Publications (Journalism)
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Publications (Journalism) by Subject "Journalism"
Now showing 1 - 6 of 6
Results Per Page
Sort Options
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2006(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2006) Bekker, Niel; Smith, Samarie; Bottomley, Edward-John; Begbie, Yolaan; Leibrandt, Rowena; Norris, Philippa; De Villiers, Emmie; McKune, Craig; Molewa, Daphney; Stanfield, Marilyn; Atmore, Elizabeth; Atson, Lara; Gerber, Jan; Schoeman, Aldi; Smith, Cherice; Steenkamp, Terence; Grobbelaar, Retha; Hans, Thobile; Monama, Tebogo; Mulder, Gerhard; Roberts, Richard; Tongha, Amanda; Van Rensburg, Dewald; Van Zyl, Jeanri-Tine; Visser, Jaco; Vollgraaff, RenéThe LIP Woordfeeskoerant is an independent Woordfees festival newspaper produced by the BPhil (Journalism) class of that specific year in the Department of Journalism, Stellenbosch University.
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2007(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2007) Schreuder, Gina; Engelbrecht, Sarietha; Du Plessis, André-Pierre; Du Plooy, Daniëlla; Cillié, Joanita; Grobler, Riëtte; Segage, Tsholofelo; Van der Spuy, Anri; Van der Merwe, Naudé; Adriaanse, Cobus; Styan, James; Van Niekerk, Alida; Els, Rozanne; Conchar, Claire; Uithaler, Jocelyn; Scholtz, Herman; Franz, Illana; Gregor, Simone; McNaught-Davis, Ian; McGuire, Juliet; Petersen, Margaux; Africa, SiyabongaThe LIP Woordfeeskoerant is an independent Woordfees festival newspaper produced by the BPhil (Journalism) class of that specific year in the Department of Journalism, Stellenbosch University.
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2008(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2008) Botha, Marco; Gopal, Thania; Matthee, Stephan; Thormählen, Jóhann; Keogh, Janice; Detel, Hanne; Meads, Carolyn; Neethling, Marlene; Boswell, Jason; Dodo, Peni; Basson, Nozuko; Francis, Philippa; Boonzaier, Christiaan; De Villiers, Delia; Engelbrecht, Lezette; Hugo, Sven; Lamprecht, Ingé; Robertson, Crystal; Smit, Susan; Trussell, Tarryn Kay; Van der Heever, Vania; Woudstra, Amelia-May; Musekwa, RudzaniLize Beekman het geskryf woorde het vlerke. Dit maak vir my sin. Tyd kan glo vlieg en toe ons met woorde begin werk om LIP aanmekaar te sit, het dit ‘n realiteit geword. Woorde kan ook vlieg! Dit vlieg ver en kry voete. Daar waar dit aanklank vind, ontstig, ontroer, laat lag, laat huil, laat hoendervleis kry en waardering kweek. Dit trap diep op plekke, skop elders, drentel hier en hardloop daar, maar staan nooit stil nie. In al hierdie oomblikke kry woorde betekenis en gee aan die leser vlerke om te reis waar praat, luister en kyk nie kan nie. Ek glo dis wat LIP vir jou gaan doen. Daar was te veel stories en te min papier. Ons moes woorde sny en wysig. Ek dink aan die skitterende Drukkoker en ‘n Ander Tongval waarby ons weens logistieke redes nie by uitgekom het nie. Daarom noem ek hulle nou! Ons woorde is steeds eerlik, speels en dartelend. Dis goed so! Lekker Lip-aflek!
