Mixing morals and money – a futile dream?
Date
2013-10
Authors
Viviers, Suzette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
Suzette is op 28 September 1973 gebore as enigste
dogter van Andries en Anna Viviers. Sy is ’n laatlam
en het drie ouer broers, Dolph, Kobus en Andrè.
Suzette voltooi haar hoërskoolloopbaan aan Goudrif
Hoërskool, Germiston. Na die afsterwe van haar
vader in 1990, verhuis sy en haar moeder na Port
Elizabeth. In 1995 behaal sy haar BCom-graad cum
laude met Ondernemingsbestuur en Bedryfs- en
Organisasiesielkunde as hoofvakke. In 1996 ontvang sy
haar BCom Honneursgraad in Ondernemingsbestuur
ook met lof. Sy het hierdie graad gedeeltelik aan die
eertydse Universiteit van Port Elizabeth (UPE) en
gedeeltelik aan die Vrije Universiteit van Amsterdam
voltooi. Twee jaar later ontvang sy haar meestersgraad
aan die Vlerick-Leuven-Gent-Management-School in
België, weereens met onderskeiding.
After a short stint in the consulting industry, she began
her academic career in the Department of Business
Management at UPE in January 1999. She completed her
DCom degree in 2006 under the guidance of Professors
Johan Bosch (UPE), Arie Buijs (Utrecht University) and
Eon Smit (Stellenbosch University). Her thesis, entitled
“A critical assessment of socially responsible investing
in South Africa,” documented the development of
the phenomenon, its ethical foundations and the riskadjusted
performance of a sample of local responsible
investment funds. The main finding of this study was that
South African investors who wish to invest in line with
their personal values would not have to sacrifice returns.
In 2009 ontvang Suzette ’n toekenning as Ontluikende
Navorser aan die Nelson Mandela Metpolitaanse
Universiteit (die voormalige UPE) en ’n Y2-gradering
van die Nasionale Navorsingstigting in 2010. Op 1
September 2010 aanvaar Suzette ’n pos as senior lektor
in die Departement Ondernemingsbestuur aan die
Universiteit Stellenbosch. In April 2011 word Suzette
die eerste vroueprofessor in die Departement se
geskiedenis.
Soos in Port Elizabeth doseer sy finansiële bestuur en
beleggingsbestuur op voor- en nagraadse vlak. Sy doseer
ook finansiële bestuur aan die Universiteit Utrecht (2002,
2011 en 2013) en aan die Amerikaanse Universiteit
van Koeweit (2009) as deel van die universiteite se
somerskoolprogramme. Oor die jare het sy verskeie
nagraadse studente begelei en wyd gepubliseer in plaaslike
en internasionale vaktydskrifte. Sy het talle referate by
nasionale en internasionale kongresse gelewer en is ook
mede-outeur van twee handboeke in finansiële bestuur.
Gegewe haar passie vir etiek, sentreer haar navorsing op
verskillende aspekte van sake- en beleggingsetiek.
Suzette has served as Director of the Unit for
Applied Management Sciences at the Nelson Mandela
Metropolitan University (Jan 2008–Aug 2010) and as
Secretary General of the Business Ethics Network of
Africa (Nov 2010–Nov 2012). Since joining Stellenbosch
University she has been a member of the University’s
Research Ethics Committee (Humanities).
Sy dra hierdie intreerede aan haar moeder, Anna Viviers,
en ouma, Babe van den Berg, op.
Description
Keywords
Money -- Moral and ethical aspects