Diamond based electrodes for water quality applications: disinfection, micropollutant removal and the suppression of biofilm proliferation.
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Rivers in most low and middle income countries face a growing burden of pollution in the form of
pathogens and persistent micropollutants caused by waste discharge from informal settlements and
poorly maintained wastewater treatment plants, operating above capacity. Farming communities are
often reliant on the these rivers for irrigation. This study investigated the potential application
of diamond based electro-oxidation in decentralized water treatment systems for disinfection and
micropollutant abatement. The diamond-electrode based electrochemical in-situ system (DiaDis) forms
ozone and hydroxyl radicals via electro-generation. It was hypothesised that the system would
possess strong disinfection properties, but that micropollutant abatement would be dependent on the
compounds and organic matter present. The disinfection study included the treatment and prevention
of biofilms by monitoring the effects on biofilm metabolic activity during DiaDis treatment. A pure
culture of Pseudomonas fluorescens sp. was used for the single culture biofilm disinfection study,
and for the mixed species biofilm study the culture was sampled from a polluted river. The
disinfection capabilities of the DiaDis was found to be comparable or slightly superior to 1:10
dilution sodium hypochlorite in this study for the single culture biofilms, however, the mixed
species biofilms were more effectively treated with sodium hypochlorite. Biofilm-forming species
have varying resistance to disinfectants and the results suggest the presence of synergistic
adaptation. For the single and mixed species biofilms the treatments studied proved more effective
when used preventatively than to treat mature biofilms. Removal efficiency of micropollutants by
the mixed species biofilms was comparable to published literature, although lower abatement rates
were reported for caffeine and acetaminophen, which could be the result of higher organic matter
acting as oxidation scavenger in the environmental water. Negative removal rates were obtained for
sulfamethoxazole, benzotriazole and efavirenz, likely due to electro- oxidation facilitated
reconstitution of breakdown products to the respective parent compounds. The DiaDis was evaluated
as a final disinfection step in an aquaponics, as well as a constructed floating wetland system. It
performed better in the floating wetland, possibly due to higher levels of organic matter coming
from fish-feed in the aquaponics system. Overall the DiaDis showed promising disinfection
capabilities, which will benefit from future work to better control pH reduction and to reduce
interference of organic matter with micropollutant abatement.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Riviere in die meeste lae- en medium-inkomste lande het toenemende las van besoedeling in die vorm van patogene en mikro-besoedelstowwe. Hierdie word veroorsaak deur afvalwater vanaf informele nedersettings en swak onderhoud van rioolwaterbehandelingsaanlegte, wat bo hul kapasiteit opereer. Boeregemeenskappe is dikwels afhanklik van hierdie riviere vir besproeiing. Hierdie studie het die potensiële toepassing van diamant-gebaseerde elektro-oksidasie in gedesentraliseerde waterbehandelingsisteme vir disinfeksie en vermindering van mikro-besoedelstowwe ondersoek. Die diamant-elektrode-gebaseerde elektrochemiese in-situ-sisteem (DiaDis) vorm osoon en hidroksielradikale deur elektro-generasie. Die hipotese was dat die sisteem sterk disinfeksie eienskappe sou besit, maar dat die vermindering in mikro-besoedelstowwe afhanklik sou wees van die chemiese samestellings en organiese stowwe teenwoordig in die water. Die disinfeksie studie het die behandeling en voorkoming van biofilms ingesluit deur die effek op biofilm metaboliese aktiwiteit tydens DiaDis- behandeling te monitor. 'n Suiwer kultuur van Pseudomonas fluorescens sp. is gebruik vir die enkel- kultuur biofilm disinfeksie studie, en vir die gemengde spesies biofilmstudie is die kultuur verkry uit 'n besoedelde rivier. Die disinfeksie eienskappe van die DiaDis was bevind om vergelykbaar (of effens beter) te wees as 1:10 verdunning natriumhipochloriet, vir die enkele kultuur biofilms. Die gemengde spesies biofilms was meer effektief behandel met natriumhipochloriet. Biofilm-vormende spesies het uiteenlopende weerstand teen disinfeksie middels, en die resultate dui op die teenwoordigheid van sinergistiese aanpassing. Vir die enkele en gemengde spesies biofilms was die bestudeerde behandeling meer effektief wanneer dit voorkomend gebruik is as om volwasse biofilms te behandel. Verwyderingdoeltreffendheid van mikro-besoedelstowwe deur die DiaDis was vergelykbaar met gepubliseerde literatuur, alhoewel laer afname koerse vir kafeïen en asetaminofeen aangemeld is, wat die resultaat kon wees van hoër organiese materiaal as oksidasie-opvanger in die omgewingswater. Negatiewe verwyderingskoerse is verkry vir sulfametoksasool, benzotriasool en efavirenz, waarskynlik as gevolg van elektro-oksidasie gefasiliteerde rekonstitusie van afbreekproduk tot die betrokke ouer verbindings. Die DiaDis is geëvalueer as 'n finale disinfeksiestap in 'n akwaponiese, sowel as 'n gekonstrueerde drywende vleiland-sisteem. Dit het beter presteer in die drywende vleiland, moontlik as gevolg van hoër vlakke van organiese materiaal afkomstig van visvoer in die akwaponiese sisteem. Oor die algemeen het die DiaDis belowende disinfeksie eienskappe getoon, wat meer effektief mikro- besoedelstowwe sal verwyder indien pH beter beheer word en inmenging van organiese materiaal verminder word.

Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2024.