Cellular mechanisms involved in the recapitulation of endocrine development in the duct ligated pancreas
Date
2011-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Diabetes mellitus is amongst the leading causes of morbidity and mortality in the world, affecting
young, adult and old people. Beta cell replacement therapy for insulin delivery remains the ultimate
remedy for diabetes. However, insufficient donor pancreas and the use of immunosuppressive drugs
prevent the wide-spread of this therapy. Other avenues of self generated beta cells within the organ
itself need to be explored. Therefore, understanding the chronobiology of cellular mechanisms in
the lineage of beta cell induced neogenesis is a valuable tool in improving beta cell replacement in
patients with diabetes. The aim of this study was to induce recapitulation of the morpho-genetic
sequence of endocrine cells development in the pancreas of rats after the pancreatic duct ligation
(PDL) procedure. Serial sections of PDL tissues of the pancreas were obtained from 78 Sprague-
Dawley rats and were assessed morphologically. The immunofluorescent tissues were statistically
analysed using a computerized morphometry technique. The protein expression indices of
Caspase3, Insulin, Pdx1, Ngn3, NeuroD and Pax6 were quantified. The efficiency levels of coexpression
of these homeodomain proteins separately with insulin were defined by the ratio of the
mean value of insulin expression to the mean value of their respective protein expression. The
morphological changes were characterized by the appearance of granulated acinar cells at 6 hours
post-PDL and the proliferation of endocrine tissues from 84 hours through to 120 hours. The
morpho-immunofluorescent evaluation showed the highest immunoreactivity of Caspase3 and Pdx1
at 6 hours, Ngn3 at 36 hours, Pax6 and insulin at 84 hours while NeuroD expression was at 120
hours. The immunohistofluorescent analysis showed that caspase3 and Pdx1 were the first to be
expressed at 6 hours while the insulin and NeuroD expression appeared later at 84 hours and 120
hours, respectively. However, Pax6 expression was continuous across time periods post-PDL, while
Ngn3 expression showed a peak at 36 hours. The efficiency (highest and earliest expression) of co-expression of all these homeodomain proteins with insulin was restricted between 12 hours and 24
hours. The optimal efficiency was at 12 hours by Ngn3 with insulin. A good efficiency was shown
for Pdx1 with insulin, NeuroD with insulin and Pax6 with insulin at 12 hours and 24 hours,
respectively. A low efficiency was observed for insulin and caspase3 co-expression at 24 hours.
This study suggests that for transplantation, PDL tissues harvested at an early time post-PDL
(between 12 and 24 hours) could yield a higher success rate; the study also provides evidence for a
connection between morphological changes in the PDL pancreas and the protein synthesis
necessary for the lineage of endocrine cell development.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Diabetes Mellitus resorteer onder die vernaamste oorsake van morbiditeit en mortaliteit wêreldwyd, en tuister jongmense, volwassenes en bejaardes. Daar bestaan egter ‘n wêreldwye tekort aan skenkerorgane met immuun-onderdrukingsterapie as ondersteuningsbehandeling. Beta-sel vervangingsterapie, vir die voorsiening van insulien, bly daarom die voorkeur behandeling vir die siekte wat noodsaak dat die wetenskap kyk na alternatiewe behandelingsregimens wat meganismes rondom orgaanregenerasie insluit. Begrip van die chronobiologie van die sellulêre meganismes betrokke rondom beta-sel ontwikkeling mag waardevolle lig werp op die neogenese van beta-selle wat gevolglik daartoe mag lei dat beta-sel vervanging as ‘n moontlike behandelingsterapie oorweeg mag word vir pasiënte met suikersiekte. Die oogmerk van hierdie studie is om die rekapitulasie van die morfo-genetiese volgorde van die endokriene pankreas na afbinding van die pankreasbuis te bepaal. Pankreasbuis afbinding is op 78 Sprague-Dawley laboratorium rotte onder algemene narkose uitgevoer, die pankreas is na voorafbepaalde tydsvakke verwyder en in histologiese seriesnitte gesny. Snitte is immunositochemiese gekleur en morfometries assesseer. Die afskeidingsindeks vir selboodskappers vir Caspase3, Insulien, Pdx1, Ngn3, NeuroD en Pax6 is kwantifiseer. Die gelyktydige afskeiding van elk van bogenoemde boodskappers tesame met insulien is omskryf as ‘n verhouding tot mekaar en in terme van dié van insulien. Die morfologiese verandering in die weefsel bespeur is gekenmerk deur die verskyn van gegranuleerde asinêre selle ses (6) ure na buisafbinding en die proliferasie van endokriene weefsel vanaf vier-en-tagtig (84) ure deurlopend tot een-honderd-en-twintig (120) ure. Die morfo-immunofluoresserende evaluering toon dat Caspase3 en Pdx1 by 6 uur die hoogste is, die van Ngn3 by 36 ure, Pax6 en insulien by 84 ure en NeuroD by 120 ure. Verder toon die analise dat Caspase3 en Pdx1 rondom 6 ure hul verskyning gemaak het terwyl dié van insulien en NeuroD eers rondom 84 tot 120 uur verskyn het. Die verskyning van Pax6 het deurlopend regoor al die tydsduurtes verskyn en Ngn3 het rondom 36 uur sy hoogste vlak bereik. Die gelyktydige uitdrukking van homeodomein proteïene tesame met insulien het slegs tussen die tydperke van 12 en 24 ure plaasgevind. Die uitdrukking van Pdx1 met insulien, NeuroD met insulien en Pax6 met insulien het almal tussen 12 en 24 ure plaasgevind. Caspase3 tesame met insulien is slegs by die 24 uur tydsperiode bespeur. Vir die oorplant van pankreas weefsel wat aan buisafbinding onderwerp is suggereer hierdie studie dat die geskikste tyd vir die oes van endokriene weefsel liewer vroeër (12 to 24 ure) as later uitgevoer behoort te word. Verder wil dit voorkom of hierdie tydsperiode ook die hoogste seltelling lewer. Die studie lewer waardevolle inligting oor die verwantskap tussen die morfologiese veranderings wat na buisafbinding plaasvind en die proteïen sintese wat sel-opvolgontwikkeling bevorder.

Description
Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2011.
Keywords
Human pancreas, Rodent pancreas, Pancreas duct ligation procedure – PDL, Immunohistochemistry study of the PDL tissues, Diabetes Mellitus -- Effect of cell replacement therapy on, Theses -- Anatomy, Theses -- Histology, Dissertations -- Anatomy, Dissertations -- Histology, Endocrine cell development