Beroepsidentiteitsontwikkeling by Xhosa-sprekende adolessente
Date
1996
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
Until the present time very little research has been done on the process of the development of an occupational identity among black adolescents. The attainment of an own identity can be considered to be one of the crucial development tasks of adolescence. For an adolescent it is important to know who he is, what he can do and what he will be in the future. In other words, the most important problem preoccupying an adolescent is thus finding an answer to the question "Who am I?" The development of an occupational identity is considered to be one of the most important areas of identity development contributing to the attainment of an own identity. The attainment of an occupational identity during adolescence is important for the adolescent's future role in the world of work and a concomitant productive life. Therefore to complete the search for an occupational identity the adolescent must find answers to the questions, "What can I do?" and "What shall I do?".
AFRIKAANSE OPSOMMING: Navorsing oor die proses van beroepsidentiteitsontwikkeling by swart adolessente het tot dusver nog weinig aandag in Suid-Afrika geniet. Die verwerwing van 'n eie identiteit kan as 'n sentrale ontwikkelingstaak tydens adolessensie beskou word. Dit is vir die adolessent belangrik om te weet wie hy is, wat hy gaan doen en wat hy in die toekoms sal wees. Dit wil sê die mees essensiële probleem waarmee die adolessent gepreokkupeer word is om 'n antwoord te vind op die vraag, "Wie is ek?". Die ontwikkeling van 'n beroepsidentiteit word beskou as een van die belangrikste domeine van identiteitsontwikkeling wat bydra tot die verwerwing van 'n eie identiteit. Die verwerwing van 'n beroepsidentiteit tydens adolessensie is belangrik vir die adolessent se toekomstige rol in die wêreld van werk en 'n gepaardgaande produktiewe lewe. Om die soektog na 'n beroepsidentiteit te voltooi moet die adolessent dus antwoord vind op die vrae "Wat kan ek doen?" en "Wat sal ek doen?".

Description
Tesis (M. Ed.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1996.
Keywords
Identity (Psychology) in adolescence, Adolescent psychology, Personality development, Self-perception in adolescence, Blacks -- Psychology, Dissertations -- Education