VOORWOORD: Met sy nuutste publikasie lewer Jaap Durand andermaal ’n stimulerende bydrae
tot die Suid-Afrikaanse gesprek oor Christelike geloofskwessies. Hy skryf
saaklik, maar simpatiek, met begrip vir die intellektuele kwellinge van soekers
en twyfelaars. Hy maak aan die een kant geen geheim daarvan dat hy self die
Christelike oortuigings in die Apostoliese Geloofsbelydenis huldig nie.