The book and the rhizome : the implications of and alternatives to linear logic, with special reference to artist books
Date
2015-03
Authors
Cardoso, Tuscani
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis entails an explorative and argumentative
study that is concerned with the importance
and relevance of artist books, as substantiated
by art-historical research into the way in
which people present, organize and interpret
knowledge about their world as observed in
the history of the ever-evolving book; as well as
related critical and theoretical discussions surrounding
language and art.
The structure of the thesis is based on the
triadic treatment of book types as presented in
philosophers Deleuze and Guattari’s theory of
the Rhizome in A Thousand Plateaus: Capitalism
and Schizophrenia (1987). Each book essentially
stands for a particular system or paradigm
of thought that is described in terms of a biological
structure. These are the Root book, the
Fascicular book and the Rhizome. The root and
fascicular structures are shown to be ubiquitous
within dominant Western habits of thought,
emphasised by the tendency to organize elements
around a singular, central motif and, as
a result, to create binaries. Although useful for
certain practices in life, these patterns of thought
have potentially problematic socio-political implications,
and they are especially limiting with
regards to creative work. An argument is developed
in defence of the third book type, the rhizome,
as a means of thinking in a non-linear, acentred
and more complex and connected way
about art, oneself and one’s world. At its core,
this thesis works towards establishing a theoretical
framework for the practice of artist books,
showing how, in numerous ways, artist books
encompass this rhizomatic way of thinking.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis omvat ’n verkennende en argumentatiewe studie wat gemoeid is met die belang en relevansie van kunstenaarsboeke, soos gestaaf deur kunsgeskiedkundige navorsing oor die maniere waarop mense kennis aanbied, organiseer en vertolk, soos dit in die geskiedenis van die altyd-veranderende boek gesien word. Die tesis sluit ook verwante kritiese en teoretiese besprekings rondom taal en kuns in. Die struktuur van die tesis gebruik as basis die drievoudige indeling van boektipes in die *losowe Deleuze en Guattari se teorie van die Risoom in hulle werk A Thousand Plateaus: Capitalism and Schizophrenia (1987). Elke boek verteenwoordig in essensie ’n bepaalde sisteem of paradigma van denke wat in terme van ’n biologiese struktuur beskryf word. Die drie tipes is die Wortelboek, die Fassikulêre of Trosboek, en die Risoom. Die wortel- en trosstrukture word uitgewys as alomteenwoordig binne dominante Westerse denkgewoontes, waar dit beklemtoon word deur die geneigdheid om elemente rondom ’n enkele sentrale motief te organiseer, en sodoende binêre opposisies te vorm. Alhoewel dit nuttig mag wees vir sekere lewenspraktyke, hou hierdie denkpatrone potensieel problematiese sosio-politiese implikasies in, en hulle is besonder beperkend vir kreatiewe werk. Die tesis ontwikkel verder ’n argument ter verdediging van die derde boektipe, die risoom, as ’n wyse om op ’n nie-lineêre, a-sentriese en meer komplekse en verbonde manier oor kuns, die self en die wêreld te dink. Die kern van die tesis is gemoeid met die vestiging van ’n teoretiese raamwerk vir die praktyk van kunstenaarsboeke, en dit wys hoe kunstenaarsboeke op velerlei maniere die risomatiese wyse van denke omvat.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Language and languages in art