Farm modelling for interactive multidisciplinary planning of small grain production systems in South Africa
Date
2010-12
Authors
Hoffmann, Willem Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: A complex and volatile decision-making environment and constant pressure on product prices, due
to the cost-price squeeze, complicates decision-making for grain farmers in the Western Cape.
Furthermore, available alternative crops and cultivation practices are limited due to local soil and
climatic conditions. The farm system itself is complex due to the interdependence of a variety of
factors and the synergy resulting from specific sequences of cash and pasture crops.
The aim of this research project was to establish a method that would contribute to identifying
strategies to advance the profitability of grain production. Research in the grain industry is
traditionally specialised within specific fields, such as, agronomy, soil science, entomology,
agricultural economics, etc., causing a fragmentation of knowledge. To ensure that the systems
nature of a complex farm is accommodated, various related research domains should be
acknowledged and incorporated.
The use of expert group discussions, as a research method, is suitable, firstly, for gathering
information in a meaningful manner and, secondly, to stimulate individual creativity by presenting
alternative perspectives provided by various participating experts. In support of expert group
discussions, simulation models in the form of multi-period whole-farm models were developed.
This type of modelling supports the accurate financial simulation of farms, while the user friendliness
and adaptability thereof can accurately accommodate typical farm interrelationships,
and quickly measure the financial impact of suggested changes to parameters. Suggestions made
by experts during the group discussions can thus be quickly introduced into the model. The
financial implications are instantly available to prevent further exploration of non-viable plans and
to fine-tune the viable plans. Participants in the group discussions represent fields of expertise
such as agronomy, soil science, entomology, plant pathology, the agricultural chemical industry,
agricultural mechanisation. Also represented are professionals such as extension officers from
local agribusinesses, local producers and agricultural economists. The dynamics of the group
discussions are supported by each participant’s specific strengths and perspectives.
For each relatively homogeneous production area of the Western Cape, a typical farm budget
model was developed, which served as the basis for the group discussions. The budget models
measure profitability in terms of the IRR (internal rate of return on capital investment) and
affordability in terms of expected cash flow. For the Swartland, the homogeneous areas identified
were Koeberg/Wellington, the Middle Swartland and the Rooi Karoo, and for the Southern Cape,
the homogenous areas identified were, the Goue Rûens, Middle Rûens and Heidelberg Vlakte. A model of a typical farm in the Wesselsbron area was developed for comparison with the Western
Cape farms. For each area the expected impact of climate change, fluctuating product and input
prices, and the possible impact of partial conversion to bio-fuel production were evaluated in terms
of expected impact on profitability. Various area-specific strategies were identified that could
enhance the profitability of grain production: most of the strategies focused on optimising
machinery usage and expanding or intensifying the livestock enterprise. The repeated successful
use of the model in support of the expert groups in all the chosen study areas illustrates the value
thereof for identifying and evaluating plans to increase the profitability of small grain production.
AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Komplekse en wisselvallige besluitnemingsomgewing, en konstante druk op produkpryse weens die koste/prys knyptang bemoeilik besluitneming op graanplase in die Wes-Kaap terwyl die beskikbare alternatiewe verbouingsgewasse en -praktyke beperk is weens plaaslike grond en klimatologiese eienskappe. Die boerderystelsel self is kompleks weens die interafhanklikheid van die dele daarvan en die sinergisme verkry deur byvoorbeeld die spesifieke orde van opeenvolging van kontant- en weidingsgewasse in die wisselboustelsel. Hierdie navorsingsprojek se doel is om 'n werkwyse te vestig wat die identifisering van strategieë te ondersteun wat moontlik die winsgewendheid van graanproduksie kan bevorder. Navorsing in die graanbedryf is tradisioneel gespesialiseerd binne 'n spesifieke navorsingsveld soos agronomie, grondkunde, entomologie en landbou-ekonomie. Dit gee daartoe aanleiding dat elk van hierdie velde op dimensies van die boerderystelsel fokus asof dit in isolasie bestaan. Om te verseker dat die stelselsgeaardheid van 'n komplekse boerdery effektief verreken word behoort navorsing erkenning te gee die interafhanklikheid van die dimensies van 'n boerdery. Ekspert groepbesprekings is 'n navorsingsmetode wat eerstens geskik is om kennis sinvol byeen te bring en tweedens om kreatiwiteit by deelnemers te stimuleer deur die blootstelling aan nuwe perspektiewe van kundiges van ander spesialiteitsvelde. Ter ondersteuning van die ekspert groepbesprekings is simulasiemodelle in die vorm van multi-periode geheelboerderybegrotings ontwikkel. Die tipe modellering ondersteun die akkurate simulasie van boerderye terwyl die gebruikersvriendelikheid en aanpasbaarheid daarvan die tipiese interverwantskappe van 'n boerdery akkuraat weergee en die impak van aanpassings aan die parameters van die boerdery model vinnig kan meet. Voorstelle deur die deelnemende eksperts kan dus vinnig aangebring word en die finansiële implikasie is dadelik beskikbaar. Deelnemers aan die ekspertgroepbesprekings het velde verteenwoordig soos agronomie, grondkunde, entomologie, die landbou chemiese bedryf, landbou meganisasie, plantpatologie, voorligtingsbeamptes van plaaslike agribesighede, plaaslike produsente en landbou-ekonome. Die dinamika van die groepbesprekings word ondersteun deur elke deelnemer se spesifieke sterkpunte en perspektief. Vir elke homogene produksiegebied in die Wes-Kaap is 'n aparte begrotingsmodel van 'n tipiese plaas vir daardie area ontwikkel. Hierdie modelle het gedien as die basis van die groepbesprekings. Die modelle meet die winsgewendheid van boerderye oor die langtermyn deur middel van die IOK (interne opbrengskoers op kapitaal investering) en die bekostigbaarheid in terme van verwagte kontantvloei. Binne die Swartland is die Koeberg/Wellington, Middel Swartland en Rooi Karoo as homogeen geïdentifiseer en vir die Suid-Kaap die areas van die Goue Rûens, die Middel Rûens en die Heidelberg Vlakte. 'n Tipiese plaas model is ook vir die Wesselsbron area ontwikkel om te vergelyk met die Wes-Kaap areas se modelle. Vir elke area is die verwagte impak van klimaatveranderings, fluktuerende produk- en insetpryse en die moontlike impak van 'n biobrandstofbedryf geëvalueer in terme van die verwagte impak op winsgewendheid. Verskeie area spesifieke strategieë is geïdentifiseer wat moontlik die winsgewendheid van graanproduksie kan bevorder. Die meeste strategieë fokus op die optimalisering van masjineriegebruik en die uitbreiding of intensifisering van die veevertakkings. Die herhaalde suksesvolle gebruik van die modelle ter ondersteuning van die ekspertgroepe in al die gekose studie areas illustreer die waarde daarvan vir die identifisering en evaluering van planne om die winsgewendheid van kleingraanproduksie te verhoog.

Description
Thesis (PhD (Agric) (Agricultural Economics)--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Interactive farm modelling -- South Africa -- Western Cape, Grain farming -- Decision making -- South Africa -- Western Cape, Farm systems -- South Africa -- Western Cape, Grain production -- Profitability -- Modelling -- South Africa -- Western Cape, Dissertations -- Agricultural economics, Theses -- Agricultural economics