AFRIKAANSE OPSOMMING : In hierdie intreerede word die aandrang op ‘dekolonisasie van kennis’ bepreek aan die hand van pogings om ʼn inheemse, Afrika-etiek op die grondslag van ubuntu te konstrueer. Die gevolgtrekking is dat dekolonisasie ondersteun behoort te word in soverre dit die kontekstuele toepassing en uitbreiding van bestaande kennisinhoud behels. Op verskeie gronde word geargumenteer dat die skep van alternatiewe epistemologieë wat steeds as ‘wetenskaplike kennis’ sou kwalifiseer op hierdie stadium nog nie ʼn haalbare moontlikheid blyk te wees nie.