Department of Journalism
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Journalism by Subject "Advertising agencies -- decision making"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Ondersoek na die opkoms van kliëntepublikasies: moontlike riglyne vir adverteerders(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010) Moore-Nothnagel, Beatrice; Rabe, Lizette; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.AFRIKAANSE OPSOMMING: Ten spyte daarvan dat die vyf tydskrifte met die hoogste sirkulasiesyfer in Suid-Afrika almal kliëntepublikasies (Engels customer publications) is, skiet advertensie-agentskappe klaarblyklik steeds dié publikasies ten gunste van verbruikerspublikasies af omdat hulle dit waarskynlik nie as geloofwaardig beskou nie. Waar talle verbruikerstydskrifte egter min of geen groei in ’n ál meer mededingende en gefragmenteerde mark toon, ervaar die top-kliëntepublikasies steeds merkwaardige groei. In die verlede is die meeste kliëntepublikasies deur die betrokke maatskappy se bemarkingsbegroting gefinansier. Vandag egter, word finansiering al meer deur adverteerders verskaf. Die vraag wat dog dikwels deur skeptiese advertensie-agentskappe gevra word, is of derdeparty-adverteerders dieselfde waarde geniet as wat die maatskappy se handelsmerk in dié publikasies doen. Hoewel Suid-Afrikaanse kliëntetydskrifte net soos hul eweknieë in die VK en VSA die grootste sirkulasiesyfers het, geniet hulle egter nie dieselfde advertensie-ondersteuning as in dié lande nie. Dit is ’n interessante verskynsel en hierdie studie wil onder meer poog om vas te stel waarom dit so is. Kontrakuitgewers stem in die algemeen saam dat ’n standaard stel riglyne waarop advertensie-agentskappe hul besluitneming kan grond, beslis sal help om ’n gelukkiger stand van sake te bewerkstellig. Hierdie studie poog om binne die teoretiese raamwerk van die politieke ekonomie van die media ’n stel riglyne saam te stel waarop advertensie-agentskappe hul besluitneming oor advertensieplasing kan grond. Die metodologie wat gebruik is, behels veldnavorsing met indiepte-onderhoude as fundamentele navorsingstegniek en gevallestudies met inhoudsanalise as aanvullende tegniek. Om die riglyne te kon saamstel, is advertensie-agentskappe en die kontrakuitgewer New Media Publishing betrek en is vier kliëntetydskrifte – Edgars Club Magazine, Horizons, Skottel en Woolworths TASTE – ontleed.