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2009(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2009) Maré, Annelie; Du Plessis, Charl; Van Schie, Kristen; Haasbroek, François; Janse van Rensburg, Alet; Molatlhwa, Olebogeng; Cilliers, Mia; Louw, Martinette; Ncala, Nokuthula; Steele, Samantha; De Vries, Blanché; Harbour, Tarryn; Cloete, Salette; Daneel, Roeline; Davis, Tracey-Lee; Dippenaar, Thinus; Hendricks, Colin; Myburgh, Pieter-Louis; Nel, Jody; Stehle, Rudolf; Viviers, Gerda-Marié; Warren, JoeDie Wes-Kaap is ’n vreemde land vir diegene van die ander kant van die Tonnel. Hier stóp mense by voetoorgange, by vulstasies word jy in Afrikaans bedien en daar is selfs ’n kans dat jy hier ’n regering kan aantref wat nie deur die ANC oorheers word nie. Die tiende jaarlikse Woordfees, aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch se departement Afrikaans en Nederlands is eweneens so ’n rare verskynsel. Mense van die land van mynhope en jakarandas is gewoond aan feeste soos Aardklop en selfs die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees. Dáár is die Huisgenoot-tent vroeg reeds vol mense met piekniekmandjies of kiste bier en is Dowwe Dolla bo aan die lys van vermaak. Ander drentel van stalletjie tot stalletjie, elkeen met sy eie oorverdowende musiek. Mnr Eduard Rosenstrauch, die Woordfees se projekbestuurder, sê dit is juis nie die doel van die Eikestadfees nie. “Ons probeer spesifiek nie die stalletjies en goed, daai straatfees namaak nie. Dit wat ons Saterdag doen, is op ’n baie kleiner skaal sodat mense nie vertrap word nie.” André P. Brink het as spreker by die opening van die Woordfees aangedui dat daar deesdae feeste agter elke bos en klip is. Die belangrike Afrikaanse skrywer het verduidelik waarom veral die Woordfees dus so belangrik is om taal te bevorder. Hy het die verhaal vertel van ’n jong seun in ’n Nazi-konsentrasiekamp wat beveel is om ’n skoenlapper te teken. Die seun skryf toe eenvoudig dat hy geen skoenlappers kon sien nie. “Ons enigste antwoord op die donker samelewing is die woord,” sê Brink. En so het die fees van 2009 steeds gefokus op die woord, veral die Afrikaanse woord. Skrywers het soos gewoonlik voorgelees en onderhoude gevoer, maar dit was in Aan Tafel wat feesgangers regtig nader aan die skrywers en kunstenaars gebring is. Hier is middagete of aandete geniet terwyl onderhoude rondom die tafel met die verskillende persoonlikhede gevoer is. Die gehoor het ook later kans gekry om vrae te stel. Interaksie, interaksie... Woorde bestryk ook ander kunsvorme en hiervan het die fees deeglik kennis gegee. Debatte met denkers en meningsvormers, die Sanlam-dramafees, ’n verskeidenheid digkuns, lirieke en musiek was deel van die aanbod. Al die groot name in die Afrikaanse kunswêreld, met die waarskynlike uitsondering van Steve, het op die program verskyn. Om alles te kroon, het vanjaar se fees saamgeval met ’n hele paar belangrike verjaarsdae, waaronder dié van Hennie Aucamp en PG du Plessis wat albei 75 word, en Chris Barnard 70. Die Woordfees is vanjaar 10 jaar oud met “lag-lag” as die hooftema. Hulle wou meer komedie in vanjaar se fees hê, het Rosenstrauch gesê, want baie mense het deesdae ’n goeie rede nodig om te kan lag. Hieraan het Uys Krige se klassieke teaterproduksie, Die Ryk Weduwee, wat as die fees se vlagskip-produksie beskou word, volkome voldoen. Dit is egter ’n fout dat die fees net gemik is op ’n verfynde, uitgelese minderheid. Die fees het genoeg vermaak gebied om ook die studente te lok. Volgens Rosenstrauch is dit ’n probleem vir die Woordfees en die universiteit in sy geheel dat die studente onverskillig teenoor die fees staan. Dit is ondanks goedkoop kaartjies. “Studente sê hulle’t nooit geld nie, maar dan gaan kuier hulle buitendien elke Vrydagaand,” meen hy. Oor die toekoms van die fees het Rosenstrauch gesê ’n groot besluit wag op die feesdirekteure. Dit kan of sy klein formaat behou of dit kan ’n groot “doef-doef”-fees word. Hoe dit ookal sy, ’n mens kan nie anders nie as om optimisties te voel dat juis hierdie fees die versoenings- of eenheidsfees kan word wat die land so nodig het. Dit nou te oordeel aan baanbrekende produksies soos Dig Deep Paseka and Refiloe-Hape wat vanjaar by die fees te sien was. Antjie Krog, een van Afrikaans se uitsonderlikste woordkunstenaars, het vir dié woordmusiekopvoering tradisionele Sotho-liedjies en gedigte in Afrikaans vertaal. (Lees gerus op bl. 4 Olebogeng Molatlhwa se stuk oor dié produksie.) En dalk moet ’n mens volstaan met die woorde van prof Russel Botman, rektor van die US: “Dis laglag vorentoe, nie agtertoe nie.”
