'n Post-koloniale vertaling van Vergilius se Eclogae: "In alle dele van die land is sulke onrus!"
dc.contributor.advisor | De Villiers, Annemarie | en_ZA |
dc.contributor.author | Viljoen, Shani Claudia | en_ZA |
dc.date.accessioned | 2021-03-02T10:55:11Z | |
dc.date.accessioned | 2021-04-21T14:37:13Z | |
dc.date.available | 2021-03-02T10:55:11Z | |
dc.date.available | 2021-04-21T14:37:13Z | |
dc.date.issued | 2021-03 | |
dc.description | Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2021. | en_ZA |
dc.description.abstract | AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om ʼn hedendaagse vertaling van Vergilius se Eclogae in Afrikaans te skep. Met die koms van demokrasie het die Suid-Afrikaanse samelewing vanselfsprekend handomkeer verander. Sedertdien het daar op sosiale, sowel as politieke vlak, integrasie plaasgevind om ʼn demokratiese Suid-Afrika te vorm. As ʼn byproduk van hierdie sosiale integrasie het die manier waarop Suid-Afrikaners hulself uitdruk, veral rondom emosies soos verlies en vrees, ook verander. Daar bestaan daarom ʼn vraag vir post-1994 vertaling; ʼn vertaling aktief besig om aan die post-1994 literêre landskap te skaaf, en terselfdertyd ʼn produk van daardie landskap self. Vergilius se Eclogae verskaf die ideale bronmateriaal vir ʼn hedendaagse Suid-Afrikaanse vertaling vanweë die politieke aard van die werk. Met hierdie vertaling is daar spesifiek aandag geskenk aan die realiteit van die hedendaagse Suid-Afrikaner. Die tale van Suid-Afrika reflekteer die werklikheid van die mense wat daar woon, en so verander taal (en die werklikheid wat dit uitbeeld) ook daagliks. Met die wete dat daar konstante ruimte vir interpretasie is, en weens hierdie konstante ontwikkeling van taal, bly daar ook voortdurend ruimte vir verdere vertalings van die Eclogae. Die behoeftes rondom sekere vertalings hang gevolglik ook van die vertaal opdrag af. Onder leiding van hierdie opdrag, gegrond op teorieë rondom vertaling, het ek my eie vertaalteorie geskep, naamlik post-1994 vertaling. Post-1994 vertaal teorie is van toepassing op Suid-Afrikaanse vertalers wat met die unieke uitdagings van ons sosio-politieke werklikheid en ons land se posisie in die globale wêreld gekonfronteer word. ʼn Post-1994 vertaling is een wat gewortel is in post-koloniale bewustheid van mag; tussen die voorheen gekoloniseerde en die vorige koloniseerder, tussen die teks en die leser, tussen die betrokke tale en tussen die vertaler en haar gehoor. Hierdie teorie leen ook van funksionalistiese vertalings strategieë en bied ʼn vars perspektief op domestikering teenoor vervreemding. | af_ZA |
dc.description.abstract | ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to create a contemporary translation of Vergil’s Eclogae in Afrikaans. With the advent of democracy, the South African socio-political landscape changed irrevocably. Social, as well as political, integration has facilitated the creation of a democratic society. A by-product of this societal change has subsequently been a change in the way South Africans express themselves, especially concerning feelings of loss and fear. This change begs for a post-1994 translation; a translation fully aware of the post-democratic literary field which in itself will be shaped by a translation such as this, but also a translation aware that it is the product of a post-1994 society. Vergil’s Eclogues supply fertile ground for a contemporary South African translation due to its political nature. In this translation special attention was given to the reality of the contemporary South-African. The languages of South Africa reflect the reality of the people inhabiting the country, and so language itself (and the subsequent reality it demonstrates) changes every day. Bearing this constant change in mind, as well as the nature of literature itself, which begs for interpretation, a constant space for further translation is created. The need for certain translations is determined by the translation brief. Bearing the translation brief in mind, and based on translation theories, I have created my own translation theory; post-1994 translation. Post-1994 translation theory can be applied by South African translators, who are confronted by the unique socio-political challenges of SouthAfrica and South Africa’s position in the global world. A post-1994 translation is a translation rooted in a post-colonial awareness of power; between the text itself and the reader, between the languages involved and between the translator and her audience. This theory also borrows from functionalist approaches to translation and offers a fresh perspective on foreignization vs. domesticating. | en_ZA |
dc.description.version | Masters | |
dc.format.extent | 176 pages | af_ZA |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10019.1/110031 | |
dc.language.iso | af_ZA | en_ZA |
dc.publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University | en_ZA |
dc.rights.holder | Stellenbosch University | en_ZA |
dc.subject | Post colonialism | en_ZA |
dc.subject | Intercultural communication | en_ZA |
dc.subject | Translating and interpreting -- Social aspects | en_ZA |
dc.subject | Virgil -- Translatations -- History and criticism | en_ZA |
dc.subject | Latin poetry | en_ZA |
dc.subject | Eclogues of Virgil | en_ZA |
dc.subject | UCTD | |
dc.title | 'n Post-koloniale vertaling van Vergilius se Eclogae: "In alle dele van die land is sulke onrus!" | af_ZA |
dc.type | Thesis | en_ZA |