Research Articles (History)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (History) by Subject "African National Congress"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie Konferensie van Kabwe en die ANC/SAKP se gewapende stryd(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2011-12) Scholtz, Leopold; Scholtz, IngridAFRIKAANSE OPSOMMING: Die ANC/SAKP se bewerings dat sy gewapende stryd ’n hoë morele inhoud had, word in dié artikel onder die loep geneem. Die gevolgtrekking is dat dit tot 1983 inderdaad ten doel gehad het om burgerlike ongevalle te vermy. Die eskalasie van die stryd het egter in 1983 gelei tot die Kerkstraatbom, toe 19 mense – met inbegrip van 12 burgerlikes – gedood is. Te Kabwe het die ANC in 1985 verder ooreengekom dat die moontlikheid van burgerlike ongevalle nie meer in die pad van die gewapende stryd kon staan nie. Dit is met die voetsoolvlak gekommunikeer op ’n manier dat die operateurs kon verstaan dat alle vroeëre morele grense oorskry mog word, en die gevolg was ’n ordinêre terreurveldtog wat moreel met dié van Al-Kaïda gelykstaan. Teen 1987 het die leiers vir die slegte publisiteit geskrik en MK probeer inhou, maar die gewapende vleuel was buite beheer. Bowendien het die gewapende stryd, volgens ANC-leiers se eie erkenning, misluk.
- ItemAn unlikely union : exploring the possibilities of Afrikaner and black women’s organisations cooperating in the Women’s National Coalition, 1991-1994(School of Basic Sciences, North-West University, 2014-12) Maritz, LoraineAFRIKAANSE OPSOMMING: Die Women’s National Coalition (WNC) is in 1992 gestig om gelykberegtiging vir vroue in demokratiese Suid- Afrika te verseker. Inligting oor vroue se behoeftes en aspirasies sou ingesamel word en in ‘n Vrouehandves saamgevat word wat uiteindelik deel van die nuwe grondwet sou word. Op hierdie wyse sou vroueregte grondwetlik beskerm word. Die WNC was ‘n African National Congress Women’s League inisiatief. Vroueorganisasies dwarsoor die land is uitgenooi om die politieke arena te betree. Die gevolg was dat ongeveer 100 organisasies by die WNC aangesluit het, van hulle was ongeveer dertien Afrikanervroueorganisasies. Die grootste groepering was Afrikanervroue-kultuurorganisasies. Die verteenwoordigers van die Afrikanerkultuurorganisasies het moeilik by die WNC aangepas. Daar was talle praktiese probleme, maar dit was veral haar gebrek aan politieke vernuf, en die vyandigheid van swart vroue wat die vergaderings van die WNC domineer het, wat haar betrokkenheid in die wiele gery het. Die gedagte het ook by feitlik al die Afrikanervroue ontstaan dat die WNC ‘n politieke rookskerm was vir die ANC om sy magsbasis te versterk. Hierdie artikel ondersoek die moontlikheid of daar wel samewerking tussen Afrikanervroue en swartvroue in die WNC kon wees. Moontlike raakpunte, soos moederskap, patriargie, godsdiens, feminisme, susterskap, ens. word ondersoek. Die slotsom is dat daar nie werklike raakpunte tussen Afrikanervroue en swartvroue in die WNC was nie.