Department of Afrikaans and Dutch
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Afrikaans and Dutch by Subject "Academic writing"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie gebruik van opmerkings as 'n strategie tydens die verantwoordbare redigering van akademiese tekste(AOSIS Publishing, 2016-09-30) Lourens, AmandaBestaande riglyne oor die redigering van akademiese tekste (bv. dié van die US Taaldiens; internasionaal ook dié van die Institute of Professional Editors [IPEd]; die Editors’ Association of Canada [EAC]; en die Council of Australian Societies of Editors [CASE]) beklemtoon dat redigeerders nie aan die inhoud en struktuur van hierdie soort tekste behoort te verander nie. Dit is egter in die praktyk nie altyd duidelik presies hoe redigeerders probleme ten opsigte van inhoud en struktuur moet hanteer nie. Hierdie studie het ten doel om riglyne te verskaf vir redigeerders van akademiese tekste wat ’n prosesbenadering volg. Die redigering van agt akademiese artikels word ondersoek, met spesifieke verwysing na die hantering van opmerkings (comments) as ’n strategie om die outeur te bemagtig om self inhoudelike en strukturele veranderinge aan te bring. Opmerkings deur die redigeerders van hierdie artikels word beskryf, geïnterpreteer en geëvalueer, met die oogmerk om uiteindelik riglyne te gee vir ’n verantwoordbare redigeerstrategie.
- ItemProduk teenoor proses tydens akademiese redigering : opmerkings as aanduiders van redigeergerigtheid(Stellenbosch University, Department of Linguistics, 2014) Lourens, AmandaOmdat die redigering van akademiese tekste in Suid-Afrika gekenmerk word deur ’n gebrek aan standaardisering, is ’n verkennende beskrywing van redigeerders se werklike aktiwiteite tydens die redigering van hierdie tekste ’n nodige stap in die rigting van die formulering van riglyne of standaarde vir die redigering van akademiese tekste (Kruger en Bevan-Dye 2010). Die huidige studie gebruik die onderskeid tussen die sogenaamde produk- en prosesbenadering tot redigering as uitgangspunt om werklike redigeerprodukte te ondersoek. Die produkgeoriënteerde benadering plaas die klem op die eindproduk, sonder dat dialoog met die skrywer noodsaaklik geag word. Dit staan teenoor die prosesgeoriënteerde benadering wat eerder fokus op die teksredigeerder se rol as fasiliteerder in ’n proses wat die student se betrokkenheid by sy/haar eie skryfproduk beklemtoon. Moderne woordverwerkingstegnologie bied die funksie van opmerkings (“comments”) as ’n ruimte waarin interaksie met die student as skrywer moontlik is en só die prosesbenadering sigbaar maak. Die huidige ondersoek het ten doel om redigeerders van akademiese tekste (tesisse of proefskrifte) se benutting van die opmerkingfunksie in MS Word te beskryf en om afleidings rakende die redigeerder(s) se benadering te maak. Drie geredigeerde tesisse word empiries ondersoek. Dit blyk dat opmerkings wel deurgaans benut word, alhoewel die drie tesisse nie in dieselfde mate blyke gee van ’n benutting van opmerkings nie. Alhoewel die gebruik van die opmerkings in die drie redigeerprojekte op ’n aanwesigheid van die prosesbenadering dui, word hierdie benadering nie suiwer toegepas nie. Die uitkomste van hierdie verkennende studie dui nie slegs die rigting aan vir toekomstige navorsing nie, maar dui ook aan dat toekomstige standaardiseringsprosesse veral moet besin oor die redigeerder se rol en professionele identiteit, asook die verhouding tussen studieleier, student en redigeerder. Die opleiding van redigeerders behoort ook die eise van akademiese redigering as ’n spesifieke soort redigering te hanteer.