A human dignity approach to public procurement in South Africa
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Public procurement law in South Africa is underpinned by a paradigm that can best be described as state-supplier oriented. This paradigm entails an almost exclusive concern with the state, on the one hand, and suppliers, on the other, as role players in public procurement. The state-supplier procurement paradigm does not appear inadequate in and of itself. However, the paradigm maintains itself to the exclusion of the involvement of non-state actors in public procurement, notwithstanding the accompanying disadvantage for end users in any given circumstance. "End user" refers herein to beneficiaries of public goods and services, typically members of the public at large or of particular communities served by a procurement at issue. From the perspective of end users – especially those who have to finance public procurement – the arrangement of public procurement law around the interests of the state and suppliers as main actors is inadequate. Contemporary preferential procurement policies in South Africa are the epitome of the state-supplier paradigm. By promoting political or factional government objectives, suppliers can claim certain advantages in procurement processes regardless of the accompanying disadvantages for end users. Such approaches frustrate the necessary respect required for the human dignity of end users. It appears that legal scholars are not considering reform of public procurement law from a human dignity perspective. Research of this nature can be helpful for law reform purposes. With reference to the regard for human dignity in constitutional history and in contemporary legal conceptions, research with this aim is indispensable. Despite the confusion caused by the contemporary entanglement of human dignity with discourse on socio-economic rights, earlier conceptions of human dignity over the centuries are conducive to a concrete constitutional meaning of the concept. Human dignity can be considered a description of the uniquely human capacity for self-determination in terms of one’s moral conviction and intelligent assessment of pursuitworthy interests. The state must act with utmost deference to the aforementioned capacities. Public procurement law, as determined in the Constitution, legislation, jurisprudence, and other primary sources, does not promote room for self-determination as regards end users and the procurement of goods and services of a public nature. On the contrary, the instrumentalisation of end users and taxpayers for the benefit of some suppliers features prominently in procurement policies. Therefore, it is foreseen that a legal framework that gives varying degrees of recognition to community organisations to undertake municipal procurement can be valuable. Public procurement law should be reformed with the human dignity of end users in mind. This necessarily also means that preferential procurement policies that are focused on a mutually beneficial relationship between the state and some suppliers must be abolished.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Staatsverkrygingsreg in Suid-Afrika word onderlê deur ‘n paradigma wat ten beste as staatverskaffer georiënteerd beskryf word. Dit berus op ‘n hoofsaaklike fokus op die staat, enersyds, en verskaffers, andersyds as rolspelers in openbare verkryging. Die paradigma blyk opsigself nie problematies te wees nie. Die paradigma handhaaf homself egter ter uitsluiting van die betrokkenheid van nie-staatlike rolspelers in openbare verkryging, desnieteenstaande meegaande nadeel vir eindgebruikers in enige gegewe omstandighede. "Eindgebruiker" verwys hierin na begunstigdes van openbare goedere en dienste, tipies lede van die publiek in die algemeen of van spesifieke gemeenskappe wat deur ‘n tersaaklike verkryging gediens word. Vanuit die perspektief van eindgebruikers – by uitstek diegene wat staatsverkryging moet finansier – is die rangskikking van staatsverkrygingsreg rondom die belange van die staat en verskaffers as hoofrolspelers, gebrekkig. Hedendaagse voorkeurverkrygingsbeleide in Suid-Afrika is die toonbeeld van die staat-verskaffer paradigma. Verskaffers kan, deurdat hulle politieke of faksionele regeringsoogmerke bevorder, op bepaalde voorspronge in verkrygingsprosesse aanspraak maak ongeag meegaande nadeel vir eindgebruikers. Sodanige benaderings verydel nodige agting vir die menswaardigheid van eindgebruikers van goedere en dienste van openbare aard. Dit blyk dat regsgeleerdes nie hervorming van staatsverkrygingsreg vanuit ‘n menswaardigheidoogpunt oorweeg nie. Sodanige navorsing kan nuttig wees en is, met verwysing na die agting vir menswaardigheid in konstitutionsionele geskiedenis en in hedendaagse regsopvattings, normatief onontbeerlik. Ten spyte van die verwarring veroorsaak deur die hedendaagse vervlegtings van menswaardigheid met diskoers oor sosio-ekonomiese regte, maak vroeëre opvattings van menswaardigheid oor die eeue heen voorsiening vir ‘n konkrete konstitusionele betekenis van die begrip. Menswaardigheid kan beskou word as ‘n beskrywing van die uniek menslike vermoë tot selfbeskikking ingevolge eie morele oortuiging en intelligente taksering van nastrewenswaardige belange. Die staat moet met uiterste eerbied vir voormelde vermoëns te werk gaan. Staatsverkrygingsreg soos dit in die Grondwet, wetgewing, regspraak en ander primêre bronne bepaal word, bevorder nie ruimte vir self-beskikking wat eindgebruikers en die verkryging van goedere en dienste van openbare aard betref nie. Die instrumentalisering van eindgebruikers en belastingbetalers ten behoewe van sommige verskaffers vind eerder in verkrygingsbeleide neerslag. Daarom kan ‘n regsraamwerk wat aan gemeenskapsorganisasies wisselende mates van erkenning gee om munisipale verkryging te onderneem, waardevol wees. Staatsverkrygingsreg behoort met die menswaardigheid van eindgebruikers in gedagte hervorm te word. Dit beteken noodwendig ook dat voorkeurverkrygingsbeleide wat op ‘n wedersyds voordelige verhouding tussen die staat en sommige verskaffers toegespits is, afgeskaf moet word.

Description
Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 2024.