Investigating farm-level exit decisions and exit rates in commercial agriculture in South Africa, an agent-based approach

Date
2022-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Land supply is an undeniable but neglected component in the agriculture transformation debate, with discussions on and research in the field of structural change in the sector considered overdue. The structural transformation of the agricultural sector rests on the interplay between exogenous and endogenous decisions in the agricultural sector that feed back into the sector’s operations, as a collective, and the role players within it as individuals. Ignoring the factors that motivate commercial producers to exit farming has resulted in a substantial gap in the literature regarding this important component of land reform. This study aimed to uncover the reasons that lead to decisions to exit or stay by making use of an analytically rigorous process to bridge the land supply literature gap. Considering the ex-post review of commercial agriculture over the last 100 years and its learnings, this study explores how an ex-ante modelling analysis approach to the planned and potential effects on producer numbers over the next ten years can enhance land-use planning. A core outcome of this study is the creation of a baseline projection for remaining in or exiting from primary agriculture, and how the exploration of the underlying factors in individuals’ strategic decision-making can inform policy and affect structural change. Three methods are applied in this study. The characteristics of producers planning to exit were identified through clustering. A consequent regression analysis determined the drivers of the ex-ante decision to exit or remain in agriculture, highlighting the interplay between business climate and capital invested. An agent-based model was constructed to create a virtual laboratory in which the output provides insight into how the structure of the sector – demographics, land use, production output, farm size and numbers – will change as the aggregate of the decisions made at the individual farm level drives the structural change at a sector level. Findings from the cluster analysis show that farm exit decisions are affected by financial problems, access to dependable labour, uncertainty regarding land reform policy and concerns about rural safety. In the subsequent regression analysis that was performed to order the key drivers, age (as a categorical variable), cost of investment and financial constraints feature most prominently in the decision to exit, whilst the presence of production loans and business confidence are significant in countering the decision to exit. From the cluster and regression analyses, two alternative scenarios were constructed in which some factors that appear to keep producers locked in were removed. The outcomes thereof were then compared to the baseline exit rate from the extrapolated and upscaled survey data. The baseline and two alternative scenarios in the agent-based model provided exit rates of 22.43%, 25.63% and 34.81%, respectively over ten-year periods, with the structural effects of the different rates discussed at a sub-sector level. Consideration is given to the barriers to exit, which subsequently limit the opportunities and scope for new entrants into commercial agriculture. This output is a critical element in the continued interaction between demand for and supply of land in the land reform debate.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Grondvoorsiening is ’n onmiskenbare maar verwaarloosde komponent van die landbou-transformasie debat, met besprekings van en navorsing in die gebied van strukturele verandering in die sektor wat as agterstallig beskou word. Die strukturele transformasie van die landbousektor berus op die samespel tussen eksogene en endogene besluite in die landbousektor wat terugvoer in die sektor se bedrywighede as ’n kollektief, en die rolspelers daarbinne as individue. Deur die faktore wat kommersiële produsente motiveer om uit boerdery te tree, te ignoreer, het gelei tot ’n aansienlike gaping in die literatuur met betrekking tot hierdie belangrike komponent van grondhervorming. Hierdie studie het gepoog om die redes te ontbloot wat lei tot besluite om uit boerdery te tree of daarin te bly deur gebruik te maak van ’n analities streng proses om die gaping in die literatuur oor grondvoorsiening te oorbrug. Deur die ex-post hersiening van kommersiële landbou oor die afgelope 100 jaar te oorweeg en wat mens daaruit kan leer, verken hierdie studie hoe die benadering van ’n ex-ante modellerings-analise tot die beplande en potensiële effekte op produsentgetalle oor die volgende 10 jaar grondgebruiksbeplanning kan verbeter. ’n Sentrale uitkomste van hierdie studie is die skepping van ’n basislyn projeksie vir die inbly in of uittree uit primêre landbou te skep en hoe ’n verkenning van die onderliggende faktore in individue se strategiese besluitneming beleid kan informeer en strukturele verandering kan affekteer. Drie metodes is in hierdie studie toegepas. Die kenmerke van produsente wat beplan om uit te tree, is by wyse van trosvorming (clustering) geïdentifiseer. ’n Gevolglike regressie-analise het die drywers van die ex-ante besluit om uit landbou te tree of daarin te bly bepaal, wat die samespel tussen sakeklimaat en die kapitaal wat belê is, uitlig. ’n Agentgebaseerde model is gekonstrueer om ’n virtuele laboratorium te skep waarbinne die uitset insig verskaf in hoe die struktuur van die sektor – demografie, grondgebruik, produksie-uitset, plaasgrootte en getalle – sal verander soos die totaal van besluite wat op die individuele plaasvlak gemaak word strukturele verandering op ’n sektorvlak sal dryf. Die bevindinge van die trosanalise toon dat besluite om uit boerdery te tree beïnvloed word deur finansiële probleme, toegang tot betroubare arbeid, onsekerheid oor grondhervormingsbeleid en kommer oor landelike veiligheid. In die gevolglike regressie-analise wat onderneem is om die belangrikste drywers te orden, is gevind dat ouderdom ’n kategoriese veranderlike), koste van belegging en finansiële stremming prominent na vore gekom het in die besluit om uit te tree, terwyl die teenwoordigheid van produksielenings en sakevertroue prominent was in die besluit om nie uit landbou te tree nie. Vanuit die tros- en regressie-analise is twee alternatiewe scenario’s gekonstrueer waarin sommige van die faktore wat geblyk het om produsente ingesluit te hou, verwyder is. Die uitkomste hiervan is toe met die basislyn uittree-tempo vanaf die geëkstrapoleerde en opgeskaalde opname-data vergelyk. Die basislyn en twee alternatiewe scenario’s in die agentgebaseerde model het uittree-tempo’s van 22.43%, 25.63% en 34.81% onderskeidelik oor tydperke van tien jaar getoon, met die strukturele effekte van die verskillende tempo’s wat op ’n subsektor-vlak bespreek word. Aandag word ook geskenk aan die versperrings vir uittree, wat gevolglik die geleenthede en omvang vir nuwe toetreders tot kommersiële landbou beperk. Hierdie uitset is ’n kritiese element in die voortgesette interaksie tussen vraag na en aanbod van grond in die grondhervormingsdebat.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Structural change -- Statistical methods -- South Africa, Agricultural industries -- South Africa, Farmers -- Intention to quit -- South Africa, Farmers -- Decision making -- South Africa, Land use -- South Africa, Land reform -- South Africa, UCTD
Citation