n Metaleksikografiese fundering van Afrikaanse skoolwoordeboeke
Date
1990
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This dissertation deals with theoretical aspects of lexicography as they apply to school dictionaries; Afrikaans school dictionaries in particular. Every dictionary should be compiled with the lexical needs of its users in mind. I point out the way in which dictionaries serve their users and stress user friendliness and various ways to achieve it. The youthful user of a school dictionary should determine the presentation of a school dictionary and not only lexicographical conventions. This fact is pointed out and elaborated on. Before looking more closely at school dictionaries, I describe them typologically and show their place in the larger family of dictionaries. I distinguish a school dictionary from a learner's dictionary which is also a pedagogical dictionary. For the purpose of this study I take a look at aspects concerning the compilation of dictionaries, the authority of dictionaries and the implications thereof as well as the sources which the compilers of dictionaries use. I also point out the fact that there is a real need for school dictionaries. The task of the lexicographer, general problems that he can experience, information which he should give, the planning and presentation of his information and the macro- and microstructure of the dictionary he is compiling are among some of the aspects dealt with. I furthermore look at criticism levelled at dictionaries and criteria for their evaluation and I focus attention on the descriptive versus the prescriptive dictionary. I conclude that a descriptive dictionary with certain inevitable prescriptive elements is probably the way the compiler of a school dictionary should pursue. A comprehensive key to the use of a dictionary, especially a school dictionary, is of great importance. I look at the presentation of such a key and give an indication of the information which the user should be able to find there. Before discussing the different microstructural elements of dictionaries (with particular reference to the way the compiler of an Afrikaans school dictionary should treat and describe them), I point out the need for a more comprehensive presentation of these elements. With regard to the microstructure of school dictionaries I focus especially on the lexicographical definition and citations, collocations and other syntactical examples. In the last chapter I propose a model for an Afrikaans school dictionary.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie proefskrif gee ek aandag aan die teoretiese aspekte wat onderliggend aan skoolwoordeboeke is, en meer bepaald die wat onderliggend aan 'n Afrikaanse skoolwoordeboek kan wees. Ek kyk na die gebruiker en sy rol in die samestelling van 'n woordeboek en na weë wat die woordeboekopsteller kan volg om sy teikengebruikers tegemoet te kom. In 'n skoolwoordeboek is dit byvoorbeeld belangriker om eerder aandag te gee aan die behoeftes van die gebruikers as om te streng te bly by leksikografiese konvensies. Voordat besin kan word oor 'n skoolwoordeboek, is dit nodig om so 'n woordeboek tipologies te plaas binne die groter woordeboekfamilie en te onderskei tussen 'n skoolwoordeboek en 'n aanleerderwoordeboek wat ook 'n pedagogiese woordeboek is. Dit word in hoofstuk 1 gedoen. Voordat daar in hierdie proefskrif gekyk word na die aanbieding van inligting as sodanig, kyk ek eers na aspekte rakende die samestelling van woordeboeke, byvoorbeeld die gesag van woordeboeke en die implikasies daarvan asook die bronne waarop woordeboeke steun, die taak en probleme van die leksikograaf rondom sy beplanning en aanbieding, die makro- en mikostruktuur van woordeboeke, kritiek teen woordeboeke en kriteria vir die evaluering van woordeboeke. Ek raak oot die kwessie van deskriptiewe versus preskriptiewe woordeboeke aan en kom tot die gevolgtrekking dat die opsteller van 'n skoolwoordeboek waarskynlik die beste te werk gaan as hy deskriptief is waar hy kan, en preskriptief waar hy moet. In hierdie algemene kyk na woordeboeke dui ek ook die werklike behoefte aan skoolwoordeboeke aan. 'n Woordeboek behoort 'n toeligting te hê wat die gebruikers in staat stel om die woordeboek beter te kan gebruik. Ek wys op die belang van so 'n sleutel tot 'n woordeboek en ek dui aan wat daarin aangebied moet word. In 'n skoolwoordeboek is daar 'n behoefte aan 'n uitgebreide aanbieding. Voordat die verskillende mikrostruktuurelemente en hulle hantering aan bod gestel word, wys ek op dié behoefte. In die mikrostruktuuraanbieding konsentreer ek op al die mikrostruktuurelemente soos hulle in woordeboeke tereg kan kom, maar veral op die leksikografiese definisie en op voorbeeldmateriaal. In die laaste hoofstuk stel ek 'n model vir 'n Afrikaanse skoolwoordeboek voor.

Description
Proefskrif (D. Litt.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1990.
Keywords
Afrikaans language -- Dictionaries, Lexicography -- South Africa, Dissertations -- Afrikaans language