"'n Droewige laslap op die voos kombers van onreg" : 'n statistiese analise van konsentrasie-kampbewoners
Date
2016-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) wek steeds intense emosies op. Om dié rede is dit ook verstaanbaar dat 'n breë literatuur verskeie aspekte van die konsentrasiekampe en die lewe van die bewoners ondersoek. Vreemd genoeg, is een aspek wat wel agterweë gelaat is 'n kwantitatiewe ondersoek na die lengte van verblyf vir die meer as 100 000 wit mans, vroue en kinders in die kampe. Hoeveel dae is die gemiddelde kampbewoner gehuisves? Het bewoners uit die republieke of dié uit die kolonies langer aangebly? En wat was die kenmerke van bewoners wat voor die einde van die oorlog die kampe verlaat het? Duisende het ook in die kampe gesterf. Ons ontleed ook die kenmerke van hierdie groep, en werp lig op die redes vir hul tragiese einde. Deur gebruik te maak van 'n enorme datastel van kampbewoners en die statistiese hulpmiddel oorlewingsanalise, bied hierdie artikel 'n nuwe blik op n ou onderwerp en vra nuwe vrae vir toekomstige historiese navorsing.
ENGLISH SUMMARY : The Anglo-Boer War (1899–1902) still evokes intense emotions. The concentration camps that were built to house thousands of destitute men, women and children have especially received much scholarly attention in recent years. Many facets of these camps have been studied: children in the camps, education practices, camp testimonies, black inmates and their involvement, the camps in pictures, and the development of camp historiography, among others. Yet, strangely, statistical analysis of the camps has not yet been attempted. How long did the inmates stay in the camps? Why did they leave? How many died? And what did they die of? These are some of the questions we sought to answer.

Description
CITATION: Du Plessis, S. & Fourie, J. 2016. "'n Droewige laslap op die voos kombers van onreg" : 'n statistiese analise van konsentrasie-kampbewoners. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(4-2):1178-1199, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a6.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
Keywords
South African War, 1899-1902 -- Concentration camps, Concentration camp inmates -- Mortality -- South Africa, Concentration camp inmates -- Health and hygiene, Survival analysis (Biometry)
Citation
Du Plessis, S. & Fourie, J. 2016. "'n Droewige laslap op die voos kombers van onreg" : 'n statistiese analise van konsentrasie-kampbewoners. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(4-2):1178-1199, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a6.