The lived experiences of caregivers of stroke survivors in a rural Western Cape Setting
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Introduction: Caregivers play a pivotal role in the community re-integration of stroke survivors. However, they face challenges that they are not always prepared for. This might leave them feeling anxious and uncertain about fulfilling the caregiving role. Caregivers’ emotional, physical, and mental well-being might be affected by the caregiving duties. Few studies have explored caregiver lived experiences specifically and none could be identified that was done in a rural South African setting. Purpose: The aim of the study was to explore the lived experiences of caregivers of stroke survivors discharged from Ceres Hospital, in the Witzenberg sub-district.
Methods: A qualitative descriptive phenomenological design underpinned by constructivism was adopted. A pilot study was conducted to practice my interview skills, test the appropriateness of the data collection tool as well as the logistics of the interview. Data was collected by means of face to face, individual interviews with a sample of 5 participants. The interviews were recorded and transcribed verbatim. Inductive thematic analysis guidelines were used.
Main findings: Four themes were identified; 1) “It is my duty”. Participants felt obligated to care because of the relationship they had with the stroke survivor. 2) “I don’t make things difficult for him”. Participants neglected their own needs and interests and prioritized their caregiving duties and the needs of the stroke survivor. 3) “God gave me the strength”. Participants found their faith to be a foundation from which they drew strength and 4) “They showed me nothing”. Participants reported anxiety in the initial stages of caring and did not utilize or acknowledge the information provided by healthcare workers.
Conclusions: Caregivers find it difficult to adapt to caring for a loved one and are not always equipped with coping strategies. Relationship-specific changes should be considered during stroke rehabilitation and the necessary support should be provided by healthcare workers.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Inleiding: Versorgers speel 'n deurslaggewende rol in die gemeenskapsherintegrasie van beroerte-oorlewendes. Hulle kom egter voor uitdagings te staan waarvoor hulle nie altyd voorbereid is nie. Dit kan hulle angstig en onseker laat voel oor die vervulling van die versorgingsrol. Versorgers se emosionele, fisiese en geestelike welstand kan deur die versorgingspligte beinvloed word. Min studies het spesifiek versorger-ervarings ondersoek en geeneen kon geidentifiseer word wat in 'n landelike Suid-Afrikaanse omgewing gedoen is nie. Daarom was die doel van die studie om die geleefde ervarings van versorgers van beroerte-oorlewendes wat uit die Ceres-hospitaal in die Witzenberg-subdistrik ontslaan is, te verken. Metodes: ‘n Kwalitatiewe beskrywende fenomenologiese ontwerp onderle deur konstruktivisme was gebruik. ’n Loodsstudie is uitgevoer om my onderhoudvaardighede te oefen, die toepaslikheid van die data-insamelingsinstrument asook die logistiek van die onderhoud te toets. Data is ingesamel deur middel van persoonlike onderhoude met 'n steekproef van 5 deelnemers. Die onderhoude is opgeneem en woordeliks getranskribeer. Induktiewe tematiese ontledingsriglyne is gebruik. Resultate: Vier temas is geidentifiseer; 1) “Dit is my plig”. Deelnemers het verplig gevoel om te sorg vanwee die verhouding wat hulle met die beroerte-oorlewende gehad het. 2) "Ek maak dinge nie vir hom moeilik nie". Deelnemers het hul eie behoeftes en belange verwaarloos en hul versorgingspligte en die behoeftes van die beroerte-oorlewende geprioritiseer. 3) “God het my die krag gegee”. Deelnemers het gevind dat hul geloof 'n fondament was waaruit hulle krag put en 4) "Hulle het my niks gewys nie". Deelnemers het angs gerapporteer in die aanvanklike stadiums van omgee en het nie die inligting wat deur gesondheidsorgwerkers verskaf is, gebruik of erken nie. Gevolgtrekkings: Versorgers vind dit moeilik om aan te pas by die versorging van 'n geliefde en is nie altyd toegerus met hanteringstrategiee nie. Verhoudingspesifieke veranderinge moet tydens beroerte-rehabilitasie oorweeg word en die nodige ondersteuning moet deur gesondheidsorgwerkers verskaf word.

Description
Thesis (MHumanRehabSt)--Stellenbosch University, 2023.