Law Clinic
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Law Clinic by Subject "Civil procedure -- Australia"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemFundamental procedural rights of civil litigants in Australia and South Africa : is there cause for concern? (part 1)(2019-07-16) Broodryk, Theo; De Vos, Wouter Le R.Op 6 Maart 2019 sterf drie jong dogters op weg na hul skool vir gehoorgestremdes in Durban as ’n taxibestuurder op volle vaart deur ’n rooi verkeerslig jaag en tussen die kinders op die sypaadjie deurploeg. Na berig word, het die bestuurder weggehardloop van die toneel van die ongeluk, maar is later aangekeer. Teen die taxibestuurder word na bewering ongespesifiseerde verkeersoortredings ondersoek - wat mag insluit ’n snelheidsoortreding, die verontagsaming van ’n rooi verkeerslig, roekelose bestuur, of nalate om hulp op ’n ongelukstoneel aan slagoffers te verleen - én moontlik strafbare manslag (Bhengu “Bail for taxi driver who ploughed into teens, killing three” TimesLive in Sunday Times (13-03-2019) 1). Hoekom nie moord nie? Geld vir taxibestuurders in Suid-Afrika, anders as byvoorbeeld in Duitsland (sien 618 hieronder), buitengewone en uitsonderlike verkeersreëls wat insluit straffelose verontagsaming van snelheidsperke, verkeersligte of stoptekens, die arrogante ry oor geelstroke soos ook op voetgangers se sypaadjies, die jaag téén aankomende verkeer en op die teenoorgestelde rybaan? Nog is geen gerapporteerde beslissing aantoonbaar waar ’n Suid-Afrikaanse hof ’n oortreder weens gedrag waaruit afgelei moet word dat die dader met die erns van sy wandade rekening gehou het en hom daarmee versoen het dat dít die dood van onskuldige ander verkeersdeelnemers kan veroorsaak, skuldig bevind het aan moord én dienooreenkomstig lewenslange gevangenisstraf opgelê het nie.
- ItemFundamental procedural rights of civil litigants in Australia and South Africa : is there cause for concern? (part 2)(2019-10-01) Broodryk, Theo; De Vos, Wouter Le R.Die artikel oorweeg die verskillende wyses waarop fundamentele prosedurele regte van siviele litigante in beide Australië en Suid-Afrika erken word. Die artikel oorweeg verder die mate waartoe moderne hervormings wat tot die siviele prosesregsisteme van voorafgaande jurisdiksies aangebring is hierdie regte beïnvloed. Die moderne hervormings wat in die artikel bespreek word hou primêr verband met die toenemende behoefte in hedendaagse gemeenregtelike sisteme aan prosedures wat daarop gemik is om siviele dispute op ’n goedkoper, vinniger en meer effektiewe wyse op te los. Die artikel oorweeg gevolglik of die Australiese- en Suid-Afrikaanse prosesregtelike sisteme op die regte pad is betreffende die beskerming van partye se fundamentele regte en of daar rede tot kommer behoort te wees. In beide Australië en Suid-Afrika speel geregtelike saakbestuur ’n toenemende belangrike rol gedurende litigasie, met die gevolg dat geregtelike saakbestuurders se magte voortdurend aan die uitbrei is. Daar bestaan ook voortdurende meedoënlose druk om weg te beweeg van verhore en om van alternatiewe geskilbeslegting, veral bemiddeling, gebruik te maak om siviele dispute op te los. In die artikel argumenteer die outeurs dat hierdie hervormings om verskeie redes ’n ontkenning van siviele litigante se fundamentele regte tot gevolg kan hê. Die breë spektrum van magte wat aan geregtelike saakbestuurders verleen word om prosedurele beslissings te maak kan ’n nadelige effek hê op die wyse waarop ’n party sy of haar saak pleit en voorlê vir geskilbeslegting. In die artikel argumenteer die outeurs dat dit ’n onregverdigbare beperking op ’n party se reg om gehoor te word tot gevolg kan hê. Die outeurs argumenteer verder dat die toenemende beweging weg van verhore en meer na alternatiewe geskilbeslegting die belangrike grondwetlike rol van die howe in siviele geskilbeslegting en die ontwikkeling van die reg kan benadeel. Dit maak verder ook inbreuk op ’n persoon se reg op toegang tot die how