Die ontwerp van ’n model vir ’n toepassing vir Afrikaanse uitspraak in ’n taakgebaseerde leer-en-onderrigprogram

Date
2022-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on designing a pronunciation application model for students of the modules Afrikaanse Taalverwerwing (Afrikaans Language Acquisition) 178 and Afrikaanse Taalverwerwing 278 of the Department Afrikaans and Dutch at Stellenbosch University. The ultimate purpose of this application is to serve as a supporting aid outside of the classroom to help students improve their Afrikaans pronunciation (segmental features). In the current presentation of the task-based language learning and teaching approach, pronunciation does not receive sufficient attention since the primary focus of task-based language learning and teaching is meaning. Furthermore, classroom time for ensuring listener-friendly pronunciation is limited. Participants in this study confirmed this statement in their answers to the questionnaire. This time limit prevents students from improving their pronunciation to listener-friendly pronunciation. This is one of the main reasons for the decision to design a pronunciation application model. The theoretical framework for the design of the study is supported by mobile-assisted language learning, with specific reference to the principles for the development and implementation of mobile-assisted teaching by Stockwell and Hubbard (2013); guidelines for a user-friendly user interface by Clearbridge Mobile (2020) and user experience by Babich (2018); the gamification model by Huang and Soman (2013); the guidelines for pronunciation teaching (Smith and Conti, 2016 and Conti, 2016) and the guidelines for ethical gamification as proposed by Rootman-Le Grange, Barnard and Adams (2016). I used a mixed-methods approach. Observations and deductions were made from the data recorded in the form of answers to the questionnaire, as well as from sound recordings and previous studies. The use of these sources ensured triangulation and therefore increased the validity and credibility of the findings. Twenty-two students participated in this study The participants first completed a questionnaire. The aim of the questionnaire was to determine the participants’ needs and opinions with regards to their pronunciation, while also investigating their cell phone and application usage. Data on the participants’ language background were also collected in this way. Sound recording data was used in conjunction with the questionnaire data in order to determine which sounds are not pronounced as listener-friendly. The contribution of this study includes, among others, a user-centred pronunciation application model that can be used by all interested parties. Furthermore, guidelines for the execution of a needs analysis for the design of a pronunciation application is provided. A list of sounds that can help foreign language speakers of Afrikaans with their pronunciation is also provided. The study discusses how games can help students become aware of pronunciation differences between their first language and their target language. Other findings include participants’ language priorities, preferences and needs for a pronunciation application. In addition, the study reports on Afrikaans sounds that English-speaking students do not pronounce as listener-friendly. These findings can be applied in the foreign-language learning classroom as well as in the mobile-assisted language learning field.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie fokus op die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel vir studente van die modules Afrikaanse Taalverwerwing 178 en Afrikaanse Taalverwerwing 278 van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Die uiteindelike doel van dié toepassing is om as ekstra hulpmiddel buite die klaskamer gebruik te word om studente te help om hulle Afrikaanse uitspraak (segmentele eienskappe) te verbeter. In die huidige aanbieding van taakgebaseerde leer en onderrig kan studente nie genoegsame aandag aan die uitspraak van ’n taal skenk nie omdat die benadering primêr op betekenis fokus. Verder is tyd in die klaskamer beperk om luistervriendelike uitspraak by studente te bewerkstellig. Dié stelling is deur die deelnemers aan hierdie studie tydens hulle behoefte-analise bevestig. Dit lei daartoe dat studente se uitspraak nie verbeter tot luistervriendelike uitspraak nie. Dit is een van die redes wat gelei het tot die besluit om ’n uitspraaktoepassingsmodel te ontwerp. Die teoretiese begronding vir die ontwerp van die toepassingsmodel steun op mobielgesteunde taalonderrig, met spesifieke verwysing na die beginsels vir die ontwikkeling en implementering van mobielgesteunde onderrig van Stockwell en Hubbard (2013: 8-9); die riglyne vir ’n gebruikersvriendelike gebruikerskoppelvlak deur Clearbridge Mobile (2020) en gebruikerservaring deur Babich (2018); die spelifiëringmodel van Huang en Soman (2013: 7-14); die riglyne vir uitspraakonderrig van Conti (Smith en Conti, 2016: 27 en Conti, 2016) en die riglyne vir etiese spelifiëring soos voorgestel deur Rootman-Le Grange, Barnard en Adams (2016: 1). Daar word gebruik gemaak van ’n gemengdemetodebenadering. Waarnemings en afleidings word uit die vraelys- en klankopname-data asook uit vorige studies gemaak. Die gebruik van dié metodes om data in te samel bewerkstellig triangulasie en verhoog daardeur die geldigheid en die betroubaarheid van die bevindings. Twee-en-twintig studente het aan die studie deelgeneem. Die deelnemers het eerstens ’n vraelys voltooi. Die vraelys het ten doel gehad om te bepaal wat studente se behoeftes en menings is met verwysing na uitspraak en hulle selfoon- en toepassingsgebruik. Data oor die studente se taalagtergrond is ook hierdeur ingesamel. Die data van die klankopnames is gebruik in oorleg met die data in die vraelys om te bepaal watter klanke nieluistervriendelik uitgespreek word. Die bydrae van hierdie studie sluit onder meer in ’n gebruikersgerigte uitspraaktoepassingsmodel wat deur alle belangstellendes gebruik kan word. Hierby word riglyne vir ’n behoefte-analise met betrekking tot die ontwerp van ’n toepassing vir uitspraak voorsien. ’n Lys klanke vir tweedetaalsprekers van Afrikaans wat vir hulle leiding gee oor hoe om Afrikaanse klanke uit te spreek, word ook verskaf. Daar word ook bespreek hoe speletjies studente kan help om hulle bewus te maak van uitspraakverskille tussen hulle eerste taal en hulle teikentaal. Bevindings word gemaak oor onder meer studente se taalprioriteite; hulle voorkeure en vereistes vir ’n uitspraaktoepassing; Afrikaanse klanke wat Engelssprekende studente nieluistervriendelik uitspreek en opmerkings daaroor. Dié bevindings kan toegepas word in die tweedetaalaanleerklaskamer asook in die veld van mobielgesteunde taalaanleer.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Afrikaans language -- Study and teaching, Afrikaans language -- Pronunciation, Afrikaans language -- Pronunciation by foreign speakers, Mobile-assisted language learning, UCTD
Citation