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2010(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010) McCain, Nicole; Smeets, Vanessa; Ferreira, Louise; Matthysen, Lynne; Gertenbach, Luke; Miller, George; Swartz, Lize; Beukes, Mari; Scholtz, Hein; Theron, Nadine; Van Biljon, Reinhard; Geyer, Marisa; Van der Berg, Willem; Calitz, Willemien; Engel, Rozanne; Esterhuizen, Jean; Gava, Chivimbiso; Geldenhuys, Nikita; Joubert, Niel; Kgatle, Moipone; Mannya, Maphuti; Moolman, Renate; Pienaar, Loren; Strydom, Casper; Tighy, Melissa; Von Benecke, GerdaThe LIP Woordfeeskoerant is an independent Woordfees festival newspaper produced by the BPhil (Journalism) class of that specific year in the Department of Journalism, Stellenbosch University.
- ItemStellenbosch Media Forum 2009(Department of Journalism, Stellenbosch University, 2009) Harbour, Tarryn; Steele, Samantha; Cilliers, Mia; Myburgh, Pieter-Louis; Cloete, Salette; Nel, Jody; Dippenaar, Thinus; Haasbroek, François; Davis, Tracey-Lee; Stehle, Rudolf; Daneel, Roeline; Maré, Annelie; Ncala, Nokuthula; Hendricks, Colin; Janse van Rensburg, Alet; Louw, Martinette; Viviers, Gerda-Marié; Molothlwo, Olebogeng; Du Plessis, Charl; De Vries, Blanché; Van Schie, Kristen; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.Like those little green booklets that contain the most basic details about people's lives, the media also document and capture the building blocks of the abstract structure we call identity. But while an ID book is a terse, practically static collection of bits of personal information, identity itself is complex, layered and fluid. This edition of SMF explores the relationship between identity construction and the media. Among others, the media's portrayals of Afrikaners, rural communities and gay women are examined. These articles strive to give insight into different media's projections of groups and individuals to their audiences. Reflecting on the media's effect on identity is like casting a stone on the smooth surface of a sheltered pond. The splash, or point of impact, represents the core idea: identity and the media. Then the rippleeffect ensues, causing an ever-expanding circle of related concepts to form around the central notion. Representation, stereotyping, over-simplification, image... These are but a few of the phenomena present in feeding people's notions on identity. The media, from fictional entertainment on one end of the spectrum to factdriven news on the other, have a profound influence on the manner in which people experience the world. Throw in a multitude of agendas, political affiliations and ideological motives, and it becomes clear that constructing identity through the media is never a totally innocent or objective endeavour. Die metaforiese poel is egter meer soos 'n sement plaasdam. Die golfies bereik naderhand die sementrand, slaan daarteen vas en begin weer na binne beweeg. Op dieselfde manier is die media ook nie 'n eenrigtingstroom wat slegs idees oor identiteit projekteer nie. Die omgewing waarin media-instellings gesetel is, het ook 'n wesenlike invloed op die wyse waarop hulle hulself oriënteer. Hierdie wisselwerking kom neer op die volgende: Mense koop 'n bepaalde mediaproduk, soos 'n koerant, omdat dit die gebeure en mense in hul lewens op 'n manier skets wat vir hulle toeganklik en aanvaarbaar is. Op sy beurt spits die koerant hom toe op die tipe lesers wat die produk ondersteun. Hierdie lesers skep deur 'n reeks interaksies en invloede hul eie standaarde van toeganklikheid en aanvaarbaarheid. Neem die redaksie nie hierdie gegewens in ag nie, vervreem hy homself van sy mark. Soos mens kan sien in die artikels oor Caster Semenya, Hamas en vroulike moordenaars, om 'n paar te noem, word etikette aan mense en groepe geheg. Die media speel klaarblyklik 'n groot rol in die oordra van sulke etikette. Terselfdertyd word Die Burger, die Son en e-tv soms gerespekteer, en soms geminag, afhangende deur wie se oë elkeen beskou word. En ook hulle moet hul identiteit soms aanpas om te bly inpas in 'n veranderende mediawêreld. 'n Sirkel het immers geen beginpunt of einde nie. Deur 'n bepaalde identiteit aan mense en gebeure te heg, skep die verskeidenheid media wat verantwoordelik is vir die oordra van inligting, ook 'n identiteit vir hulself. Hierdie uitgawe van SMF se identiteit is geheg aan besprekings oor identiteitskepping in beide rigtings. Enjoy!