Department of Educational Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Educational Psychology by Subject "Academic achievement -- Awards -- Psychological aspects"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie rol van belonings in grondslagfaseleerders in ‘n spesiale skool se belewenis van selfdoeltreffendheid(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2021-12) Fourie, Janine; Dreyer, Lorna M.; Stellenbosch University. Faculty of Education. Educational Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING : Selfdoeltreffendheid het ʼn direkte invloed op hoe gemotiveerd ʼn persoon is om in ʼn spesifieke situasie op te tree. Navorsing toon dat hoë selfdoeltreffendheid tesame met intrinsieke motivering kan lei tot kreatiwiteit, aanpasbaarheid en deursettingsvermoë. Hierdie eienskappe is besonder belangrik in verskeie stadia van ʼn persoon se lewe. Akademiese belonings word reeds dekades lank in klaskamers gebruik om leerders te motiveer om te presteer, maar akademici het teenstrydige menings oor die uitwerking daarvan op leerders se selfdoeltreffendheidsiening. Leerders in spesiale skole het dikwels reeds ʼn lae selfbeeld met betrekking tot hul akademiese vermoëns as gevolg van herhaalde mislukkings of terugslae. Hierdie studie ondersoek die rol van belonings op die selfdoeltreffendheidsiening van grondslagfaseleerders in ʼn spesiale skool. Die doel daarvan is om klaskamerpraktyk ten opsigte van belonings só te rig dat leerders se selfdoeltreffendheidsiening positief beïnvloed word. Die selfbeskikkingsteorie van Deci en Ryan (1985) is as vertrekpunt vir die studie gebruik. Vyf grondslagfaseleerders in ʼn spesiale skool is doelgerig gekies om aan hierdie navorsing deel te neem. Die bevindings toon dat akademiese belonings individueel gewaardeer en ervaar word en daarom doelgerig deur onderwysers geselekteer moet word. Daar is verder bevind dat indien die toeken van akademiese belonings op die leerproses gerig word, leerders se selfdoeltreffendheid positief beïnvloed kan word. Hierdie studie se bevindings dra by tot die toenemende aantal navorsingsuitsette wat fokus op hóé om belonings in die klaskamer te gebruik eerder as om verder te debatteer oor óf belonings gebruik moet word.