Gesinsaanpassing, ouerskapstyle en hanteringstrategiee in gesinne met kinders met 'n aandagtekort/hiperaktiwiteitsversteuring (AT/HV)
Date
2011-03
Authors
Tancred, Elise-Marie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Attention Deficit Hyperactivity Disorder (ADHD) is characterised by impulsiveness, an
inability to maintain attention and hyperactive behaviour. The presence of a child with
ADHD is a stressor that has a significant impact on family adaptation.
The purpose of this study was to identify associations between parenting styles, coping
strategies and the adaptation of families with children with ADHD from a family
resilience perspective. Family resilience refers to the ability of a family to re-evaluate
challenging life situations or stressors in such a manner as to develop resilience, so that
the family adapts, recovers and becomes stronger as a result of the experience.
Some 102 South African families with previously diagnosed children with ADHD
between the ages of 5 and 13 years participated in this study. A single cross-sectional
research method was used. Quantitative data was collected by means of a biographical
questionnaire and three self rapporting questionnaires.
The results of this study confirmed existing theories and previous research of a similar
nature. The Pearson correlation coefficient analysis revealed strong positive
correlations between dimensions of the authoritative parenting style (connection,
autonomy granting and regulation) and of re-evaluation and mobilisation (as coping
strategies). The authoritative parenting style also correlates strongly with family
adaptation.
The three dimensions of the authoritarian parenting style (physical coercion, verbal
hostility, and non-reasoning) have a strong negative correlation with family adaptation.
Physical coercion also has a positive correlation with the coping strategy looking for
spiritual support. The coping strategy passivity, in turn, showed a negative correlation
with the authoritarian parenting style. Also the permissive parenting style correlates
negatively with the coping strategy re-evaluation and passivity, while it also correlates
negatively with family adaptation. A regression analysis further revealed medication,
connection and regulation (as dimensions of the authoritative parenting style) as the
best subset predictable variables, with family adaptation as the dependent variable. A
mixed repetitive model with ANOVA-measures was used to identify differences between
parents. Mothers obtained higher scores for connection, autonomy granting and authoritative parenting than fathers. The biographical data generally supported previous
research findings. There was a strong genetic link between parents and children with
ADHD (51% of parents also indicated that they were diagnosed with ADHD), 78% of the
children used medication and 34% of the children had co-morbid conditions.
The findings of this study fill a gap in the literature about the impact of parenting styles
and coping strategies on the adaptation of families with children with ADHD. Further
research is urgently needed to help South African parents of children with ADHD learn
productive coping styles in order to improve family adaptation.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Aandagtekort/Hiperaktiwiteitsversteuring (AT/HV) word gekenmerk deur impulsiwiteit, aandaggebrek en hiperaktiewe gedrag. Die teenwoordigheid van 'n kind met AT/HV is 'n stressor wat 'n beduidende impak op gesinsaanpassing het. Die doel van hierdie studie was om verbande te ondersoek tussen ouerskapstyle, hanteringstrategieë en die aanpassing van gesinne met kinders met AT/HV vanuit 'n gesinsveerkragtigheidsperspektief. Gesinsveerkragtigheid verwys na 'n gesin se vermoë om uitdagende lewenssituasies of stressors op só 'n manier te herbeoordeel dat weerstandigheid gekweek word en dat die gesin aanpas, herstel en versterk word deur die ervaring. Altesaam 102 Suid-Afrikaanse gesinne met vooraf gediagnoseerde kinders met AT/HV tussen die ouderdom van 5 en 13 jaar het aan die studie deelgeneem. 'n Eenmalige dwarssnitopname-navorsingsontwerp is gebruik. Kwantitatiewe data is ingesamel met behulp van ’n biografiese vraelys en drie selfvoltooiingsvraelyste. Resultate van die onderhawige ondersoek bevestig bestaande teorieë en soortgelyke vorige navorsing. Pearson korrellasiekoëffisiëntontledings dui op sterk positiewe korrelasies tussen dimensies van die gesaghebbende ouerskapstyl (konneksie, outonomie-gewendheid en regulering) en herbeoordeling en mobilisering (as hanteringstyl). Die gesaghebbende ouerskapstyl korreleer ook sterk met gesinsaanpassing. Die outoritêre ouerskapstyl se drie dimensies - fisieke forsering, verbale vyandigheid en geen verduideliking - het 'n sterk negatiewe statisties beduidende korrelasie met gesinsaanpassing getoon. Fisieke forsering het ook 'n positiewe korrelasie getoon met die hanteringstyl soeke na spirituele ondersteuning. Die hanteringstyl passiwiteit het weer 'n negatiewe korrelasie getoon met die outoritêre ouerskapstyl. Ook die permissiewe ouerskapstyl het negatiewe korrelasies getoon met die hanteringstyle herbeoordeling en passiwiteit terwyl dit ook negatief gekorreleer het met gesinsaanpassing. 'n Regressie-ontleding het medikasie, konneksie en regulering (as dimensies van die gesaghebbende ouerskapstyl) as die beste substel voorspellerveranderlikes uitgewys met gesinsaanpassing as die afhanklike veranderlike. 'n Gemengde-herhalingsmodel met ANOVA-metings is gebruik om geslagsverskille tussen ouers te ondersoek. Geslagsverskille tussen ma's en pa's het daarop gedui dat ma's hoër tellings behaal het vir konneksie, outonomie-gewendheid en die gesaghebbende ouerskapstyl as pa's. Die biografiese data het meestal vorige navorsingsbevindinge ondersteun. Daar is 'n sterk genetiese band gevind tussen ouers en kinders met AT/HV (51% van ouers het ook aangedui dat hulle met AT/HV gediagnoseer is), 78% van die kinders het medikasie gebruik en 34% van die kinders het ko-morbiede toestande gehad. Die bevindinge van hierdie ondersoek vul ’n leemte in die literatuur oor die verband tussen ouerskapstyle en hanteringstrategieë en die aanpassing van gesinne met kinders met AT/HV. Verdere navorsing word dringend benodig om Suid-Afrikaanse ouers met kinders met AT/HV te help om 'n goed-georkestreerde ondersteuningsnetwerk te ontwikkel wat ouers, die kinders self, die gesin in sy geheel en hierdie kinders se funksionering binne skole te kan bystaan.

Description
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2011.
Keywords
Gesinsaanpassing, Ouerskapstyl, Aandagtekort, Hiperaktiwiteit, Attention-deficit hyperactivity disorder, Theses -- Psychology, Dissertations -- Psychology