerking op basiese grondeienskappe met betrekking tot volhoubaarheid ondersoek. Oor die afgelope drie dekades het grondbewaring ‘n belangrike aspek in landbou geword, ten einde volhoubaarheid te verseker. Die primêre doel van hierdie studie was om die effek van verskillende bewerkingspraktyke op die fisiese en chemiese eienskappe van grond na 37 jaar van deurlopende bewerking te ondersoek. Die studie is uitgevoer op die Langgewens eksperimentele plaas, 18 km noord van Malmesbury in die Wes-Kaap. Die eksperiment is in 1975 geïnisieer op 'n Glenrosa (Haploxeralf) grondvorm met ʼn klipperige sandleem-tekstuur. Dit bestaan uit vier hoof-bewerkingsbehandelings, naamlik konvensionele, tand-, minimum en geenbewerking. Belangrike basiese grondeienskappe wat bestudeer is, is die elektriese geleidingsvermoë (EG) en die totale persentasie koolstof, persentasie waterstabiele aggregate, bulkdigtheid en hidrouliese geleiding. Die meeste van die eienskappe is ontleed op die 0-100 mm en 100-200 mm diepte. Seisoenale bulkdigtheidsvariasie vir die 0-100 mm gronddiepte is bepaal deur 'n Troxler oppervlak gamma-neutron meter deur middel van in situ meting. ANOVA en Tukey se LSD posthoc-toetse is bereken om te bepaal of daar statisties-beduidende verskille tussen die bewerkingsmetodes is. Geenbewerking het geblyk voordelig te wees in terme van die soutgehalte en het die laagste elektriese geleidingsvermoë gehad, wat daarop dui dat die soute uit die profiel loog. Die totale koolstofinhoud was oor die algemeen baie laag en in die 0-100 mm gronddiepte het dit afgeneem in die volgorde geen- (0.92%), minimum- (0.86%), tand- (0.83%) en konvensionele bewerking (0.51%). Aggregaatstabiliteit was betekenisvol die laagste onder konvensionele (47.82%) en tandbewerking (45.02%) in vergelyking met die minimum (61.43%) en geenbewerking (78.40%) by die 0-100 mm diepte en kan verduidelik word deur die relatief lae totale koolstofinhoud in die grond gekombineer met die bewerkings-intensiteit. Dieselfde tendens is waargeneem vir die 100-200 mm diepte. ‘n Beduidende korrelasie tussen totale koolstofinhoud en aggregaatstabiliteit is vir die 0-100 mm diepte gevind en dit bevestig dat 'n toename in totale koolstof in die grond sal lei tot 'n toename in aggregaatstabiliteit. Betekenisvolle verhoogde aggregaatstabiliteit onder die geenbewerking-behandeling sal dus aandui dat die grond 'n meer stabiele struktuur vertoon. Seisoenale bulkdigtsheidsvariasie was die laagste in geenbewerking en ondersteun die manifestasies van 'n stabiele grondstruktuur. Meer intensiewe bewerkingsbehandelings, konvensionele en tandbewerking het vir die eerste maand ‘n laer bulkdigtheid getoon, waarna dit tot aansienlik hoër waardes gestyg het soos die seisoen verloop het. Dit was hoofsaaklik as gevolg van grondkonsolidering wat gedryf word deur natuurlike prosesse soos reënval en ook as gevolg van die sandleemtekstuur wat veral geneig is tot verdigting. Hidrouliese geleiding is bestudeer vir konvensionele en geenbewerking en het beduidende verskille getoon. Geenbewerking (41 mm.h-1) het 'n merkbare hoër geleidingsvermoë gehad wat konstant gebly het, in vergelyking met konvensionele bewerking (20 mm.h-1) wat met die verloop van tyd afgeneem het. Die vernaamste redes vir hierdie verhoogde hidrouliese geleiding onder geenbewerking is hoër waterstabiele aggregate en ‘n laer bulkdigtheid. Op die langtermyn het geenbewerking dus struktuurvorming van 'n Glenrosa-grondvorm gestimuleer, wat die grondeienskappe wat bestudeer is, aansienlik verbeter het. Hierdie eienskappe kan prosesse soos waterinfiltrasie, waterretensie, -afloop en -dreinering positief beïnvloed as gevolg van grondeienskapinteraksie. Geenbewerking, in terme van volhoubaarheid, gekwantifiseer deur die grondeienskappe wat bestudeer is, is dus bewys as superieur in vergelyking met konvensionele en tandbewerking, maar tot 'n mindere mate in vergelyking met minimumbewerking.

Description
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Soil tillage, Soil ecology, Wheat -- Soils, Theses -- Agriculture, Dissertations -- Agriculture