The identification of the distinguishing perceptual-motor characteristics of top-level sport performers
Date
2001-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to identify the perceptual-motor performance characteristics that
distinguish top-level basketball performers from "the rest". Previous research has focused on
comparing novices with skilled players in performing different tasks in laboratory settings. The
current study was based on a paradigm shift in research that is focused on the study of expertise in
applied contexts. A qualitative approach was used in which six expert basketball coaches
participated in long interviews. They had all been basketball players before they became coaches.
All had been coaching for more than 10 years. One coach was from Africa, one from Europe and
four from the United States. Inductive content analysis of verbatim transcriptions was used to
generate themes. Quotes from the interviews formed the basic unit of analysis. The emerging
themes, higher order themes and categories related to perception, decision-making and motor
performance were used to answer research questions. Results of the analysis identified the
following characteristics:
• Visual memory, visual anticipation, speed of visual search and peripheral vision.
• Memory, anticipation and cognitive knowledge, i.e. rules of the game and applied
knowledge.
• The ability to exchange in deliberate practice for a sustained number of years.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die persepsueel-motoriese prestasie kenmerke te identifiseer wat topvlak basketbalspelers van "die res" skei. Vorige navorsing het op die vergelyking tussen onervare en ervare spelers gefokus deur verskeie take wat in laboratoriums uitgevoer is. Die huidige studie is gebaseer op 'n paradigma-skuif met die fokus op die studie van kundigheid in toegepaste kontekste. 'n Kwalitatiewe benadering is gebruik waartydens ses kundige basketbalafrigters aan lang onderderhoude deelgeneem het. Al hierdie afrigters was eers basketbalspelers voordat hulle begin afrig het. Hulle almal rig al vir meer as 10 jaar af. Een afrigter was van Afrika, een van Europa en vier van die VSA. Induktiewe inhoudsanalise van woordelikse transkripsies is gebruik om temas te genereer. Aanhalings uit die onderhoude het 'n basiese eenheid van die analise gevorm. Die temas wat ontstaan het, hoër orde temas en kategorieë, wat verband hou met die persepsie, besluitneming en motoriese prestasie, is gebruk om navorsingsvrae te beantwoord. Die volgende kenmerke is met behulp van die uitslae van die analise geïdentifiseer: • Visuele geheue, visuele antisipasie, spoed van visuele soektog en perifere visie. • Geheue, antisipasie en kognitiewe kennis, d.w.s reëls van die spel en toegepaste kennis. • Die vermoë om vir 'n aantal jare met volghoue oorgawe te oefen.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2001.
Keywords
Perceptual-motor processes, Basketball players, Basketball coaches, Dissertations -- Human movement studies