Research Articles (Biochemistry)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Biochemistry) by Subject "Anti-infective agents"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemAntimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling : poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)- nanovesels met silwer-nanopartikels(LitNet, 2012) Du Plessis, Danielle; Botes, Marelize; Dicks, Leon Milner Theodore, 1961-; Cloete, Thomas EugeneDaar moet verbeter word op bestaande watersuiweringsmetodes ten einde mikrobiologies veilige en bekostigbare drinkwater te verskaf. Nanovesels word reeds gebruik in waterfiltrasiesisteme en nanofiltrasie mag selfs as ’n alternatief vir biosiede gebruik word. Verskeie variasies van nanovesels met biosiede is in die onlangse literatuur omskryf. Omdat nanovesels met antimikrobiese aktiwiteit ’n relatief nuwe studieveld is, is nog weinig studies gewy aan die uiteensetting van praktiese standaardmetodes vir antimikrobiese-aktiwiteit-bepaling. Die aktiwiteit van antimikrobiese vesels word oor die algemeen met plaattellings van kolonievormende eenhede (KVE) bepaal. Hierdie metode bepaal ’n afname in die getal kweekbare patogeniese selle teenwoordig. Die hoofdoel van hierdie studie was om ’n vinnige, maklik uitvoerbare en akkurate toets te ontwikkel om die aktiwiteit van antimikrobiese nanovesels te bepaal.